Spreuke 10:19 | Kwaliteit en Kwantiteit woorde

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 10 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:19 AFRIKAAN
19 Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig.
Daar by die Eiland Aventura oord is ‘n boom vol spreeus, vinke en wie weet watter voëls. Hulle gekwetter hou nooit op nie. Dit is baie mooi as jy dit die eerste keer hoor wanneer jy inboek by die oord. Maar, as jy daar werk en elke dag onder hulle moet sit raak dit ‘n las. Selfs al sou jy sê, “Nee, ek hoor dit nie meer nie”, dan is dit omdat jou brein die las reeds uitgeskakel het en net af en toe notisie neem. Die gekwetter van ‘n "fool” is erger, want dit sit om in sonde.
Om die kwaliteit en kwantiteit van jou woorde te tel word regdeur spreuke aangeraai. Aan die een kant kan ‘n dwaas se woorde hom in ‘n rusie verstrengel (Prov 8:6-7) , aan die ander kant kan wyse regulering van woorde ‘n mens uit gevaar hou (Prov 21:23). Daarmee saam die hoogte punt wat op ‘n dwase persoon se ore moet val: ”As ’n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ’n wyse, en as hy sy mond toehou, vir ’n verstandige mens.” (Prov 17:28).
Dalk is dit nou tyd om stil te bly?

GEBED

Here, leer my met kwaliteit praat en om stil te bly waar en wanneer nodig.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more