Spreuke 8:13 | Lewens vrede in die Here

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 24 views
Notes
Transcript
Proverbs 8:13 AFRIKAAN
13 Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ’n verkeerde lewe en slinkse woorde.
Dit is hier waar ons net weer moet onthou dat wysheid en diens aan die Here sinoniem is. Wysheid “haat” wat verkeerd is. Alhoewel ons dus die heeltyd van wysheid lees en daaroor nadink, moet ons nie uit die oog verloor dat die doelwit daarvan is om die Here te dien (Prov 8:13a).
Dit is nie vir almal maklik om die woord “haat” met God of christenskap te vereenselwig nie. Ons moet nie daaroor dink as karakter van God nie, maar as karakter van sonde in die lig van God se heiligheid. Die Here het ‘n totale afkeur daarin en daarom moet ons ook met dieselfde afkeur gevul wees.
Die regte wyse vanuit hierdie verse is om die Here te dien deur vermyding van hoogmoed, hovaardigheid en ‘n bose lewenspad asook om nie doelbewus in jou woorde af te wyk van wat reg is nie (Prov 8:13b).
Hoogmoed is ‘n sterk onregmatige gevoel van eiewaarde terwyl hovaardigheid verwys na die optrede wat daaruit voortkom. Uit ‘n ander hoek gekyk is hoogmoed ook die onvermoë om ‘n ander se standpunt ook gewig te kan verleen. Dit is dalk die wortel van baie ongegronde konflik. Ons lewens vrede moet nie in ons standpunte gevestig wees nie maar in die Here.

GEBED

Here, laat U heiligheid my lewe verlig.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more