Spreuke 1:20-33 | Neem onderrig in Wysheid ter harte

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 28 views
Notes
Transcript
Proverbs 1:20–33 AFRIKAAN
20 Wysheid is ’n vrou wat langs die straat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine, 21 sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het: 22 “Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ’n afkeer hê van kennis? 23 As julle luister na my teregwysing, gee ek julle my wysheid in oorvloed en leer ek julle my woorde begryp. 24 “Ek het geroep en julle wou nie luister nie, ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie. 25 Julle het my raad alles in die wind geslaan, julle wou julle nie laat teregwys nie. 26 Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref, ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval, 27 wanneer daar nood en kwelling oor julle kom. Die angs sal soos ’n storm oor julle kom, die ongeluk sal julle tref soos ’n orkaan. 28 Dán sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie, julle sal my soek en my nie kry nie. 29 Julle het ’n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien, 30 julle het my raad verontagsaam en elke teregwysing van my geminag. 31 Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg. 32 “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid, 33 maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.
Dit is belangrik om te verstaan dat Salomo nie na homself verwys as wysheid nie, maar na wysheid as ‘n derde persoon. Dit is die Gees van God wat deur hom aan die woord is.
In die stad van Salomo praat wysheid openlik (Prov 1:20-21) maar word ongelukkig nie deur almal aanvaar nie (Prov 1:22). Salomo is nie selfsugtig met hierdie gawe van God nie. Hy bied selfs aan om dié wat sy teregwysing ter harte neem daarin te onderrig en ‘n beter begrip aan te leer.
Sonde, dwaasheid en onkunde het sy gevolge. Wanneer die val as gevolg daarvan sy opwagting maak sal die dwase roep maar geen antwoord kry nie. Wysheid bied nie ‘n kits oplossing om die val van jou sondige bestaan te verlig in tyd van nood nie. Wysheid word gekenmerk aan ‘n voorkomende karakter.
As jy dit aanvaar word jy deur Salomo gereken onder die wyses van hierdie wêreld. Soos hy in Prov 1:5-6 sê:
Proverbs 1:5–6 AFRIKAAN
5 Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer 6 om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp.
Laat ons deur die woorde van Wysheid onderrig word soos ons deur die Spreuke lees. Laat ons toeneem in ons kennis van die Here en mag ons veilig wees en geen onheil vrees nie.

GEBED

Here, dankie dat U stem duidelik is, ek onderwerp my aan u teregwysing en onderrig.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).

Kopiereg

© 2019, ds. P.J. Kotze  
Related Media
See more
Related Sermons
See more