Spreuke 3:21-35 | Behou takt en oorleg

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 209 views
Notes
Transcript
Proverbs 3:21–35 AFRIKAAN
21 My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, 22 dit sal vir jou ’n mooi lewe verseker en soos ’n pragtige halssnoer vir jou wees; 23 jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; 24 jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. 25 Moenie bang wees dat ’n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, 26 want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ’n strik beland nie. 27 Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. 28 Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie. 29 Moenie kwaad teen iemand beplan terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. 30 Moenie ’n man sommer aankla as hy jou nie kwaad aangedoen het nie. 31 Moenie ’n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie, 32 want die Here het ’n afkeer van ’n slegte mens, maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue. 33 Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van dié wat aan hom getrou is. 34 Met hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir dié wat beskeie is. 35 Wyse mense verkry eer, maar dwase kom al hoe meer in die skande

Sleutel Vers

Proverbs 3:21 AFRIKAAN
21 My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie,
Al die “moet ’s en moenie ’s” in spreuke moedig nie ‘n wetiese lewensuitkyk aan nie, maar ‘n oordeelkundige wysheid. Ons het gesien dat “liefde en trou” (Prov 3:3) ‘n eienskap van wysheid is en so ook die aanvaarding van “teregwysing” (Prov 3:11). Die volgende saak wat deur wysheid op die hart gelê word is om “takt en oorleg” (Prov 3:21) te behou.
“Takt en oorleg” se betekenis word duidelik uit die res van Proverbs 3. Dit het te doen daarmee om uit die strik van jou vyand te bly (Prov 3:26) en om dadelik (Prov 3:28) oordeelkundig met weldade aan ander om te gaan (Prov 3:27). Daardeur behou jy ook jou medemens wat in jou sorg is se vertroue (Prov 3:29-30) en tree nie ongeregtig op nie (Prov 3:31). Hierdie wysheid van “takt en oorleg” volg ook nie in iemand se voetspore bloot op grond van status in die samelewing nie (Prov 3:31), maar hou altyd rekening met die hart van die Here oor wat goed en sleg is (Prov 3:32-33).
Teenoor wie gaan jy vandag met die wysheid van takt en oorleg optree? Aan wie gaan jy dadelik binne jou vermoë ‘n weldaad voorsien? Watter slaggat gaan jy vermy? Hoe gaan jy die Here hierin sigbaar dien?
“Takt en oorleg” sal jou uit naderende “skandes” help en in “eer” laat toeneem voor mense, “Eer” wat die Here toekom Wie jy dien (Prov 3:35).

GEBED

Here, laat “takt en oorleg” die spore vir my voete aandui …

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998)._
Related Media
See more
Related Sermons
See more