JESUS VOED 5000 MANNE.

WONDERWERKE  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 50 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Die Jode het altyd telkens gesoek nie boodskappe nie.
Deurgaans in die Ou testament word voedsel en water as teken van God se voorsienigheid beskou.
Exodus verhaal.
Two things surface in this portion of our text.
First, we see that Jesus Christ was all-sufficient for any need even when his disciples were in confusion.
Second, the purpose of the miracle seems clear: to instruct the disciples, to lay a foundation for the sermon on the bread of life, and to feed hungry people[1]
(Die Lewende Bybel)
1 Hierna het Jesus na die oorkantste strand van die Galileasee gegaan. Dit word ook die Tiberiassee genoem.
2 ’n Groot skare mense het agter Hom aangegaan omdat hulle van die wonderwerke gesien het wat Hy vir siek mense gedoen het.
3 Jesus het teen ’n berghang uitgeklim en met sy dissipels daar gaan sit.
4 Daarvandaan kyk Hy toe af en sien hoe die groot massa mense na Hom toe aankom. Baie was op pad na Jerusalem toe, want die Joodse paasfees was naby. Jesus vra toe vir Filippus: “Waar sal ons genoeg kos kan koop sodat hulle almal iets kan kry om te eet?”
6 Hy het reeds geweet wat Hy wou doen, maar Hy het dit vir Filippus gevra om te hoor wat hy sou sê.
7 “Dit sou ’n groot som geld kos en dan sal dit nog nie genoeg wees vir almal nie,” sê Filippus.
8 ’n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe:
9 “Hier is ’n seuntjie met vyf garsbroodjies en twee visse. Maar dis tog hopeloos te min vir so baie mense?”
10 Maar Jesus sê: “Laat die mense almal gaan sit.” Almal gaan sit toe op die gras—die mans alleen was omtrent vyfduisend.
11 Jesus het die brood gevat en God daarvoor dankie gesê en dit toe uitgedeel vir die wat daar sit. Hy het die vis ook so uitgedeel, en elkeen kon eet soveel as hy wou.
12 Nadat almal genoeg geëet het, sê Jesus vir sy dissipels: “Tel nou al die oorskietstukkies op. Daar mag niks verlore gaan nie.”
13 Toe alles opgetel is, was dit twaalf mandjies vol. Dit is wat oorgebly het van die vyf garsbroodjies nadat almal geëet het.
14 Toe die mense sien watter groot wonderwerk Jesus gedoen het, sê hulle: “Daar is geen twyfel nie! Hy is die groot Profeet wat na die aarde toe sou kom.”
15 Jesus het geweet hulle wou Hom dwing om hulle koning te word en daarom het Hy hoër teen die berg uitgeklim tot waar Hy alleen was.
(Die Lewende Bybel)
42 Op ’n ander keer het ’n man van Baal-Salisa by Elisa aangekom met ’n present van die eerste graan wat geoes is. Hy het twintig garsbroodjies en ’n bietjie vars koring vir hom gebring. Elisa sê toe sy kneg moet die broodjies vir die profete gee om te eet.
43 Maar die man vra vir hom: “Hoe kan ek so ’n bietjie kos vir honderd manne gee om te eet?” Elisa sê toe weer: “Jy kan dit maar vir hulle gee om te eet, want die Here sê hulle sal almal genoeg hê om te eet en daar sal nog oorbly ook.”
44 Die kos is toe vir die manne voorgesit en hulle het almal genoeg geëet en daar het nog kos oorgebly ook, net soos die Here gesê het
(Die Lewende Bybel)
21 Moses sê toe: “Maar kyk hoe baie is die volk. Die manne wat oorlog kan maak alleen is 600 000! En nou sê U, U sal hulle vir ’n maand lank vleis gee om te eet.
22 Waar sal die troppe beeste en skape vandaan kom om vir hulle te slag vir genoeg vleis? Of sal ’n mens al die vis in die see kan bymekaarmaak om hulle genoeg te laat eet?”
23 Maar die Here vra vir Moses: “Het my krag dan minder geword? Jy sal nou self sien of Ek kan doen wat Ek vir jou gesê het of nie.”
· The practical lesson is clear: whenever there is a need, give all that you have to Jesus and let Him do the rest. Begin with what you have, but be sure you give it all to Him.[2]
· It is significant that twice John mentioned the fact that Jesus gave thanks (, ). .... By that act, He reminded the hungry people that God is the source of all good and needful gifts. This is a good lesson for us: instead of complaining about what we do not have, we should give thanks to God for what we do have, and He will make it go farther.[3]
· Jesus se gebed: The grace he used would be the one that was used in every home: “Blessed art Thou, O Lord, our God, who causest to come forth bread from the earth.”[4]
Barley bread was the bread of the very poor.[5] Vissies is iets soos pickled fish of gedroogde bokkoms.
1. DIE VRAAG IS HOE LOS JY ‘N ONMOONTLIK PROBLEEM OP? HOE VOED JY 5000 MENSE?
Daar Moontlike Oplossings.
1) Stuur Die Probleem Weg.
Raak ontslae van probleme: vers 36 “ Sê die mense moet nou gaan sodat hulle vir hulle êrens in die naaste dorpies of op die plase kos kan gaan koop”
2) Maak Genoeg Geld Bymekaar. Philippus die Rekenkundige. Ken die omgewing.
Filippus fokus op geld en nie op Jesus nie.
· At sight of the crowd Jesus’s sympathy was kindled. They were hungry and tired, and they must be fed.
· Philip was the natural man to whom to turn, for he came from Bethsaida () and would have local knowledge.
· Jesus asked him where food could be got.
· Philip’s answer was despairing. He said that even if food could be got it would cost more than two hundred denarii to give this vast crowd even a little each.
· A denarius was worth about 4p and was the standard day’s wage for a working man.
· Philip calculated that it would take more than six months’ wages to begin to feed a crowd like this.[6]
Fillipus antwoord soso ons ook maar sou antwoord. Hy sien ‘n menslike ramp, is bewus van sy beperkte vermoë, en verklaar die situasie as hopeloos. Jesus het die probleem vererger as hy die onus op hulle plaas vir ‘n oplossing. Gee julle vir hulle iets.... 1 dinarius is ‘n dagloon. Jy sou 200 dae lank moes werk.
3) Soek Hulp By Mense. Andreas.
Andrew, the helper, tried to solve the problem in another way. He began immediately to search for picnic resources in that barren place, but his search also ended in failure, according to his thinking[7]
Andreas vind die seuntjie met kos. Andreas was altyd besig om mense na Jesus toe te bring!
4) Jesus Het Die Antwoord
Warrenb Wiersbe sê; The miracle took place in the hands of the Saviour, not in the hands of the disciples. He multiplied the food; they only had the joyful privilege of passing it out[8]
“Toe breek Hy die brood en gee dit vir die dissipels aan om onder die mense uit te deel. Hy het ook die twee visse onder hulle uitgedeel.”
42 Almal het geëet tot hulle genoeg gehad het.
Begin vir ‘n oomblik dink aan wat hier besig is om te gebeur. Alle natuur reëls word oorkom. Proses word versnel. Wie kan dit verklaar anders as dat die skepper hier aan die werk is.
5) 12 Mandjies Bly Oor
Of the fragments twelve baskets were taken up. No doubt each of the disciples had his basket (kophinos). It was bottle-shaped and no Jew ever travelled without his.[9]
Wat Is Die Lesse Uit Die Storie?
· Daar is ‘n kontras tussen Andreas en Filippus. Filippus dink dit is onmoontlik. Andreas dink weer kom ek doen wat binne my vermoë is en los die res vir Jesus
· Nie een van ons kan bepaal wat gaan gebeur as ons ‘n ander persoon na Jesus toe kan bring nie.
· Toe Andreas daardie dag die seun se kos gebring het, het hy vir Jesus materiaal gegee vir ‘n wonderwerk. Dink net wat sal gebeur as jy mense met vermoëns na Jesus toe kan bring.
· Die seun het die middele voorsien vir die wonderwerk. Hoe arm sou ons lewens nie wees as hierdie verhaal nie opgeteken is van wat God kan doen met die min wat ons aanbied nie.
· Jesus het dit nodig wat ons kan aanbied. Die Wereld rondom ons word arm omdat hulle nie wonderwerke kan sien wat Jesus doen met dit wat ons bied nie. My alles op die altaar
· (Die Lewende Bybel)
Dan sal die meisies dans van blydskap en die manne sal deel in die vreugde—oud en jonk.Ek sal hulle troos en hulle bly maak na die rou en hulle hartseer laat verander in vrolikheid.
Ek sal soveel offers laat bring dat die priesters oorvloed het;
my volk sal Ek van my oorvloed gee.”
Dit is wat die Here self sê
[1] Gangel, K.O., 2000. John, Nashville, TN: Broadman & Holman Publishers.
[2] Wiersbe, W.W., 1996. The Bible exposition commentary, Wheaton, IL: Victor Books.
[3] Wiersbe, W.W., 1996. The Bible exposition commentary, Wheaton, IL: Victor Books.
[4] Barclay, W. ed., 1975. The Gospel of John, Philadelphia, PA: The Westminster John Knox Press.
[5] Barclay, W. ed., 1975. The Gospel of John, Philadelphia, PA: The Westminster John Knox Press.
[6] Barclay, W. ed., 1975. The Gospel of John, Philadelphia, PA: The Westminster John Knox Press.
[7] Borchert, G.L., 1996. , Nashville: Broadman & Holman Publishers.
[8] Wiersbe, W.W., 1996. The Bible exposition commentary, Wheaton, IL: Victor Books.
[9] Barclay, W. ed., 1975. The Gospel of John, Philadelphia, PA: The Westminster John Knox Press.
Related Media
See more
Related Sermons
See more