Spreuke 10:13-14 | Gesonde Diskresie

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:13–14 AFRIKAAN
13 Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het; slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie. 14 Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie; as ’n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.
Prov 10:13
“Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;”
“slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.”
Prov 10:14
“Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;”
“as ’n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.”
Maak kennis bymekaar om dit sinvol op ‘n gepaste tyd aan te wend.
Met die eerste oog op slag wil dit voorkom of die eerste helfte (a) en tweede helfte (b) van Prov 10:13 niks met mekaar te doen het nie. Dit maak eers sin wanneer dit saam met Prov 10:14 gelees word. Die bedoeling van die woorde in Prov 10:14a: “loop nie te koop nie” , moet verstaan word as “bêre vir die regte geleentheid”. Daar is ‘n geleentheid om kennis mee te deel, maar ook tye om dit te op te gaar. Wyse mense gebruik hul diskresie, gesonde oordeel, wanneer hulle praat. 'n Dwaas pluk ‘n lat vir homself terwyl ‘n wyse sy kennis stoor vir gepaste gebruik.
'n Wyse persoon gebruik sy tong versigtig terwyl ‘n dwase persoon homself net dieper in die moeilikheid indring. Hierdie tema van “woordgebruik” is ook in die omliggende verse: Prov 10:12a ”Haat verwek twis;” en Prov 10:18 ”Agter die woorde van ’n huigelaar sit daar haat; wie skinderstories versprei, is ’n dwaas.”
Die “tong” tema roep beslis James 1:26 in gedagte op: ”As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.”
Laat ons vandag ons kennis sorgvuldig kies en weet wanneer om dit te stoor en wanneer om dit uit te spreek.

GEBED

Here, lei my asseblief in gesonde diskresie.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998.
Exported from Logos Bible Software, 8:40 PM February 8, 2020.
Related Media
See more
Related Sermons
See more