Spreuke 10:1 | Verbly die Vader se hart

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript
Proverbs 10:1 AFRIKAAN
1 Spreuke van Salomo. ’n Wyse seun maak sy vader en moeder bly; ’n dwase seun maak hulle hartseer.
Ons moet hierdie woorde van wysheid lees saam met die teenoorgestelde stelling in Proverbs 9:12: ”As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan; as jy ’n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.” Prov 9:12 vestig ons aandag op die persoonlike voordeel en nadeel van ons keuses terwyl Prov 10:1 die aandag vestig op die “sosiale invloed” daarvan.
Dit is maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat jy jou persoonlike emosie oor die gevolge van jou keuses kan ignoreer. Dit raak net jou en jou alleen en daarom kan jy ‘n “traak my nie agtige” houding inslaan.
Die waarheid, en daarop wil die wysheid in Prov 10:1 ons aandag vestig, is: Ons wysheid of gebrek daaraan (dwaasheid) beïnvloed ons ouers en sodoende ons breër sosiale netwerk.
Die woorde “blydskap” en “hartseer” is swaar gelaaide emosionele woorde. Dit beskryf ‘n innerlike geestelike vryheid of gewig wat geen skaal kan weeg nie.
Wanneer jy hierdie soort “gewig” op die hart van ander laai en jy kom eendag tot inkeer, dan word dit dikwels ‘n gewig in jou eie hart. Hierdie gewig kom in die vorm van self verwyte dat jy nie eerder met wysheid opgetree het nie, ‘n las waarvoor jy self vergifnis sal moet ontdek.
Wanneer jy reg optree en blydskap laai op die hart van ander kom daardie blydskap na jou terug wanneer jy ‘n nuwe wysheid ontdek wat jou keuses beaam.
Die wisselwerking tussen elkeen van ons as individu en die komplekse netwerk van verhoudinge waarin ons leef is onvermydelik. Ons moet op beide aspekte van wysheid ag slaan, die individuele en sosiale.
Kyk weer na Proverbs 9, maar hierdie keer met hierdie bril wat Prov 10:1 ons gee. Wysheid is bewus van die sosiale impak en verantwoordelikheid deurdat sy mense oproep en in vooruitsig het om hierdie netwerk gesond te hou (Prov 9:4-6) deur self daarin te voorsien met persoonlike harde werk (Prov 9:1-2). Dwaasheid is selfsugtig, sien net die persoonlike gewin en nooi daarom onervare mense na haar binnekring van luiheid om gesteelde “verversings” te geniet (Prov 9:16-17).
Waar staan ek vandag? Watter kos het ek voorberei? Wie gaan ek voed? Mag ek my Vader blydskap verskaf.

GEBED

Here, lei my asseblief om gesonde opbouende verhoudinge tot stand te bring.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more