Spreuke 6:16-19 |

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 39 views
Notes
Transcript
Proverbs 6:16–19 AFRIKAAN
16 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het: 17 oë wat straal van hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, 18 gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, 19 ’n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.

Sleutel Teks

Proverbs 6:16 AFRIKAAN
16 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het:
Dit is ‘n algemene tegniek deur die skrywer gebruik om getal + 1 aan te wend. Ons vind dit ook in Prov 30:15, 18, 21 en Job 5:19. Baie opvallend is dat 3 nee 4 en 6 nee 7 voortdurend gebruik word. Job gebruik dit baie duidelik om te verwys na ‘n onuitputbare lys wat die Here se onblusbare redding beklemtoon.
Job 5:19 AFRIKAAN
19 Al tref ’n ramp jou ses of sewe keer, Hy sal jou red, selfs ’n hoeveelste keer sal dit jou geen kwaad aandoen nie.
Sou dit wees dat hierdie lysie dalk presies dit inhou? Die Here het ‘n afsku in hierdie “lysie” maar Hy is die onuitputbare bron van wysheid wat jou wil red uit die gevaar van die verkeerde lewenspad?
Die vroeë kerk het so lysie gehad van sewe dodelik sondes. Hierdie lys in Proverbs is waarskynlik die Joodse voorganger van ‘n praktyk om sulke lysies saam te stel. Ons teks is in ‘n eenvoudige memoriseerbare orde saamgestel. Duane Garret verwoord dit: “The first five things the Lord hates are body parts set in a sequence that moves generally from the head to the feet (eyes, tongue, hands, heart, feet), and the last two are specific types of persons (the false witness and the troublemaker)”
Vergelyk dit met die beweging in ons preek teks van verlede sondag, Rom 3:9-20, wat dieselfde tegniek aanwend. Vanuit die lig wat Job hierop werp moet ons aandag nie op hierdie lysie wees nie, maar op die wysheid van die Here wat ons hieruit red. Paulus se argument in Romeine doen dieselfde. Hy sê met die tegniek: let op die mag van sonde, maar kyk wat is nou hier, die Here se verlossing!
Die Here soek jou totale menswees en die weg waarop jy wandel, beide fisies en geestelik. Hy wil jou seën met wysheid.
Mag jou dag op die weë van die Here se wysheid gerig wees.

GEBED

Here, leer my U wysheid liefhê.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Garrett, Duane A. Proverbs, Ecclesiastes, Song of Songs. Vol. 14. The New American Commentary. Nashville: Broadman & Holman Publishers, 1993.
Related Media
See more
Related Sermons
See more