Spreuke 6:12-15 | Die Here, volkome reg en geregtigheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 6 views
Notes
Transcript
Proverbs 6:12–15 AFRIKAAN
12 Dit is ’n nikswerd mens, ’n mens vol onreg, wat altyd reg is om te lieg, 13 om te bedrieg deur met die oog te knik, met die voet te beduie, met die vingers tekens te gee, 14 wat altyd met ’n skelmstreek kom en voortdurend op kwaad uit is. Hy maak moeilikheid waar hy gaan. 15 So ’n mens se ondergang kom skielik; hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.
Dikwels lees ons die spreuke as losstaande gedagtes. Ons sou hier byvoorbeeld Prov 6:12-15 in ons gedagtes losmaak Prov 6:6-11. Soms, eers wanneer ons die verband oordink tussen gedeeltes begin ons bewus word van ‘n dieper tema. Prov 6:6-11 handel oor ‘n luiaard, “dwaas”, wie onverwags oorrompel word deur gebrek. Prov 6:12-15 praat van ‘n nikswerd, “dwaas”, wat strategies onoordeelkundig optree en ook skielik sy ondergang tegemoet gaan.
Baie eenvoudig gestel, selfs ‘n flukse persoon, maar met verkeerde hart en duistere motiewe, sal die skielike pad van ineenstorting beleef. Dit wil voorkom of hierdie ineenstorting ‘n blywende karakter het (Prov 6:15). Hier word beslis van ‘n ewige koers gepraat waarop so ‘n persoon beland.
Ek het vanoggend doelbewus nie net een spesifieke vers probeer uitlig nie. Die rede is omdat hierdie kort gedagte wat ‘n eenheid vorm niks ooglopend oor die Here sê nie. Maar, as ons net vir ‘n oomblik stil sit besef ons, dit sê alles oor die Here en sy kind. Wanneer ons die nikswerd verander na “wyse” of na “Here” en als wat negatief is positief maak dan kom groot waarhede na vore.
Voorbeeld van Prov 6:12: Die wyse mens is vol reg, wat altyd gereed is om die waarheid te praat óf Die Here is volle geregtigheid en altyd volkome in die waarheid.
Ek kies ook my woorde baie spesifiek, net die Here is volkome reg en geregtigheid, ons staan net in sy skadu. Dink bietjie na oor hierdie wysheid in Prov 6:12-15 en bedink watter waarhede dit vir ons leer oor die karakter van ‘n wyse persoon wat in die volmaakte weg van ons Here wandel deur die krag wat hy verleen.

GEBED

Here, mag my hart, my oog, my voet, my vingers voortdurend in U diens staan.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more