Spreuke 6:6-11 | Integriteit, Inisiatief en Hardwerkendheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 73 views
Notes
Transcript
Proverbs 6:6–11 AFRIKAAN
6 Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. 7 Hy het nie ’n leier nie, nie ’n opsigter of ’n regeerder nie, 8 tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. 9 Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? 10 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie handevou en bly lê, 11 en daar oorval die armoede jou soos ’n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos ’n inbreker.

Sleutel Vers

Proverbs 6:6 AFRIKAAN
6 Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.
Hierdie is nie een van die aangenaamste regstellings om te maak nie, maar ter wille van die humor doen ek dit met liefde. In Hebreeus is die “mier” vroulik. Daar staan eintlik “kyk na haar weë”. Wanneer Prov 6:9 sê: “Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard”, dan word die manlike vorm gebruik om die luiaard te openbaar.
Daar is nog so ‘n pragtige humoristiese waarheid in die teks. Die luiaard moet gaan sit en kyk hoe die mier werk. Hy sit seker nou nog en kyk?
Die waarheid wat hier geopenbaar word is egter veel dieper as dit. Dit is ook meer as bloot net om fluksheid, “werk”, aan die dag te lê en voorsiening te maak. Dit gaan in besonder oor die integriteit om ‘n bepaalde karakter te openbaar sonder dat daar ‘n leier oor jou aangestel is (Prov 6:7). Die wyse persoon neem hiervan kennis en leef volgens hierdie beginsel.
Wat maak jy as daar nie iemand is om direkte opdragte aan jou uit te deel nie? Wat maak jy as daar nie iemand is om direkte rekenskap van jou te eis nie? Dalk lê hierin ook iets van inisiatief, vindingrykheid en deursettingsvermoë? Iets van ‘n Goddelik geseënde karakter?
Mag jou dag gekenmerk word aan integriteit, inisiatief en hardwerkendheid sodat die aand jou nie onverwags oorrompel nie.

GEBED

Here, werk vandag deur my aan U koninkryk van môre.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more