Spreuke 4:10-19 | Hoe lééf ek voor God?

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 20 views
Notes
Transcript
Proverbs 4:10–19 AFRIKAAN
10 Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê; dit sal jou lewensjare baie maak. 11 Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop. 12 As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. 13 Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe. 14 Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense. 15 Los dit, moenie daarop loop nie, draai weg, vermy die slegte mense; 16 hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie; hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie. 17 Misdaad is hulle kos, geweld hulle drank. 18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is; 19 die pad van die goddeloses is soos die donker: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

Sleutel Vers

Proverbs 4:14 AFRIKAAN
14 Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense.
Daar is ‘n pad van lewe en ‘n pad van die dood en ons elkeen het ‘n vrye keuse op watter pad ons wil wandel. Die pad van die dood word hoofsaaklik deur goddelose mense aangevuur (Prov 4:14). Ons word aangeraai om nie daarop te loop nie (Prov 4:15). Dit is vir my moeilik om my in te dink in ‘n lewe waar geweld as primêre bron van lewe gesien word (Prov 4:17). Maar, die samelewing maak ons daagliks van hierdie realiteit bewus.
Die pad waarop ons moet loop is egter lig in hierdie wêreld en is aan die toeneem (Prov 4:18). Dit is ‘n pad waarin die mens veilig kan wandel en nie hoef te vrees waaroor jy volgende gaan struikel nie (Prov 4:19). Die pad van die goddelose is duister en gevul met onsekerheid en vrese. Die wysheid in hierdie verse (Prov 4:10-19) is baie duidelik: ”Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense." (Prov 4:14)
Ek dink so bietjie dieper na oor die aanvangs verse (Prov 4:10-13). Waarom sou die spreuke skrywer dit deel van sy refrein maak om daarop te hamer om ag te slaan op die wysheid wat hy leer. Sou dit wees om die waarde van wysheid deur herhaling te beklemtoon óf sou dit wees omdat die luisteraar dalk traag is om te reageer? Ons hoor so baie dat iemand sê hulle sou anders geleef het as hulle dit oor kon doen. Is dit nie dalk ‘n bewustheid van hierdie persoonlike traagheid om wysheid ter harte te neem wat hierdie woorde aanvuur nie? Laat ons vandag stil staan en vra: “hoe lééf ek voor God?” Laat ons die traagheid van ons menslike hart dan neerlê en die erns van wysheid ter harte neem.

GEBED

Here, wys my die pad waarop ek moet loop.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more