Spreuke 10:17 | Leerbaarheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 7 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:17 AFRIKAAN
17 Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.
Die wysheid handel oor leerbaarheid en onleerbaarheid sowel as die gevolge daarvan. Ruimte vir ‘n leerbare ervaring word geskep wanneer ‘n mens jou eie "waarheid” prysgee om ‘n nuwe waarheid te ontvang. Die Bybel vertel baie verhale van mense met ‘n “gees van leerbaarheid”. Mense wat bereid is om deur geloof hul verstaan van die werklikheid prys te gee vir ‘n groter waarheid wat by God te vinde is.
Petrus het sy normale verstaan, ‘n mens sink as jy op diep waters klim, prys gegee en in geloof op die water getree. Moses het sy normale verstaan, water is ‘n chaotiese massa, prys gegee en God toegelaat in geloof om die waters te skei. Paulus het sy normale verstaan, ‘n mens word deur die wet gered, prys gegee om deur geloof uit genade gered te word.
Wat is die “normale verstaan” waarvan jy vandag van afstand moet doen sodat God jou die pad kan aanwys?

GEBED

Here, maak my gees leerbaar, sodat ek die pad na die lewe ten volle kan ken.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more