Spreuke 1:8-19 | Oorwin ongeregtigheid met die wysheid van die Here

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 21 views
Notes
Transcript
Proverbs 1:8–19 AFRIKAAN
8 My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: 9 dit sal jou lewe versier soos ’n krans jou kop en ’n kettinkie jou hals. 10 As sondaars jou wil verlei, my seun, moenie toegee nie. 11 Hulle sal vir jou sê: “Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom, ons oorval sommer iemand, al het hy ons niks gedoen nie; 12 kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen, ons maak gesonde mense dood! 13 Ons vat al wat waardevol is en ons maak huise vol met wat ons roof. 14 Jy kan deel in die buit, dit sal ons almal s’n wees.” 15 Moenie met hulle saamgaan nie, my seun, bly van hulle pad af; 16 hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle wil gaan moord pleeg. 17 ’n Voël wat ’n net sien wat vir hom gespan is, vlieg nie daarin vas nie, 18 maar hierdie mense span vir hulleself ’n net, hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. 19 So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe.
In a supermarket one day, a mother was pushing a shopping cart with a small child in it. As she was not paying attention to where she was going, she turned down an aisle and suddenly realized it was the candy aisle. Immediately she turned completely around and went the other direction. She knew the small child would not be able to handle the situation. In the same way, God protects us from things we can’t handle. - (Michael P. Green, 1989)
Dit is beter om situasies met potensiële versoeking heeltemal te vermy as om subtiel deur dit verstrengel te word. Ons teks praat oor die doelbewuste versoeking wat sondaars neerlê voor die kind van die Here. Dit begin by ‘n begeerte tot onregmatige persoonlike voordeel maar bly nie net daar nie. Dit loop uit op disrespek vir menslike lewe. Sonde speel altyd uit in een van twee óf beide rigtings: Dit breek liefde vir God óf liefde vir jou naaste af.
Matthew 22:37–40 AFRIKAAN
37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.
Net ‘n dwaas leen sy hart uit aan ongeregtigheid. 'n Wyse persoon onderwerp die hart aan die Here. Hierdie lewensingesteldheid sal mense se mening oor jou direk beïnvloed. Respekteer lewe en moet nie toelaat dat gierigheid disrespek daarvoor op jou hart druk nie. Die las van gierige ongeregtige wins sal jou verstrengel en jy ontmoet jou ewige ondergang met oop oë.

GEBED

Here, verbind my asb opnuut aan U met respek vir lewe deur U tot stand gebring en innerlike wysheid om versoeking te oorkom.

Bibliografie

Die Bybel: Nuwe Vertaling. (Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).
Michael P. Green, ed., Illustrations for Biblical Preaching: Over 1500 Sermon Illustrations Arranged by Topic and Indexed Exhaustively, Revised edition of: The expositor’s illustration file. (Grand Rapids: Baker Book House, 1989).

Kopiereg

© 2019, ds. P.J. Kotze 
Related Media
See more
Related Sermons
See more