Spreuke 10:3-6 | Leef reg in die oë van die Here

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 29 views
Notes
Transcript

Sleutel Vers

Proverbs 10:3 AFRIKAAN
3 Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.
Ons het ‘n materiële, geestelike en morele verantwoordelikheid in hierdie wêreld. Ons moet altyd onthou dat dit voor die Here uitgeleef word en dat Hy die een is in Wie se oë dit byval moet vind al dan nie. Die positiewe uitkoms van ‘n gesonde optrede is alleen genade uit die hand van die Here.
Die wat met wysheid in hierdie drie areas leef ontvang uit genade die seën van die Here. Waarom die drie areas?
Prov 10:4 ”’n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.” Hier word ‘n praktiese materiële voorbeeld gebruik.
Prov 10:5 ”Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; ’n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting.” Hier word die geestelike kwaliteit van verstandigheid gebruik as voorbeeld.
Prov 10:6 ”Die regverdige word geseën. Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.” Hier word ‘n morele kwaliteit gebruik as voorbeeld.
Ons materiële, geestelike en morele optrede moet van so aard wees dat dit reg is in die oë van die Here.

GEBED

Here, lei my asseblief in materiële, geestelike en morele korrektheid voor U.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more