Spreuke 8:4-11 | Leef in wysheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 9 views
Notes
Transcript
Proverbs 8:4–11 AFRIKAAN
4 “Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense: 5 Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word, dié wat dwaas optree, kan insig kry. 6 Luister, want wat ek sê, is die moeite werd, elke woord van my is opreg. 7 Ek praat net die waarheid, ek het ’n afsku van wat verkeerd is. 8 Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan, nie een het ’n verkeerde of vals bedoeling nie. 9 Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg. 10 Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer; kennis is meer werd as die fynste goud. 11 Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene; wat jy ook al as baie werd beskou, teen my weeg dit nie op nie.

Sleutel Verse

Proverbs 8:4–5 AFRIKAAN
4 “Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense: 5 Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word, dié wat dwaas optree, kan insig kry.
Proverbs 8:11 AFRIKAAN
11 Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene; wat jy ook al as baie werd beskou, teen my weeg dit nie op nie.
Teen hierdie tyd moet ons al iets persoonlik begin beleef aan die binnekant. Wysheid moet nie net meer deur ons gehoor word nie, dit moet deur ons geuiter word. Ons woorde moet dan ook van ‘n sekere gehalte, ‘n deurdagte kwaliteit wees.
(Prov 8:6) Is wat ek sê opreg en die moeite werd? (Prov 8:7) Verafsku ek wat sleg is en leef ek in die waarheid? (Prov 8:8) Is al my woorde opreg sonder vals bedoelings en sou ek só ‘n toets kon deurstaan? (Prov 8:9) Het ek insig en kennis om te weet dit is die waarheid? (Prov 8:10) Besef ek die waarde van hierdie wysheid en dat niks teen dit kan opweeg nie?
Wanneer ons oor die diep weivelde van ons gedagtes uitstaar en roep, sien ons ook ‘n paar dwase deur die venster hulle opwagting maak? Dit is onvermydelik uit die aard van ons geboorte maar desnieteenstaande oorwin deur ons Heer.
Leef vandag in wysheid, roep dit uit!

GEBED

Here, mag U roepstem deur my bekend word.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more