Spreuke 7:1-4 | Eienaarskap van Wysheid, Geloof en Beginsels

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 49 views
Notes
Transcript
Proverbs 7:1–4 AFRIKAAN
1 Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun, hou by wat ek jou voorskryf, 2 maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe, maak wat ek jou leer jou eie, so eie soos die appel van jou oog. 3 Sorg dat jy dit altyd onthou, maak dit ’n deel van jou lewe. 4 Sê vir die wysheid: “Jy is my suster,” maak die insig familie van jou.
Hoe weet ek wanneer ek iets my eie gemaak het? Hoe weet ek of wysheid ingesink het? Wanneer jy eienaarskap aanvaar van ‘n beginsel en dit uit jou eie toepas sou Spreuke dalk antwoord, dit sê oor die mier: “Hy het nie ’n leier nie, nie ’n opsigter of ’n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd” (Prov 6:7–8).
Presies dit is wat volg in Spreuke. ‘n Voorbeeld van ‘n jongman wat nie uit sy eie hierdie wysheid ter harte neem nie. Eienaarskap van wysheid, geloof en beginsels? Is jy net onderrig daarin óf is dit soos die appel van jou oog, die venster waardeur jy kyk na die lewe? 
”Jy is my suster” (Prov 7:4) getuig daarvan dat jy wysheid jou bloedfamilie moet verklaar. Jy moet getuienis aflê daarvan. Hierdie uitspraak ”Jy is my suster” bleik ook ‘n kulturele beginsel op te roep in die gedagtes. As jongman tree jy as beskermer op van jou suster (Song of Solomon 8:8-9) om haar in reinheid te behou. Hierdie selfde beginsel word dalk hier geïmpliseer. Jy moet wysheid koester en beskerm deur dit aan te gryp as jou eie.
Die hart van die teksgedeelte wil jou tot onlosmaaklike eienaarskap oproep. Dit bly steeds ‘n oproep en ek en jy moet daarop antwoord: Wat is jou antwoord? Mag ons vandag weer opnuut eienaarskap aanvaar van wysheid.

GEBED

Here, wees U die appel van my oog, die getuienis van my tong.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more