Die Broederlikheid van Jesus

Dagbreek 2019   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 20 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
“there is no unity of diversity without Christ at the center”
Jesus het gekom om die eerste oortreding teenoor die mens te kom herstel. Kain se traak-my-agtige, ek gee nie om, en is nie my broer se versorger nie “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” () word vervang met Jesus se woorde aan ’n kruis “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie” () Ek sal vir hulle verkeerd betaal, en verantwoordelikheid vir hulle sonde neem.
Jesus kies niemand vanuit sy grootword vriendekring nie, maar jongmanne wat hy een vir een uitverkies, om die 1ste getuies te wees van die Waarheid – Sy lewe. Jesus herstel “the brotherhood of mankind” eenheid maar nie soos ‘n mens nie. Hy was daar toe die mens uit ambisie en eersug ‘n toring wou bou om “so maak ons vir ons 'n naam” te vestig. () God moes hierdie mens-gerigte ambisie en eenheid verwoes, deur mense se tale te verwar.
Jesus roep ‘n oordeel uit oor Herodus se glorieryke tempel, wat dieselfde motief te harte gehad het: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.”
Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?” Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. () Jesus praat van die tempel van sy liggaam (vgl. ; ) wat na drie dae opgewek sou word. Eers ná sy opstanding het die dissipels weer aan Jesus se antwoord in v19 gedink en is hulle geloof versterk ().
Jesus wil ‘n nuwe familie (broederskap) daar stel vir die mens, nie gesetel in politieke mag, aardse konings en koninkryke nie. Hy verkondig ‘n koninkryk boodskap: ‘n nuwe tipe regering, en verbondenheid tussen mense. Kerk, koninkryk, broederskap, familie, bruid, liggaam, is alles metafore wat wys op hierdie nuwe radikale goddelike ingryping. God en mens word verenig in ‘n heilige eenheid, en verbondenheid waar hy die Hoof, Koning, bron en heerskappy is.
Jesus kies dus sy volgelinge vanuit ‘n diverse agtergrond, gewone ambagsmanne, doeners en nie praters (teoloë). SC Lewis – needs both the women and the scientist to make birthing easier. The experiencial and the reason.
Our quest is not only to be one with the father, but also one with each other. () There cannot be unity with the one, without unity with the other. ()
Die Bybel is ‘n boek oor verhoudings. God is in wese ‘n drie-enige verhouding. Sonde is die dade wat verhoudings skade bring en verwoes. Sonde het hoofsaaklik vier verhoudings verwoes: ons verhouding met God, met onsself, met mekaar en met die skepping. Christus is God in mensvorm, om ons te wys hoe om al hierdie verhoudinge te herstel. Hy is die bemiddelaar en tussenganger wat ons verhouding met God herstel het, deur Sy eie lewe as offer te gee vir ons sonde en oortredinge. Die hele skepping is in verhouding met al die dele van die skepping. Die skepping is dus een groot verhouding van verhoudings! As een lid weggeneem word, affekteer dit die geheel. God is dus ons antwoord en bloudruk vir verhoudings. Hoe meer ons nader aan hom leef, en in dieper verbondenheid met Hom leef, hoe gesonder en reg is ons verhoudings. Om die Here te dien maak ons mooier mense: die vrug van die Gees, Jesus se voorbeeld wys ons hoe om in vergifnis en waarheid te leef.
God laat die eensames woon in ’n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ’n dor land. ()
Daarom gee Jesus pertinent riglyne en instruksies oor hom om hierdie verhoudinge in stand te hou, byvoorbeeld:
- Jy moet jou vyande liefhê –
- Konflik – en Lukas 17
- laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
Koninkryk, familie, bondgenootskap, broederskap in Jesus se tyd op aarde was wesenlik tot oorlewing en voortbestaan. Die Romeinse ryk, die Joodse ryk families, die Fariseers, Sadduseërs, Skrifgeleerdes, Priesters, belastinggaarders, ambagte, en arm mense het almal as ‘n spesifieke klas en groepering bestaan wat sekere mag oor die mense uitgeoefen het. Jy kan nie deel word van enige van hierdie groeperinge sonder die regte ‘credentials’ nie. Jesus kies om nie die amptelike pad van die Rabbi’s te loop en hulle opleidingskool by te woon nie. Hy verkies om tussen gewone, en meestal arm mense groot te word in Nasaret. Sy opleiding was die beoefening van God se wet, en wil in die daaglikse lewe. Wanneer hy dus praat: “praat Hy met gesag” Mense verstaan, en hoor, en besef; ‘Hy weet waarvan Hy praat’. (, ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; en ) Jesus steek sy hand uit, en wil ons nooi om deel te wees van God se familie. ()

Jesus se radikale boodskap verskuif die norme en standaarde, van hoe jy deel word van God se familie.

“Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” ()
“Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.” ()
“Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.” ()
“Hoe moeilik is dit tog vir mense wat ryk is, om in die koninkryk van God te kom.” ()
“as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.” ()
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.” ()
Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. ()
God sien die mensdom as Sy familie sedert die skepping van die mens. Ons een-wees, versinnebeeld die eenheid wat in die godheid is. “nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.” ()
MAAR: God se familie is ‘n geloofsfamilie. () Abraham is die Vader van die geloof. (; ; ; ) Sarah, Ragel, en Rebekka kon nie kinders hê nie. Hulle moes God se belofte aan Abraham van ‘n groot nageslag, vertrou en sien hoe God bonatuurlik ‘n nageslag voorsien. Die Verbond se seën op Abraham van die begin af was na 'n generasie erfenis van gesinne. ()
Inteendeel nie een van die Aartsvaders se eersgeborenes uit die vlees, het die seën van die eersteling ontvang nie. Abbraham se eersgeborene was Ismael, maar Isak gebore van Sarai word die seun van belofte. () Isak se eersgeborene is Essau, maar Jakob wie se naam later verander word na Israel verkry die belofte. () Jakob se eerste gebore was Rueben en het nie 'n seën ontvang nie: in plaas daarvan, "jy sal nie uitblink nie" () Reuben se onsedelikheid met sy pa se byvrou Bilhah (die moeder van sy broers Dan en Naftali) word aangeteken in . Josef ontvang die seën as die oudste seun van Ragel, Jakob se eerste liefde. Later het Benjamin die stamseën en nasie leier geword. Selfs Josef se eersgebore seun, Manasse ontvang nie die seën nie, maar Jakob kruis sy hande en seën Ephriam. () Dis is dus baie duidelik, dat God nog nooit ‘n politieke, vleeslike, of nasionalistiese nasie vir Homself gesoek het nie. God soek van die begin af ‘n geestelike familie.
Die Joodse stelsel van regering word 'n Teokrasie genoem waar God die Koning is. Dit was nie God se oorspronklike plan dat Israel 'n aardse koningheerser oor hulle moet hê nie. Jakob waarsku hulle dat hulle besluit negatiewe konsekwensies inhou. () Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. ()
Toe God die eerste Koning van Isreal aangestel het, het Hy die Koning verkies soos die mens verkies het. “'n magtige man van krag.” daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk. () Dawid die jongste onbekende skaapwagter seun van Isai, was God se keuse. ()
God wil hê dat ons Sy kinders, mense van geloof, moet wees volgens sy insettinge en wil. Dit is waarom sommige mense wat nooit in die koninkryk aanvaar sou word nie, ingesluit word in Jesus se geslagsregister weens hul geloof. (Lees )
1. Tamar -
2. Ragab - ,
3. Rut –
4. Batseba -
Die tweede en derde was nie-Jode, heidense vroue en miskien die vierde een ook. Ragab was van twyfelagtige karakter, maar het met ’n Joodse prins getrou en ongetwyfeld ’n deugsame vrou geword. Rut was ’n edelvrou. Tamar se optrede in haar verhouding met haar skoonpa is onortodoks in ons oë, alhoewel nie die gevolg van wellus van haar kant af nie, maar die begeerte vir kinders is op onregverdige wyse deur haar skoonpa verhinder. Sy het in elk geval ’n voorouer van Dawid geword. En Batseba was ’n egbreker. ().
God ag die waarde van familie baie hoog. Familie is God se manier om ons in volwassenheid te bring. Fisioloë en opvoeders kan die negatiewe gevolge van 'n gebroke familie, afwesige ouers, kindermishandeling weens slegte ouerlike rolmodelle en arm familiestrukture lys. Ons kan aanneem dat die meeste van die sosiale probleme wat ons vandag ervaar, weens 'n gebroke familie eenheid is. 65% van die kinders in ons land, word nie by beide biologiese ouers groot nie!

Kerk is God se familie-voorsiening aan die Wêreld:

Wanneer kerk die waarde, en belewenis van familie verloor, het ons ons bruikbaarheid verloor.
Daar is drie verse in die NT wat verklaar dat ons die tempel van die Heilige gees is. (; ; ) Wanneer ʼn mens hierdie skrifgedeeltes in konteks lees dan praat Paulus elke keer met ʼn ander gehoor. In praat Paulus met die Korinte gemeente oor sektarisme en divisie. M.a.w. die kerk in die lokaliteit. By praat Paulus met die individu wat hoereer. In praat Paulus weer met die gemeente van Korintiërs, maar eintlik is hy besig om met die universele kerk te praat om hulle te weerhou van afgodery en heilig te wees.
By die Fees van Tabernakels lig die Priester ʼn Etrog (citrusvrug) in sy hand op, en wys dit in die vier windrigtings, hemel en aarde en verklaar die heerskappy van God oor alles. ʼn Citrus is ʼn unieke vrag want dit is ʼn sel binne ʼn sel, binne ʼn sel. Die Jode verduidelik dat die Etrog ʼn simbool is van kerk - Jood en heiden saam verenig in ʼn nuwe entiteit.
Kerk is dus: Jy as individu. Maar jy is deel van ʼn liggaam in jou lokaliteit of dorp, en saam is ons kerk in die universele liggaam. Wanneer ons die een misken is daar nie meer eenheid nie. 'n Gemeente waar mense lidmate is sonder dat hulle waarlik weergebore is lei tot sakralistiese sisteem. ʼn Gemeente wat hulself isoleer van die groter liggaam van Christus staan die gevaar om sektaries te word. ʼn Individu wat hom of haarself van ʼn lokale liggaam isoleer is sonder beskerming en veiligheid. Elke gelowige moet hom/haarself onderwerp en deel wees van 'n liggaam wat nie perfek is nie, want in die proses groei ons geestelik. Om vir welke rede jouself te isoleer is ʼn vorm van trots en meerwaardigheid, en ʼn soeke na eie gewin. () Die groei vind plaas wanneer ons deur ons verskille werk, en voortdurend kies om by mekaar bly.
Een van God se primêre voorsiening aan ons behalwe die uitstorting van die Heilige Gees, is die Liggaam van Christus. Vir God om mens te word het Hy 'n liggaam nodig gehad. () Die alomteenwoordige, Almagtige en Alwetende God, kom woon in 'n menslike liggaam! Dis Sy eerste groot liefdesdaad aan ons! Sy inkarnasie! () Hy het 'n liggaam nodig gehad om goed te kan doen aan die mensdom, siekes te genees, die mag van die bose te verslaan, en vir die wees en die weduwee, en armes om te gee. Geen enkele mens kan vandag volledig Jesus alleen wees nie. Indien daar wel weer so iemand is, sal ons die persoon verheerlik. Jesus word vandag vlees deur Sy kerk. Die kerk is Sy liggaam. Die volheid van God is geopenbaar in Sy liggaam. (; ; ; ) Ons het ook 'n liggaam nodig om God se wil te doen. Ons kan nie die Koninkryk van God laat kom op aarde soos wat dit in die hemel is sonder 'n liggaam nie.
Net soos Jesus moet ons, onsself verneder en die gedaante van 'n dienskneg aanneem en mense begin dien () en deel word van 'n liggaam. Elke mens het 'n liggaam gekry wat ons moet versorg en oppas. Hierdie liggaam is só wonderlik, dokters moet jare studeer om een deeltjie te verstaan. Ons reduseer die liggaam van Christus tot 'n Sondagbyeenkoms. Kerk is God se Genialiteit. Ons sal eers werklik in die ewigheid die volheid van Sy liggaam te volle verstaan. Sommige mense is oorgewig, oefen glad nie, eet verkeerd, werk te hard, en gee hulleself oor aan verslawing. Hulle liggame derhalwe gaan vinnig agteruit en affekteer hulle beweeglikheid. Hulle kan later nie meer doen wat die liggaam voor gemaak is nie. Hulle sien nie die waarde van hulle liggame in nie. Baie gelowiges maak dieselfde fout. Omdat ons nie Sy liggaam onderskei nie. ()
Verhoudinge is gekompliseerd. (Messy) Verhoudinge verg aandag, tyd, opoffering, deelname, harde werk. "'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees" Ons het ook 'n gesonde liggaam/kerk/gemeente nodig om geestelik gesond te wees. Hierdie is so 'n diep geheimenis, die vyand weerhou ons ook om dit te sien! Want ons voorsiening en gesondheid is opgesluit in 'n liggaam. God het nooit bedoel dat die Geestelike Leier die versorging van die kerk alleen moet dra nie. (, ) Ons gee om vir mekaar!
Die heerlikheid van die liggaam is diversiteit. Elkeen het 'n ander bediening, fokus en bestaansreg maar alles ter wille van die liggaam. Die oog bestaan om te kan sien te wille van die liggaam. Dis juis hierdie andersheid wat die meeste groei in ons werk. Rick Joyner vertel die storie waar 'n sekere man, homself teen hulle bediening uitgespreek het. Hy het selfs 'n webtuiste teen hulle bediening begin. Die Here werk toe in hom, om vir die man te begin bid. Die Heilige Gees sê toe dat hy die Here moet begin dank vir die man. Maar hoekom? Hoe is dit moontlik? Toe besef hy; sedert die man se opposisie het hulle bediening meer bedag geraak op wat hulle sê, en hoe hulle dit sê. Die persoon wat jy soms die minste van hou, is die werktuig wat God gebruik om jou die meeste te verander. Soms wil die oog die liggaam oordeel omdat hulle nie sien nie, maar hulle het bes moontlik 'n ander funksie. Laat elkeen sonder murmurering hulle funksie vervul. Ons voel soms; "net ek maak opofferings." Moet eerder nie vergelykings maak nie, dien jy die Here. () Daar is geen manier hoe jy jou van die liggaam kan afskei en distansieer nie. Alleenlik sonde, iemand wat divisie saai, en van die gesonde leer afwyk kan vermy word.
Geen sel in die liggaam kan buite die liggaam bestaan nie. Ons het mekaar nodig. Lees gerus hierdie pragtige artikel 'n opsomming van een van die hoofstukke in Macolm Gladwell se boek, Outliers oor die Rosetta effect, 'n klein Italiaanse gemeenskap in new York. http://yocuzlawyers.com/2011/06/the-roseto-effect-the-valley-of-the-roses/ Die Waarde van familie en gemeenskap kan fisies bereken en gesien word.
God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. () NV Die woord julle is ‘n kollektiewe voornaamwoord en kan vertaal word Christus onder julle en in julle. Christus is in jou maar daar sal nooit weer ‘n Christus in Sy volheid in een persoon gemanifesteer word nie. Christus se volheid kan alleenlik deur ‘n liggaam van mense verheerlik word. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. () “As the new wine is found in the cluster, And one says, ‘Do not destroy it, For a blessing is in it,” ()
Daar is net een liggaam. () Die heerlikheid van God is alreeds opgesluit in Sy liggaam ons kan net in die volheid van hierdie heerlikheid leef wanneer ons die Christus in mekaar raaksien en die gawes in mekaar ontsluit. Soos Jesus gebore was in ‘n liggaam wat moes opgroei alvorens die tyd sou aanbreek vir Sy bediening so is die kerk in ‘n proses van voorbereiding tot die finale uur van haar glorie! Net soos mense Hom nie wou erken of aanvaar nie en uiteindelik kruisig sal die kerk haar grootste heerlikheid bereik in haar donkerste uur. Mag God jou oë open soos Petrus sin om die verlossing in Sy kerk raak te sien!
Question: Can I be a Christian without joining the church?
Answer: Yes, it is possible. It is something like being:
A student who will not go to school.
A soldier who will not join an army.
A citizen who does not pay taxes or vote.
A salesman with no customers.
An explorer with no base camp.
A seaman on a ship without a crew.
A businessman on a deserted island.
An author without readers.
A tuba player without an orchestra.
A parent without a family.
A football player without a team.
A politician who is a hermit.
A scientist who does not share his findings.
A bee without a hive.

Jy is deel van die ligaam as jy:

- Wedergebore is in Christus
- 'n leefwyse leef van voortdurende selfverloëning
- Iemand dien
- Jou deel bydra te wille van die koninkryk
- Jou roeping uitleef
- Jy vermenigvuldig.

Hierdie broederskap, en familie wees is baie dieper as dienste bywoon, en lidmaatskapkaartjies.

- AS een lid ly, ly die hele liggaam (; )
- Gelyke sorg vir mekaar ()
- Goddelike Konneksies (Petrus en Kornelius ) (annanias en Paulus ) Phillip en die hofdienaars van Ethiopië.
- Ken mekaar na die Gees: Jesus sien Natanael ; Ananeas profiteer wat Paulus gaan moet ly ()
- ‘n geestelike eenheid, wat nie van lokaliteit beperk is nie. ()

The Number 150

In a recent study done by Dr Dunbar, he has found that there is a direct relationship between the size of a mammal brain and the size of the social group of that mammal. He even came up with a scientific formula, based on studies of animal behaviour that suggest in relation to the size of the brain and specifically the Neo-cortex of a certain mammal, the maximum size of the social group of this mammal. The maximum number for humans is 147.8 or 150. In anthropological studies this number pops up everywhere, in what scientist say is the ideal functioning size of a group. When a group or unit gets bigger than 150; complicated hierarchies, rules and regulations is needed to maintain cohesion and loyalty.
Jesus had 12 disciples, he send forth a team of 70 () and 120 gathered at the upper room, waiting on the Promise of the Holy Spirit. (). Large crowds often followed Jesus, 5000 were fed, and 3000 got saved on Pentecost. It is thus difficult to determine a specific magic number biblically. But what we do know; when it came to preaching the gospel large crowds was drawn, but when they met as a church, they met in houses. Although the church grew quickly, it seemed that the apostles kept the units small to preserve the unity and natural dynamics of a small group. It is easy to hide in a big congregation and to fall into the trap of just attending services. But the growth that the body supplies according to is seriously lacking. People grow spiritually more in a small church, because people know one another, and cannot hide, and they rely heavily on each other, so there is no passivity.
Ek dank God dat Hy Sy kerk bou en dat ons die realiteit sien van wat hierbo verduidelik is! Regoor die wêreld word ware Bybelse, akkurate kerke en maatskappye van mense opgewek, aangesien ons met 'n onthulde gesig, wat Hom soos in 'n spieël beskou, verander van heerlikheid tot heerlikheid in Sy volheid.
God bou die kerk ... 'n kerk wat nie deur die mens beheer word nie, en nie deur die mens beskerm word nie, maar deur Sy Gees beheer word!
Laat almal wat 'n oor het, hoor wat die Gees van die Here sê!

Gees van Vervreemding:

Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen
Een van die grootste hindernisse vir mense om hulleself deel te voel, van die liggaam van Christus is vervreemding. Ons voel nie tuis nie. Ons pas nie in nie. Dit of dat is nie volgens ons smaak nie. Ek is tussen mense, maar voel nog steeds alleen. Hierdie gevoelens is gebaseer in of ons eie sonde en tekortkominge, of die van oortreders wat ons alreeds baie seer gemaak het.
Dit is wesenlik belangrik om reg van die begin af te verstaan, dat hierdie gevoelens satanies van aard is. Ja soos twyfel, is satan self die agent en oorsprong van hierdie gedagtes en gevoelens. Jy dink dit is wat jy voel, maar dit is ‘n aanslag van die vyand om jou te verwyder van juis God se rykste voorsiening aan jou. Ons voorsiening, maar ook ons opgroei in volwassenheid is in Sy liggaam, familie opgesluit.
John Ortberg wrote about a world where everybody did what they should all the time. It would be a world where "all marriages would be healthy and all children would be safe. . . Israeli and Palestinian children would play together on the West Bank. Their parents would build homes for one another. . . Disagreements would be settled with grace and civility. . . Doors would have no locks; cars would have no alarms. Schools would no longer need police presence or even hall monitors. . . Churches would never split. . . Divorce courts and battered-women shelters would be turned into community recreation centers. Every time one human being touched another, it would be to express encouragement, affection, and delight. No one would be lonely or afraid."
Die waarheid is: Ons almal droom oor hierdie perfekte wêreld, maar niemand van ons is gehoorsaam om reg te doen en te leef nie.
1) Neem geestelike outoriteit oor hierdie gedagtes, () Soos wat Jesus satan se leuens verslaan het met die Woord () onmasker jy satan se plan, en bely die woord soos: “I am well-accepted in the beloved” .
2) Jy gaan dan in die geloof, en maak jouself deel, op grond van Sy geregtigheid, en die feit dat Hy jou alreeds deur die kruis versoen het, en deelgemaak het. ()
3) Dien iemand met wat jy van Jesus ontvang het. Deel uit, gee! “verniet het jy ontvang, verniet moet jy weer uitgee. () Ons het alreeds die vrug van die Gees ontvang, hierdie vrugte raak, meer, hoe meer ek dit deel en uitgee. Dieselfde geld vir die gawes van die Gees. Die gawes is nie vir jou nie, maar vir die in nood om jou.
4) Ons soek nie die erkenning, aanvaarding, eer van ‘n mens nie, maar van God. ()
5) Ek is wat ek is deur die genade van God. ()
Related Media
See more
Related Sermons
See more