Spreuke 4:20-27 | Doelgerigtheid

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 21 views
Notes
Transcript
Proverbs 4:20–27 AFRIKAAN
20 My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde! 21 Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte, 22 want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister, ’n volle lewe vir hom wat dit besit. 23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. 24 Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie. 25 Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. 26 Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. 27 Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers

Sleutel Vers

Proverbs 4:23 AFRIKAAN
23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Hoe waar is dit nie? Voor jy enigiets begin uitleef, doen of sê, is jou hart die broeikamer van daardie potensiaal. Stel vir jou ‘n doelwit in die lewe (Prov 4:26) en hou jou oë daarop (Prov 4:25) en moenie daarvan afwyk nie (Prov 4:27). Maak ook seker dat jy nie misleidende doelwitte nastreef deur leuens nie (Prov 4:24).
As jou doelwit nie iets inhou aangaande ons Here (Drie-Enige God) nie, probeer dit weer vir jouself formuleer. Die rede is omdat ons die Here wil volg in elke tree van ons lewe. ‘n Eenvoudige voorbeeld: “My doelwit vir vandag is om vir jou praktiese wysheid uit die woord van God te leer soos in Proverbs 4:20-27 opgeteken is” óf, en ek hoop nie my seun lees nou hier nie, “Ek onderneem om my seun vandag te seën met die gawe van die liefde van ons Here en sy voëlhok vir hom klaar te maak voor hy tuis kom”. Wees prakties op ‘n vlak wat jou lewe weerspieël maar ook getuig van die Here. Dit maak jou dadelik bewus daarvan dat die taak wat vir jou dag op hande lê nie vir jouself is nie maar vir die Here.
Dit gaan nie noodwendig daaroor om te skryf vir en te praat met mense nie, maar oor ‘n lewensingesteldheid wat jou polsslag vorm. Baie van ons is dalk bang om met of voor mense te praat, maar een ding wat niemand kan vermy nie is om te lééf. Of jy nou ‘n kluisenaar, introvert óf ekstrovert is, maak nie saak nie, jy haal asem, jy lééf. Sorg dat jou lewensasem in die hart begin by God.
Wees nou vir ‘n oomblik stil en definieer jou doelwit óf jou roeping vir vandag. Bid dan daaroor en onderneem om daaraan uitvoering te gee sonder om daarvan af te wyk.

GEBED

Here, help my asb. om hierdie voorneme wat U my op die hart gelê het na die beste van my vermoë te verrig vandag.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more