Spreuke 2:1-22 | Stel die Here eerste

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 9 views
Notes
Transcript
Proverbs 2:1–22 AFRIKAAN
1 My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, 2 hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. 3 Roep insig by, vra na gesonde begrip. 4 Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ’n verborge skat. 5 Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. 6 Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. 7 Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. 8 Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars. 9 As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly. 10 Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word, 11 oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak. 12 Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af en van mense af wat verkeerde dinge verkondig, 13 van dié af wat die regte paaie verlaat om op donker paaie te loop. 14 Hulle verheug hulle daarin om te doen wat sleg is en juig die wandade van die slegte mense toe; 15 hulle paaie is krom en hulle koers is verkeerd. 16 Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af, die vrou met die verleidelike praatjies, 17 wat haar eie man verlaat en die verbond van haar God vergeet het. 18 Haar huis lei ’n mens na die dood toe, haar spore bring jou by die dooies uit. 19 Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie; hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie. 20 Loop jy liewer die pad van die goeie mense, bly op die paaie van die regverdiges, 21 want die opregtes sal die land bly bewoon, dié wat onberispelik leef, sal ongehinderd gelaat word, 22 maar slegte mense sal weggevee word uit die land, bedrieërs sal uitgeroei word

Sleutel Vers

Proverbs 2:5–6 AFRIKAAN
5 Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. 6 Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.
Dit bleik baie duidelik dat om Wysheid te bekom, bewustelike inspanning van jou sal verg (Prov 2:1-4). Die inspanning moet lei na twee spesifieke sake. Dat jy kan weet hoe om die Here te dien en dat jy kan ontdek wat dit is om God te ken.
Let op dat hier nie wette gegee word wat jy moet nakom nie maar eerder om die karakter van God na te jaag in jou lewe (Prov 2:7-9). Wanneer jou hart gefokus is om die Here te dien en te ken , sal wysheid haar opwagting in jou lewe maak (Prov 2:10). Die werking van wysheid in jou lewe sal praktiese gevolge hê in die vorm van oordeelkundigheid, verstandigheid (Prov 2:11), bewaring (Prov 2:12), verbondsonderhouding (Prov 2:17). Dit bly egter ‘n keuse van jou kant (Prov 2:20) om op hierdie pad te wandel. Daar word so bietjie motivering bygevoeg om die keuse vir jou meer konkreet en sinvol te maak. Die wat op hierdie pad wandel sal rustig en ongehinderd voortleef in die land aan hulle geskenk (Prov 2:21).
Daar is verskeie ekwivalente tekste in die Nuwe Testament. Een van Jesus se “preke” gee ook dieper insig aangaande hierdie wysheid. Jesus vertel dat as jy die Here eerste stel sal Sy koninkryk jou prioriteit wees (Matt 6:25–34). Stel Hom eerste en Sy seëninge sal uit genade jou omvou.

GEBED

Here, leer my hoe om U te dien en wys my wat dit is om U te dien.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Related Media
See more
Related Sermons
See more