Spreuke 10:11 | Vermei jou in Wysheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 25 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:11 AFRIKAAN
11 Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.
Na wie se advies luister jy daagliks en wat vind byval op jou oor? Hoe onderskei jy tussen reg en verkeerd? Spreuke wil ons bystaan hierin.
Kyk baie mooi na verse 6 & 11, dieselfde woorde word herhaal:
Proverbs 10:6 AFRIKAAN
6 Die regverdige word geseën. Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.
Proverbs 10:11 AFRIKAAN
11 Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.
Dit is asof vers 6 & 11 verse 7-10 omarm (6 7 8 9 10 11) en sodoende die geweld agter mooi woorde van goddeloses uitlig as tema. Dit is waarvoor jy versigtig moet wees.
Binne hierdie tema van goddeloses met geweld en mooi woorde lê verse 7-10 waarvan 7 & 9 en 8 & 10 dieselfde patroon volg.
Vers 7 & 9 deel met ons die “lot” van die regverdige en onregverdige:
Proverbs 10:7 AFRIKAAN
7 Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort; die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.
Proverbs 10:9 AFRIKAAN
9 Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.
Die regverdige “leef voort” sonder “vrees” en die onregverdige word “vergeet” en gou “uitgevind”.
Vers 8 & 10 deel met ons die uiteinde van ‘n babbelende dwaas :
Proverbs 10:8 AFRIKAAN
8 Die mens met verstand aanvaar bevele. Wie aanhou onsin praat, kom tot ’n val.
Proverbs 10:10 AFRIKAAN
10 Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.
Die refrein wat herhaal word, ”Wie aanhou onsin praat, kom tot ’n val” (Prov 10:8) en ”wie aanhou onsin praat, kom self tot ’n val” (Prov 10:10), bind hierdie verse saam. Baie opvallend is dat Prov 10:10 die enigste vers is wat nie die regverdige en goddelose kontrasteer nie maar net oor die goddelose praat. Die waarskuwing teen goddeloosheid is dus oorlaai om die erns uit te lig.
Wat leer ons?
Ons moet met onderskeiding lees
Ons moet met onderskeiding luister
Ons moet doelwitte weeg en
ons moet uitkomste evalueer
Misleiding is kenmerkend van die goddelose maar die regverdige word gekenmerk aan bewyse van God se seën wat op hul rus en die “lewe” wat voortspruit uit hul woorde (Prov 10:11a). Die regverdige se plek in die wêreld word deur God geanker terwyl die goddelose se enigste loon is dat hul “vergeet” word (Prov 10:7) en tot ‘n “val” kom (Prov 10:10b). Die advies wat die teks gee is om die bron en woorde van jou inligting met onderskeiding te weeg (Prov 10:8, 10). Vermy die goddelose en vermei jou in wysheid.

GEBED

Here, leer my om te onderskei tussen reg en verkeerd.

Woordverklaring

*ver•my* ´ ww. (-)
1 Ontwyk; sku wees vir: Sy vermy my omdat sy ’n skuldige gewete het. Jou vyande vermy. 2 Voorkom: So ’n moeilikheid kan nie vermy word nie. Dra sorg dat sulke probleme vermy word. 3 Jou onthou van: Vermy alle sout in jou kos. Die kwade vermy. vermy´baar, vermy´ding.
ver•mei´ ww. (-) (deftig; refleks.)
Jou verlustig; ontspan, vermaak: Die jongspan vermei hul op die strand. Jou in iets vermei, daar genoeë in vind.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
F. F. Odendal, Die Elektroniese Weergawe van Die Verklarende Handwoordeboek van Die Afrikaanse Taal (Midrand: Perskor Uitgewery, 1994).
Related Media
See more
Related Sermons
See more