Spreuke 8:14-36 | Deel in wysheid wat voortspruit uit God

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 15 views
Notes
Transcript
Proverbs 8:14–36 AFRIKAAN
14 Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee. 15 Met my hulp regeer konings goed en laat maghebbers reg geskied; 16 met my hulp heers die mense wat mag het, die leiers, elkeen wat reg regeer. 17 Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my. 18 Wie my het, het rykdom en eer, het duursame en blywende besittings. 19 Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer. 20 Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg. 21 Ek maak dié wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol. 22 “Die Here het my geskep, Hy het met my begin; ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede. 23 Ek is lankal daar, van die begin af, voor die aarde daar was. 24 Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie, toe daar nog nie fonteine vol water was nie. 25 Voor die berge hulle plek gekry het, voor die rante het ek al gekom, 26 voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het, voor Hy selfs die eerste grond gemaak het. 27 Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het, toe Hy die horison oor die see afgemerk het, 28 toe Hy die wolke daarbo gesit het, die fonteine onder die diep water laat uitborrel het. 29 Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, die waters aan sy wil onderwerp het, toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het. 30 Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. 31 Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ’n vreugde. 32 “Daarom, kinders, luister na my, dit sal goed gaan met dié wat op my pad bly. 33 Luister na wat ek julle leer, moet dit nie verontagsaam nie, dan sal julle ook wysheid hê. 34 Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister, die mens wat elke dag na my huis toe kom en op my drumpel staan en wag. 35 Wie my vind, vind die lewe self en geniet die guns van die Here. 36 Maar wie my nie wil vind nie, doen homself skade aan; wie my haat, hou van die dood.

Sleutel Vers

Proverbs 8:22–23 AFRIKAAN
22 “Die Here het my geskep, Hy het met my begin; ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede. 23 Ek is lankal daar, van die begin af, voor die aarde daar was.
Ek is vanoggend laat met my gedagte want ek stoei met die teks. Ek kan stilbly oor wat ek sien of op ander dele fokus, maar diep in my hart is dit onmoontlik om dit te vermei.
Prov 8:22-23 roep my volle aandag en bring my heeltemal tot stilte. Die woorde in Prov 8:22, ”Die Here het my geskep”, het ‘n ontsaglike invloed oor hoe ons oor God en die skepping dink. Die teologiese implikasies is enorm. Die vraag is: Is wysheid deur die Here geskep of is wysheid van die begin af deel van Sy wese? Soos die vers hier vertaal is beteken dit dat nie die hemel en aarde eerste geskep is nie (Gen 1:1) maar wysheid (Prov 8:22)? Hierdie is een van daardie kopkrappers in die Bybel wat baie sou gebruik om te sê die Bybel weerspreek homself. Ek dink die oplossing vir hierdie problematiese vertaling lê in die konteks van die teks self.
Daar is ‘n baie fyn sinspeling in Prov 8:26 deur gebruik te maak van die woord “grond”. Dit moet dalk eerder vertaal word met “stof”. Die rede is omdat dit dieselfde woord is wat in Gen 2:7 gebruik word: “Die Here God het toe die mens gevorm uit stof...” Hierdie gedeelte in Spreuke wil ons aandag vestig op die feit dat wysheid die mens se bestaan voorafgaan. Prov 8:30 help ook: “Ek het my kennis by Hom gekry”. God is m.a.w. die oorsprong van wysheid. Sonder die kennis van God sou wysheid nie bestaan nie.
Hoe moet ons dan Prov 8:22 verstaan? Dalk eerder soos die Engelse Bybel dit vertaal:
Proverbs 8:22 ESV
22 “The Lord possessed me at the beginning of his work, the first of his acts of old.
Uit hierdie gedagtes is dit duidelik dat wysheid uit God voortvloei en die mens voorafgaan en daarom van ontsaglike waarde is. Die oproep om gehoor te gee aan wysheid is dan ‘n oproep om te deel in die handeling wat uit God vloei. Dalk op sy eenvoudigste, om die beeld van God te weerspieël.

GEBED

Here, ek is na U beeld geskape, mag U wysheid my verlig.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more