Spreuke 8:12 | Here, leef in my

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 87 views
Notes
Transcript
Proverbs 8:12 AFRIKAAN
12 “Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid.
Wat staan in hierdie vers? Ek bedoel nou rêrig. Dink bietjie na, wat beteken dit om verstand, kennis en skranderheid te hê? Ek dink “verstand” en “kennis” is redelik maklik, ons weet wat dit beteken. Die woord “skranderheid” beteken om skerpsinnig te wees (só sê die HAT). Maar, selfs nou verstaan ek nog nie … wat beteken dit om verstand en kennis te hê en skerpsinnig te wees?
Dit is hier waar die tale ons so ‘n hupstoot gee. Dit is nogal moeilik om die betekenis lekker en kort in Afrikaans te vertaal:
Verstand - diskresie in praktiese aangeleenthede
Kennis - toepassing van kennis
Skranderheid - die eienskap om wys en objektief te kan oordeel
Hier staan m.a.w. min of meer iets soos die volgende: Ek, Wysheid, vertoef in “diskresie van praktiese aangeleenthede”, die “toepassings van kennis” en “wyse en objektiewe optrede”.
Ek moet sê, die vertaling “Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid.” val maklik op die oor, maar dit voel of iets van die betekenis wegraak daarin. Sake soos diskresie, toepassing en objektiwiteit? Wat voel of dit weggeraak het is die vermoë om kennis “objektief” te kan “toepas” deur elke saak in eie konteks te “evalueer”. Die betekenis het eintlik nie weggeraak nie, ek dink net ons bedoeling met woorde het oor die tyd verander. Dit is een van die hoofredes hoekom daar gedurig nuwe vertalings uitkom, nie om die Woord van God te verander nie, maar omdat die mens verander het oor tyd?
Laat ons kennis dus nie nutteloos wees nie. Laat ons dit toepas, laat ons elke saak met diskresie hanteer en vertrou op die objektiwiteit van die Heilige Gees. Ons kan hieroor dink en sê: Ons kan sekerlik kennis toepas, diskresie gebruik, al is ons nog nie meesters daarin nie. Maar objektiwiteit, dit is ons nie beskore nie. Wat egter hier uitgebeeld word is dat slegs wysheid ons daartoe kan in staat stel. Onthou dat wysheid nie geteken word as ‘n abstrakte “ding” soos kennis nie. Wysheid word gepersonifieer in die teks. Dit is asof die skrywer wil sê: “Wysheid lewe en nou leef dit in my”.
Dit is dan my vraag vanoggend: Leef wysheid in my? Leef wysheid in jou?

GEBED

Here, deur U wysheid, gee my asb. die verstand, kennis en diskresie om Wysheid te beliggaam.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more