Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.08UNLIKELY
Disgust
0.11UNLIKELY
Fear
0.11UNLIKELY
Joy
0.13UNLIKELY
Sadness
0.67LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.12UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.
En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword ()
Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.
En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword ()
Gehoorsaamheid is onontbeerlik vir geestelike groei.
Jou mate van gehoorsaamheid bepaal die mate van gesag wat jy in die geesteswêreld sal hê.
Jesus se hele lewe getuig van gehoorsaamheid.
Eers was Hy gehoorsaam aan aardse ouers: Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig.
() Toe algehele gehoorsaamheid aan die Vader:
· Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie.
Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.
(Johannes 5:19)
· Ek kan uit Myself niks doen nie.
Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
(Johannes 5:30)
· Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
(Johannes 6:38)
· En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. (Johannes 8:28)
· Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
(Johannes 12:49)
· Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
(Johannes 14:10)
Christus is vir ons die perfekte voorbeeld van gehoorsaamheid.
Hy het selfs nie Sy bediening geïnisieer nie.
Maria Sy moeder moes die diensknegte aansê om te doen wat Hy hulle sou sê.
(Johannes 2:1-12) Hy self het ook die volle tyd volbring in diens van Sy aardse ouers tot die ouderdom van 30, waarna hy toe eers Sy geestelike bediening begin het.
As Hy dan wat die Seun van God is, niks uit Homself gedoen het nie, hoeveel te meer moet ons nie onsself aan Hom onderwerp nie?
Ek is die wynstok, julle die lote.
Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
(Johannes 15:5)
Sedert die skepping van die mens, verkies ons om eerder self die kennis van goed en kwaad by ander bronne te verkry, as in afhanklike gehoorsaamheid van die Vader.
Ons is geskape om God se beelddraers te wees, wat beteken ons reflekteer die Vader nie onsself nie.
Daar is geen neutrale grond nie.
Ons reflekteer of Sy liefde, vrede, vreugde, liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing óf nie! Daar is ‘n kosmiese federasie van owerhede, magte, wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, en bose geeste in die lug wat gerig is om jou te weerhou om jou skeppingsdoel uit te oefen!
Elke keer as ons nagmaal gebruik maak ons, ons alliansie rugbaar!
Elke keer as ons verenig as gelowiges span ons, ons kragte saam om boosheid te weerstaan.
Elke keer wat ons in die teenoorgestelde gees optree skyn ons, ons lig.
Elke keer wat ons, ons deur die Gees laat lei slaat ons spreekwoordelik ‘n pen in die grond, om God se Eden, tempel, heerskappy en habitat hier op aarde te vestig soos wat dit in hemel is.
Ons is God se instrumente, van genesing en restourasie in alles wat ons doen.
Hy gebruik ons soos suurdeeg en saad om die vestings van boosheid te penetreer as ‘n nie-direkte offensief, om uiteindelik boosheid te ontwapen.
Vir hierdie rede is gehoorsaamheid wesenlik tot ons geestelike weerstand teen boosheid.
Die eerste mens het die gehoorsaamheid toets gefaal, maar Jesus die 2de mens het deur Sy totale gehoorsaamheid die skeppingsdoel van die mens herstel voor God herstel.
Sodat die wat Hom gehoorsaam die heerskappy, en mandaat van die mens soos God dit oorspronklik bedoel het kan uitleef.
Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word.
(Heb 5:19)
Hoekom is gehoorsaamheid so moeilik?
Om werklik gehoorsaam te wees, moet ons heeltemal selfloos wees.
Die eie-ek, ego is ‘n hindernis tot gehoorsaamheid.
Sedert die eerste mens verkies ons om eerder ons eie kop te volg.
Ons wil in ons eie weg baan.
Ons eie koers kies.
Self by die antwoorde uitkom.
Ons wil nie voorgesê word nie.
Hoeveel frustrasie word nie veroorsaak in die wêreld, omdat mense net eenvoudig nie opdragte uitvoer nie?
Die teendeel is ook waar, die mense wat van skool af die meeste gehoorsaam is, bereik dikwels die hoogste posisies.
Kinders wat hulle huiswerk doen, opdragte van die onderwyser uitvoer doen die beste in daardie vak.
Die pasiënte wat die dokter se opdragte uitvoer, genees die vinnigste.
Sou daar ‘n nodigheid wees vir wetstoepassers, as almal gehoorsaam is?
Die kern woord in die woord gehoorsaamheid is: hoor.
Ons kan ook nie werklik iemand anders hoor, as ons nog vol is van self nie.
Die Hebreeuse woord vir gehoorsaam en hoor is dieselfde.
() shama' (shah-mah); Strong's #8085: To hear; to listen, consider, pay attention; to listen carefully and intelligently, to obey.
Die woord het ‘n sekere intensiteit, en erns.
Die mees bekendste vers wat hierdie woord gebruik is .
"Sh'ma Yisrael!
Hear, O Israel!
The Lord our God, the Lord is one!"
Die gedagte van hoor en doen, is die sentrale credo van Judaisme.
Die woord shama, is ook die kern woord, in Samuel se naam.
“God het gehoor.”
().
Dit is duidelike dat gehoorsaamheid ‘n ingesteldheid van die hart is.
Ek is dus leeg van alle self, ingestel om te luister, en begrip te verkry sodat ek presies kan gaan uitvoer wat van my verwag word.
Die gekruisigde lewe van self-verloëning
Toe Jesus die kriteria neerlê van hoe mens Hom moet volg was Sy antwoord eenvoudig.
"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind."
()
Dit blyk dat wanneer ons probeer om groot dinge vir die Here te doen, Hy dit wel toelaat, maar dit hou gewoonlik nie lank nie.
Hoeveel pogings van die mens is werklik geïnspireer deur die Here?
Dit alles wys terug na die oersonde waar die mense eerder geëet het van die boom van kennis van goed en kwaad, as om God te gehoorsaam.
Die Woord is duidelik dat as die Here dit begin het sal dit volhoubaar wees.
Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie.
Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie.
Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!” Die Raad het na hom geluister.
(Handelinge 5:38-39)
Jare gelede het ‘n geestelike mentor my saggies op my plek gesit, toe ek hom vra oor ‘n sekere sonde waaroor ek nie oorwinning kry nie.
“Hoekom is jy nie net gehoorsaam nie?” was sy onverwagte antwoord.
“Jy weet jy moet dit nie doen, so hou bloot op om dit te doen.
Wees gehoorsaam!” Sy woorde het die wortel van die rebellie in my hart ontbloot.
Ek het opreg bely, onmiddellik bevryding beleef, maar ook beleef hoe die Heilige Gees my bekragtig om hierdie swakheid te oorwin.
Skrywers wat hulle lewe toegelê het om hierdie waarheid uit te leef en toe te pas in alles wat hulle gedoen het se boeke word na honderde jare nog gelees en gewaardeer.
Voorbeelde soos Thomas a Kempis, Jeanne Guyon, Broeder Lawrence is maar net 'n paar voorbeelde.
Hedendaagse voorbeelde sal moontlik Moeder Teresa wees.
Wat nie net oor die neerlegging van self gepreek het nie, maar ook 'n voorbeeld was.
Ons het meer sulke leiers nodig, wat in alle opsigte oorgegee is, om self te verloën.
Selfverloëning is 'n skaars kommoditeit in die kerk vandag, kompetisie, magspel, twis en tweedrag is eerder aan die orde van die dag.
Die godloënaar Nietzsche het by geleentheid gesê, mense praat oor hulle geloof, maar leef volgens hulle drifte.
Die koerante is volop van kerkleiers wat veral op hierdie gebied oortree.
Paulus se oproep in hierdie verband is vandag meer as ooit 'n duidelike oproep en kreet na waarheid.
"maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9