Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.08UNLIKELY
Disgust
0.07UNLIKELY
Fear
0.09UNLIKELY
Joy
0.15UNLIKELY
Sadness
0.65LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0.01UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.12UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Eensaamheid en isolasie is geen grap nie.
Eensaamheid verhoog eintlik die risiko vir voortydige mortaliteit onder alle ouderdomme.
Een onlangse studie[1] dui aan dat sosiale isolasie en eensaamheid tot meer mense se dood lei as vetsug.
Isolasie is gekoppel aan ʼn aantal disfunksionele immuunreaksies en verhoogde bloeddruk wat ‘n impak het op ons algehele welstand.
Om die waarheid te sê, navorsers[2] het gesien dat mense wat eensaam is meer inflammasie-verwante proteïene in reaksie op stres vervaardig as mense wat meer sosiaal is.
Hierdie inflammasie-verwante proteïne se reaksies kan geassosieer word met talle siektetoestande soos koronêre hartsiektes, tipe 2-diabetes, artritis en Alzheimers.
Aan die emosionele kant het elke mens betekenisvolle verhoudings nodig waarbinne hulle identiteit kan ontwikkel en elkeen kan floreer in die lewe.
Die afwesigheid van hierdie verhoudings kan dikwels lei tot selfmoord.
Ons moet eensaamheid baie ernstig opneem as iemand elke 40 sekondes hulle eie lewe neem.[3]
JESUS VERSTAAN EENSAAMHEID
Jesus verstaan verwerping.
Hy was verag en verwerp deur mense, iemand wat leed en pyn geken het soos iemand vir wie mense die gesig wegdraai, ’n man van smart en bekend met hartseer.
Hy was verag, maar ons het nie omgegee nie (Jes 53:3).
Hoe alleen moes Jesus nie voel om sonder sonde in hierdie wêreld te leef nie ().
’n Mens kan jou dit indink: Vir iemand wat reg voor God gelewe het, moes dit ’n marteling wees om tussen hulle te bly en dag vir dag soveel van hulle gruweldade te aanskou en aan te hoor ().
Alhoewel Hy in ’n klein dorpie van minder as 300 mense tussen plaasmense grootgeword het, kies Hy nie een van Sy kindermaats om een van Sy dissipels te wees nie.
Is hy dan nie maar net die timmerman se seun nie?
En is Maria nie sy ma en Jakobus, Josef, Simon en Judas sy broers nie?
En sy susters, hulle woon tog almal hier onder ons.
Wat maak hom so danig belangrik?
(.) Hy moes dikwels “uit” gevoel het.
Die storie moes heelwaarskynlik uitgekom het dat Hy die buite-egtelike kind van Josef en Maria was.
Sy opvoeding in Egipte tydens die eerste vyf tot sewe jaar van Sy lewe, moes ook ’n invloed op Hom as die “inkommer” gehad het.
Sy eie broers en familie het nie in Hom geglo nie.
Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie ().
Jesus het niemand gehad met wie Hy kon identifiseer nie.
Niemand wat Hom verstaan nie.
Die opwekking van Lasarus: ʼn storie oor vriendskap
Op hierdie tydstip van Jesus se bediening was dit vir Hom gevaarlik om in Jerusalem te wees.
Hy is ’n paar dae tevore amper gestenig en die Jode wil Hom in hegtenis neem (; , ).
Die familie weet dit, daarom stel hulle Hom in kennis met die woorde: “Die een wat jy liefhet, is baie siek.”
Hulle woorde wys hulle respek en geloof in Jesus, asook hulle vrymoedigheid teenoor Hom – Hy is hulle vriend.
Hulle het Hom al dikwels gehelp en Hy sal hulle ook help.
Die dissipels is soos gewoonlik meer op hulleself as op die Here ingestel.
Hulle verstaan nie Jesus se woorde nie en hulle kom tot die verkeerde gevolgtrekkings.
Jesus moet reguit verduidelik wat Hy bedoel het toe Hy eers gesê het Lasarus slaap net, want hulle verstaan nie.
Thomas se woorde, dat hulle saam met Lasarus gaan sterf, dui op sy pessimisme soos gewoonlik.
Thomas die twyfelaar is bekommerd oor sy eie lewe (; ).
Jesus het dus geweet Lasarus is dood, nogtans gaan Hy nie onmiddellik daarheen nie.
God wil die omstandighede gebruik vir Sy heerlikheid.
Jesus sê Hy is bly dat hy nie onmiddellik gegaan het nie, want die Vader gaan die Seun verheerlik.
Vriendskap is ’n hefboom, ’n onsigbare band wat jou verplig om te help.
Mense sal op grond van vriendskap dinge doen wat hulle nie eintlik wil doen nie.
Vriendskap is ’n emosionele verhouding.
Jesus bied Sy vriendskap en liefde, maar laat Hom nie verbind nie.
Dat Jesus nie dadelik gekom nie, was seker maar ʼn bitter pil vir Marta en Maria om te sluk.
Jesus se optrede druis in teen die manier waarop die meeste mense vriendskap verstaan.
Jesus laat weet hulle nie dat Hy nie nou dadelik gaan kom nie – dus swak kommunikasie.
Jesus gee nie onmiddellik toe aan hulle noodroep nie – dus nie ingestel op menslike behoeftes nie, maar op die wil van die Vader.
Hy het voedsel, wat nie van ’n mens is nie, beskikbaar om Hom te vul (, ; vgl. ).
Hier leer ons ook ʼn waardevolle les: Ons soek nie vriende omdat ons ʼn behoefte het aan vriendskap nie.
Jesus was die seun van God en het niemand se hulp nodig gehad nie, ook nie vriende nie.
Tog kies Hy vriende; is Hy die gestuurde wat vriende uitkies.
Dis die kern van die Groot Kommissie: “Gaan dan heen en maak vriende van alle nasies.”
Ons kies dus nie ons vriende op grond van dit waaroor ons alles saamstem of omdat ons van dieselfde goed hou nie.
Ons kies ook nie vriende omdat hulle iets vir ons gedoen het nie.
Dis maklik om liefde te gee as ek dit eers ontvang het.
Jesus stuur ons om ons vyande lief te hê (); om vriende te maak van mense wat vir ons niks kan beteken of gee nie.
As u hier was sou Lasarus geleef het.
Hulle verwyt Jesus se afwesigheid liggies (, ).
Selfs die begrafnisgangers en toeskouers verwyt Hom ook ().
Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?
Maar Marta en Maria neem nie aanstoot nie.
Beide Maria en Martha spreek hulle geloof uit: Ek glo ().
- Sy erken Jesus as die gekose Gesalfde (Messias: Christus – vgl.
, ).
- Hy is die Seun van God (vgl.
, ; ),
- en die Profeet wat na die wêreld toe gestuur is (vgl.
) om God aan die mense bekend te maak.
Dis in een asem ’n belangrike getuienis oor Christus.
Aanstoot (offense): verwoes die vloei en skakeling, konneksie, tussen mense.
Moenie aanstoot neem teenoor die Here omdat jy dink dat Hy te laat is nie (Jes 55:8-9).
Jesus se trane wys egter op Jesus se seer in hierdie verhouding ().
Hy het al by meer as een geleentheid vir hulle gesê dat Hy gaan sterf.
Hier by die dood van Sy vriend Lasarus, sien Jesus Sy eie dood.
Hy moes dink aan hierdie mense se sondelas wat Hy eersdaags sal moet dra, en hulle sien dit nie.
Die Griekse woord “groaning”, embrimaomai (em-brim-ah-om-ahee); Strong’s #1690: Derived from en, “in”, and brime, “strength”.
The word is used to express anger (), to indicate a speaking or acting with deep feeling (, ), and for stern admonishment (; ); to roar, storm with anger; to be enraged, indignant, to express indignation against someone.
Since Christ could hardly have felt anger toward Mary and the mourning friends, it is probable that his deep emotion was due to his inwardly protesting the indifference, ignorance, blindness, thoughtlessness of the people … seeing His own coming death … they crucified the wrong person.
Die grootste hartseer in enige vriendskap is wanneer jou vriend(in) jou nie sien nie.
Jou maat sien nie jou hart nie, sien nie jou swaarkry, lyding of swaarheid nie.
Dis die een enkele sonde/oortreding wat enige verhouding op die afdraandpad kan stuur en dit uiteindelik verwoes.
Die persoon wat die naaste aan my is, sien my nie! Jesus se liefde is groter as ons oortredings.
Hy gee nog steeds Sy lewe en vergewe ons.
Laastens: () Lasarus word weer lewendig, sonder seremonie en groot vertoon.
Jesus spreek bloot ʼn woord en Lasarus word lewendig.
Jesus bly nie eens vir ete nie! Weereens verbreek Jesus die reëls van aardse vriendskappe.
Daarna gee Jesus opdrag dat Lasarus losgemaak moet word sodat hy kan huis toe gaan.
Jesus se vriende het Hom nie gesien nie.
Die mense vir wie Hy Sy lewe gee, het Hom nie ontvang nie.
Daar was egter een vrou wat gesien het.
Maria kom salf Sy voete met duur olie in die volgende hoofstuk (; vgl.
; ).
Sy moes tydens Lasarus se opwekking Jesus se oë gesien het.
Sy het dieper gekyk en verstaan dat Jesus eersdaags Sy lewe gaan gee vir die mensdom.
Niemand anders het Jesus se vooraf-leiding gesien of verstaan nie; Hy moes Sy las alleen dra.
Ons ontvang deur die geloof dié geskenk van Jesus se geregtigheid; hierdie spesiale verhouding met die Vader.
Deur ons verbondenheid met die Vader laat Hy ons anders kyk.
Ons vergeet van onsself en sien ander se seer en las raak.
Ons kyk met Jesus se oë.
Maar Jesus se eensaamheid bereik sy toppunt die oomblik toe Hy sonde word vir ons.
God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word (2 Kor 5:21).
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9