Spreuke 10:18 | Wysheid is evaluerend

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:18 AFRIKAAN
18 Agter die woorde van ’n huigelaar sit daar haat; wie skinderstories versprei, is ’n dwaas.
Wysheid evalueer “haat”, dit verberg dit nie, dit skinder nie daaroor nie, dit laat dit nie oor aan iemand anders om dit te hanteer nie. Wysheid kyk “haat” in die oë, gee aandag daaraan, bring dit aan die lig en hanteer dit.
Die Spreuk het twee helftes:
”Agter die woorde van ’n huigelaar sit daar haat”
”wie skinderstories versprei, is ’n dwaas.”
Beide gaan daaroor om te praat. Daar is egter ‘n betekenis verskil.
Die eerste is praat met mooi woorde om “haat” uit jou eie hart of uit ‘n ander se hart te bedek. Dit is ook om standpunt in te neem ten gunste van “haat”.
Die tweede is om wel die waarheid in iemand anders se hart aan te raak maar met die motief van “skinder”, om die persoon met “haat” in die moeilikheid te bring. Dit is om ‘n onsekere standpunt in te neem teen “haat” en om nie self posisie in te neem daarteen nie. Jy vertel dit eerder oor en laat dit aan iemand anders oor om daarteen op te tree.
Wysheid evalueer “haat”, dit verberg dit nie, dit skinder nie daaroor nie, dit laat dit nie oor aan iemand anders om dit te hanteer nie. Wysheid kyk “haat” in die oë, gee aandag daaraan, bring dit aan die lig en hanteer dit.

GEBED

Here, lei my om verkeerdhede van die hart met wysheid te hanteer.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998)
Related Media
See more
Related Sermons
See more