Spreuke 10:8 | Onderwerp Gedagtes

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:8 AFRIKAAN
8 Die mens met verstand aanvaar bevele. Wie aanhou onsin praat, kom tot ’n val.
‘n Wyse persoon kan sy/haar wil onderwerp aan die wysheid en wil van ‘n hoër gesag terwyl al stem waarna ‘n dwaas luister die eentonigheid van sy/haar eie gebabbel is. Hierdie wysheid wil ons slyp in persoonlikheid maar ook om toe te neem in onderskeiding.
“Wat as die bevel van ‘n dwase persoon kom, moet dit nog aanvaar word?”. Die woord wat vir “bevele” gebruik word is in die Bybel gebruik om te verwys na die gesproke en geskrewe bevele van die Here. Dit is baie spesifiek onderwerping aan die Here en beslis nie ‘n ander vorm van gesag nie.
Kom ons onderwerp ons vandag opnuut aan die Here. Ons tel die woorde oor ons lippe en weeg elke sin met wysheid.

GEBED

Here, aan U onderwerp ek die gedagtes wat loop oor my lippe.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more