Spreuke 10:20 | Fyn en Silwer Woorde

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 18 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:20 AFRIKAAN
20 Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd.
Omdat die Regverdige se woorde vanuit die hand van God kom is dit vergelykbaar met die waardevolste aardse besitting in daardie tyd, fyn silwer, vanuit die oogpunt van ‘n dwaas gesien. Vir ‘n regverdige is die Here en lewe veel meer werd. Die doel is tweeledig. Aan die eenkant om die waarde van ‘n wyse se woorde uit te lig en aan die ander kant om wysheid ook aantreklik en begeerlik te maak vir ‘n dwaas.
Wat ons tot dusver geleer het oor ‘n regverdige is as volg: Die leerbare regverdige persoon lewe waarlik, groei self intellektueel, word geseën en lewer ‘n waardevolle bydra in ander se lewe.
Hierdie kriptiese samevatting is gebaseer op al die verse in Proverbs 1:1 tot Prov 10:20 wat ons teksvers vir vandag is. Die ritme van Spreuke en die lewensles vir die regverdige word stadig al duideliker. ‘n Regverdige wat leerbaar is neem toe in kennis (Prov 9:9b) en word geseën (Prov 10:6a). Die regverdige bring lewe en geluk (Prov 10:11a) en ontvang aan die ander kant lewe as beloning (Prov 10:16a). ‘n Regverdige se woorde is baie werd (Prov 10:20a).
Dit word duidelik dat Spreuke na die lewe van ‘n regverdige kyk as ‘n kanaal van seëninge wat beide die regverdige en die dwase tot seën strek. Dit bleik dat daar nie eenkeer vanuit die wyse se mond woorde van oordeel en wense van ondergang tot nadeel van die dwaas geuiter word nie. Die dwaas is wel vinnig om dinge te uiter in die hoop om nadeel in die regverdige se lewe toe te voeg. Die Regverdige dink altyd in terme van seën vir ander terwyl die Dwaas net dink aan self seëninge en die ondergang van die res. Die regverdige se lewe en seëninge word deur die wysheid van God bepaal terwyl die dwaas sy lewe in sy eie hande neem, selfvoorsienend en selfpreserverend optree.

GEBED

Here, mag fyn en silwer woorde die rykdom van my lippe wees.

DIE SPOOR VAN REGVERDIGHEID IN SPREUKE

Die spoor van die Regverdige kan verder opgevolg word in die res van Proverbs 9:9; 10:6, 11, 16, 20, 21, 24, 25, 30, 31, 32; 11:8, 31; 12:10, 21, 26; 13:5, 21, 22, 25; 14:19, 32; 15:6, 28; 18:10; 21:12, 26; 24:15, 16; 25:26; 29:2, 7; 31:9
Verse verder as Proverbs 10:20
Pr 10:21, 24, 25, 30, 31, 32; 11:8, 31; 12:10, 21, 26; 13:5, 21, 22, 25; 14:19, 32; 15:6, 28; 18:10; 21:12, 26; 24:15, 16; 25:26; 29:2, 7; 31:9

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more