Spreuke 6:20-23 | Jou slaap, jou wakker word en jou wandel

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 25 views
Notes
Transcript

Sleutel Vers

Proverbs 6:20–23 AFRIKAAN
20 My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie. 21 Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; 22 dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen, dit sal jou beskerm as jy slaap en jou lei sodra jy wakker word. 23 Wat ek jou voorskryf, is ’n lamp, my onderrig is ’n lig; wie hom laat teregwys, is op die pad na die lewe toe.
Prov 6:20-7:27 vorm 'n eenheid wat handel oor die verleidelikheid van dwaasheid wat in kontras staan met wysheid, vanaf Prov 8, wat ook vrylik beskikbaar is. Daarom moet ons die volgende paar dae se tekste soveel te meer as eenheid bind in ons gedagtes.
As ons ‘n pretjie sou probeer vorm van wat ons nou gaan lees kan dit soos volg lyk. ‘n Wyse pa staan by sy venster en gewaar teen laat aand hoe sy jong seun deur die verleidelikheid van die nag meegesleur word, spesifiek ‘n getroude verleidelike vrou wie se man nie tuis is nie. Die bekommernis het hom deur die nag laat wakker lê waarin hy wysheid lê en formuleer het. Vroegoggend voor sy seun ontwaak staan hy reeds langs sy bed om hom te begroet met woorde mooier as die van die verleidelikheid van gisteraand. Daardie fyn geformuleerde woorde vou in eenvoud met krag oop vanaf Prov 6:20-23.
Graag herrangskik ek die woorde van Prov 6:22-23 om die diepte daarvan te ontbloot. Vir beter begrip vertaal ek ook so bietjie meer vrylik, baie nader aan die 33-53 Vertalings. Wat baie duidelik word is die belang van die gebod van God, die besorgdheid van wysheid oor ‘n dwase kind en die oproep om op wysheid ag te slaan. En daarmee dan ook my seën gebed en wakende oog vir elkeen van ons, maar ook berisping waar nodig in die oggend uur:
Mag die wysheid van die Here:
• jou lei as jy wandel, want die gebod is soos ’n lamp op jou pad
• oor jou wag hou as jy slaap, want die gebod is soos ’n skerp naglig en
• jou toespreek as jy wakker word, na gisteraand, met teregwysinge wat jou tug en terugbring na die weë van die lewe
Moenie hierdie wysheid minag nie, soek daarna met jou hele hart.

GEBED

Here, U is die lamp op my pad.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Die Bybel: Ou Vertaling. Electronic edition of the 2nd edition. Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1996.
Related Media
See more
Related Sermons
See more