Spreuke 8:1-3 | Lig van Wysheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 10 views
Notes
Transcript
Proverbs 8:1–3 AFRIKAAN
1 Dit is Wysheid self wat roep, dit is Insig wat haar stem laat hoor. 2 Op die hoogtes langs die pad, by die kruispaaie, gaan sy staan, 3 langs die stadspoorte, by die ingange, skree sy dit uit:
Ek weet nie van jou nie, maar ek is geneig om te vinnig oor hierdie 3 verse te lees op soek na wat wysheid sê. Laat ons net vir ‘n oomblik stilstaan en haar gedrag oordink. In kontras met die slegte vrou wat in die donker, stilletjies en een tot een geheimsinnig kontak maak, hou wysheid van openheid, deursigtigheid en spreek haarself uit in die teenwoordigheid van baie (Prov 8:1).
Wysheid gaan staan ook op strategies openbare ruimtes. Vanuit die hoogtes is sy sigbaar, hoorbaar en geensins in die geheim nie (Prov 8:2a). By die kruispaaie (Prov 8:2b) bereik sy alle mense van alle oorde. By die stadspoorte (Prov 8:3) waar die leiers tradisioneel bymekaar kom en wat niemand kan vermy nie, daar laat sy haar stem hoor.
Op sy eenvoudigste is dit so sprekend van waarheid. Wat in die donker en stilweg gebeur loop oopoë in ‘n duur en vreesbevange situasie in. Maar, wysheid hou haarself in die lig en skaam haar nie vir waarheid nie, sy leef vreesloos in die lig.
Mag jou dag met lig van wysheid gevul wees.

GEBED

Here, lei U die lig my lewenspad.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more