Spreuke 10:15-16 | Here, my veilige vesting

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 11 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:15–16 AFRIKAAN
15 Die rykdom is die ryke se veilige vesting; die armoede is die arme se ondergang. 16 Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf.
Prov 10:15 is die enigste vers in die Ou Testament met die woorde “veilige vesting” wat nié na God verwys nie (2 Sa 22:3; Ps 18:3; 59:10, 17, 18; 62:3, 7; 91:2; 94:22; 144:2; Prov 10:15 ; Jer 17:7; 33:6; Joel 3:16). Dit staan uit soos ‘n seer oog in die lys van verse. God is ons enigste “veilige vesting”! Hoekom weerspreek Prov 10:15 dit?
Volg ons die argument oor “rykdom” vanaf die begin dan begin ons verstaan. Prov 3:16 “Die wysheid gee met die een hand ‘n lang lewe en met die ander rykdom en eer”. Spreuke is op pad met ons na Prov 9:10 ”Wysheid begin met die dien van die Here ...” Die vers weerspreek dus nie die res van die Bybel nie. Dit bring ons vir ‘n oomblik tot stilstand om na te dink oor wat ons lees.
Wanneer Prov 10:15 sê: ”Die rykdom is die ryke se veilige vesting; die armoede is die arme se ondergang.”, is die bedoeling nie om te dink dat rykdom “ware sekuriteit” bied nie. Die fokus is op die verklaring wat in Prov 10:16* gebied word: “Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf.” Dit dui die seëninge of uitkomste aan wat as “beloning” voortvloei uit ‘n lewe van wysheid. Beide “rykdom” en “veilige vesting” kom dus van die Here. Die beeld skep ook die gedagte van ‘n “kettingreaksie” van seëninge. Eenvoudiger gestel, ‘n oorvloed van seëninge.
Die vers beteken ook nie dat as jy arm is jy nie geseënd is deur die Here nie. Lees 1 Cor 12:1-11 en in besonder 1 Cor 12:11 : ”al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil.” Om te leef in die wysheid wat die Here skenk is ook om te berus by wat Hy in Sy wysheid aan my skenk en wat Hy weerhou.

GEBED

Here, U is my veilige vesting.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more