Spreuke 1:1-7 | KENNIS BEGIN MET DIE DIEN VAN DIE HERE

Spreuke  •  Sermon  •  Submitted   •  3:06
0 ratings
· 57 views
Files
Notes
Transcript
Proverbs 1:1–7 AFRIKAAN
1 Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. 2 Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3 So sal hulle ’n behoorlike opvoeding ontvang en ’n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4 Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. 5 Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer 6 om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp. 7 Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

Fokusteks

Proverbs 1:7 AFRIKAAN
7 Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
Soms gesels jy met iemand wat die oomblik wat hulle begin praat deur ‘n doodse stilte omvou word. Diep deurdagte woorde verdiep die stilte in jou siel selfs wanneer die gedruis weer toeneem. Woorde wat jou binnekamer skoon en kalm maak. Soms is daardie woorde pynlik akuraat en breek die stilte in jou siel tot ‘n tweestryd om lewe en dood.
Die boek Spreuke is gelaai hiermee. Wysheid, kennis, instruksie en begrip staan uit as intensie. Die geheim van ‘n weldeurdagte en welsprekende lewe word egter nie in die duister gelaat nie maar deur een gelaaide spreuk in die kamers van jou hart gelaai: Kennis begin met die dien van die Here
Deur die Here te dien sal jy in onderskeiding van woorde toeneem (Prov 1:2), die beslissing van regsake met fyn aanvoeling hanteer (Prov 1:3) en ‘n regte lewenswyse aankweek (Prov 1:4). Die wysheid van die Here oorskadu selfs die grootste wysheer en is waardevol tot groter begrip (v5). Net ‘n dwase mens sal die inhoud van hierdie boek gering ag en van die hand wys (Prov 1:7b).
Die ekwivalent van hierdie uitspraak weergalm in die Nuwe Testament in 2 Tim 3:16-17: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

GEBED

Hemel Vader, berei my asseblief voor en rus my toe, deur die werking van U Heilige Gees, tot elke goeie werk.

Bibliograpfie

PodCast | Proverbs 1:1-7
Die Bybel: Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998.

Kopiereg

© 2019, ds. P.J. Kotze  
Related Media
See more
Related Sermons
See more