Spreuke 4:1-9 | Wees 'n Veilige ruimte vir jou kinders

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 18 views
Notes
Transcript
Proverbs 4:1–9 AFRIKAAN
1 Kinders, neem die opvoeding wat ’n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is, 2 want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie. 3 Ek was ook eenkeer ’n kind, my moeder se oogappel, haar enigste. 4 My vader het my toe ook geleer en vir my gesê: “Wat ek jou sê, moet jy vashou, my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe. 5 Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie; 6 maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar. 7 Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry! 8 Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou ’n man van betekenis maak as jy dit vasgryp. 9 Dit sal jou lewe versier, dit sal vir jou ’n sierlike kroon wees.”

Sleutel Vers

Proverbs 4:1 AFRIKAAN
1 Kinders, neem die opvoeding wat ’n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
Alhoewel hier met “kinders” gepraat word wil ek graag vanuit die ander kant vandag in hierdie teks inbeweeg, vanuit die minder opsigtelike kant:
Die huis is die primêre plek vir opvoeding en dan in besonder liefdevolle morele opvoeding. Die rede hoekom die huis so effektiewe ruimte skep is o.g.v. die interne en persoonlike gesinslede (Prov 4:3 ”Ek was ook eenkeer ‘n kind, my moeder se oogappel, haar enigste.”) Dit maak nie saak hoe ons ouers van buite evalueer nie. Die impak wat ouers in woord en daad op hul kinders het strek verder en dieper as wat ons soms wil toegee.
Die lering van die vader in sy kinderdae (Prov 4:4-9) het alleen blywende en veranderende waarde o.g.v. die verhouding van liefde wat geskets word deur die wyse waarop wysheid aangebied word in die boek Spreuke. Voortdurend word van hierdie “vader”, “kind”, verhouding gepraat.
Natuurlik sou ons hierdie “vader, kind” verhouding dadelik wil vergeestelik, “God dié Vader se verhouding met ons”, maar ons moet dit nie doen ten koste van die egtheid en verantwoordelikheid wat hierdeur voor ons gelê word nie. Dit bly ons verantwoordelikheid, deur die Vader aan ons verleen, om vir ons kinders ‘n veilige ruimte te skep en die regte omgewing daar te stel waarin wysheid deur hulle ter harte geneem kan word.
Dit is die uitdaging vanoggend: Skep ‘n veilige ruimte vir jou kinders om wysheid ter harte te kan neem, Skep ‘n veilige ruimte vir jou werknemers om wysheid ter harte te kan neem, Skep ‘n veilige leefruimte vir jou huweliksmaat om wysheid ter harte te kan neem. In watter konteks jy ook al verkeer, skep ‘n veilige ruimte waarin die Here se teenwoordigheid deur wysheid sigbaar word.

GEBED

Here, dankie vir die veilige liefdevolle ruimte wat U aan my skenk.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more