Spreuke 3:11-20 | Die Here weet beter

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 15 views
Notes
Transcript
Proverbs 3:11–20 AFRIKAAN
11 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, 12 want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ’n vader doen met sy seun. 13 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, 14 want dit bring meer winste in as silwer en lewer ’n groter opbrengs as goud. 15 Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. 16 Die wysheid gee met die een hand ’n lang lewe en met die ander rykdom en eer. 17 Die wysheid bring ’n ryk en ’n vol lewe. 18 Dit is ’n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou. 19 Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig. 20 Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog.

Sleutel Vers

Proverbs 3:11–12 AFRIKAAN
11 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, 12 want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ’n vader doen met sy seun.
Die bereidheid om dissiplinering van die Here te aanvaar is ‘n karaktereienskap kenmerkend van wysheid. Die Hebreër skrywer haal hierdie woorde aan (Heb 12:5-6) wanneer hy sy lesers aanmoedig om tug te verdra en dit nie weg te wys nie. Die Spreuke skrywer wys ook daarop dat wysheid bepaalde voordele inhou wat uitloop op ‘n lang lewe, welsyn en eer (Prov 3:16).
Dit is baie opvallend uit die teks vir vandag dat wysheid nie iets is wat onbegryplik en vêr buite ons bereik lê nie. Dit is ‘n Godgegewe lewensuitkyk wat jy kan vind (Prov 3:13), kan aangryp en aan vashou (Prov 3:18). Tog sê die skrywer dat dit ook vêr bo ons vermoëns strek en alleen die Here oor die volheid daarvan beskik (Dit bleik duidelik vanuit die skepping van hemel en aarde (Prov 3:19) en Sy onderhouding daarvan (Prov 3:20). Dit is met hierdie bewustheid van ons tekortkoming in volkome wysheid dat ons onsself moet onderwerp aan die teregwysing van die Here (Prov 3:13).
God weet beter in alle omstandighede en dikwels verstaan ons nie te midde daarvan hoe hierdie beter lyk nie. Dit is wanneer ons ontbreek aan insig dat ons nie moet rebelleer nie, maar juis onsself weer opnuut moet onderwerp. Ook wanneer ons deurweek word van die Here se seëninge moet hierdie wysheid van onderwerping ons nie ontbreek nie.

GEBED

Here, my bron van lewe, U grootheid gryp my aan, dit hou my vas, dit onderwerp my. Leer my in U weë wandel …

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more