Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.11UNLIKELY
Fear
0.11UNLIKELY
Joy
0.08UNLIKELY
Sadness
0.7LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0.09UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.09UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Teen die agtergrond van die politieke tyd waarin Jesus geleef het, het die groepering waaraan jy behoort het jou lewe, gerief, toekoms bepaal.
Mense is uitgeken as Galdeërs, Romeine, Jode, Samaritane, soldate, ambagsmanne, vissermanne, fariseërs, en skrifgeleerdes, vrouens, kinders en slawe.
Elkeen in ‘n klas van sy eie, wat nie meng nie.
Elke groeperinge het ook nog sy interne politiek en wedywering gehad.
Nuwe voorwaardes vir insluiting:
Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Ons word insluiting aan Sy familie en sirkel is nie:
gegrond van ons geregtigheid nie:
Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie ().
Of die geregtigheid van die regte familie nie:
En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom ().
Al het ons niks om Hom te gee nie.
Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God ().
gaan nie gepaard met groot aansien, of uiterlike tekens en wonders nie.
“Daar is nie tekens wat vir ’n mens kan wys wanneer hierdie nuwe ryk van God begin nie.
21Dit sal ook nie so wees dat mense kan sê: ‘Kyk dit het nou hier begin!’ of ‘Dit is daar aan die gang’ nie.
Want die nuwe ryk van God is hier by julle waar julle is.” ( Die boodskap)
Selfs nie die beste godsdiens pogings nie.
Net die wat gehoorsaam is.
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is ()
Die arm van die vlees kan dit nie vermag nie.
dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie ().
Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
()
Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind ().
Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! ()
Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?
Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik ().
Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan ()
ONTVANG Sy geregtigheid:
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word ().
Sy geregtigheid kan net soos ‘n kind ontvang word, in afhanklikheid.
Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee ().
maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy ().
TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees ()
Gebore uit onverganklike saad:
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie ().
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is ().
want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly ().
Nuwe Definisie van ONS:
En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom ().
Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan.
Hy het self verklaar dat 'n profeet nie in sy eie land geëer word nie, maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom.
Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die paasfees ()
“'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.” .
Wanneer jy en jou vrou baklei en stry is dit baie keer omdat een buite die sirkel staan.
ons gebruik JY en JOU taal.
Verbondstaal is “ONS”.
As ons hierdie woord gebruik forseer dit ons om anders te dink.
Ons haal onsself so baie keer uit die sirkel.
Of ons laat mense nie toe in ons sirkel nie.
Wie is my naaste?
Wie is die ons?
Jesus leer ons dat ons dieselfde vir ’n vreemdeling doen as wat ons vir die binne die sirkel sal doen.
Die man het gedoen, wat familie vir hom sou doen - en hy was ’n vreemdeling, in teen deel hy was van ’n totale ander stand en ras.
Hoe definieer jy jou ONS? Hoe definieer ons kerk - ONS? Sien ons die plek waar ons bly as “ONS” dorp?
Die mense van ons dorp as “ONS” mense.
(VERDEELDHEID) Dis baie gevaarlik om van binne ’n kollektiewe raamwerk van “hulle” the praat terwyl God net een “ons” sien.
Bv.
- Binne een nasie, praat ons van hulle.
- Binne die universele kerk praat ons van ’n ander kerk as “hulle”.
- Binne die raamwerk van die Christelike kerk in ’n lokaliteit, praat ons van ander gemeentes as “hulle”.
- In ’n maatskappy praat ons van die bestuur as “hulle” die bestuur praat van die mense as “hulle”.
- In ’n huwelik praat ons van Jy en Jou, myne.
“Hulle” bring skeiding in jou denke, en veroorsaak isolasie.
Jou perspektief raak eensydig.
Jy kyk net vanuit een perspektief, en verloor objektiwiteit.
Wanneer ons praat van “hulle” is dit nie lank nie of ons gee “hulle” ’n etiket.
(LABELING) () Noem mekaar name.
Jy is altyd so, en jy maak altyd so, en jy doen dit nooit nie.
Jy (DEMONISEER) die ander persoon as altyd verkeerd en boos, wat eenvoudig nie die waarheid is nie.
Terwyl jy jouself as die engel voorstel, wat ook nie die waarheid is nie.
Later sien ons net die etiket en nie die mens agter die etiket nie.
(DEHUMANISERING)
(LIEFDELOOS) Wanneer ons praat van hulle kan dit lei tot trots - Ons disassosieer met die route en sonde van ’n groep, en plaas onsself op ’n beter/hoër/verhewe plek.
Gevolglik verloor jy jou stem by daardie groep.
Hulle beleef jou as (TROTS), hooghartig, en beterwetig.
Hulle voel die skeiding aan - en beleef dat daar nie meer liefde is nie.
Sonder liefde het jy jou stem tot daardie groep verloor.
()
(VIKTIMISERING) () “Jou gek” Dis is natuurlik dat wanneer jy net fokus op ‘n persoon se foute, en net dit raaksien dat jy op so persoon gaan pik.
Jy is negatief ingestel teenoor so ‘n persoon, en het ‘n outomatiese renons.
Jy (DISASSOSIEER) jouself van die persoon.
In ‘n huwelik is dit bitter gevaarlik want die gevolg is:
(STONEWALLING) Ontoeganglik, hard, en gemeen.
(CONTEMPT) Veragting, minagting, versmading – parmantig
(CRITISISM) Veroordeling, oordeel, afkeuring
PRAKTIES:
1) Probeer om positiewe en menslike eienskappe by die ander groepering te identifiseer.
Dis die begin van “EERBIED” en “RESPEK”.
2) Versprei die inligting - Praat positief ()
3) Bid vir jou vyande - Wanneer jy bid kry jy weer God se perspektief op die persoon.
()
4) Wees lief vir jou vyande - gaan dien en bedien mekaar
5) Wanneer jy iets teen jou broer “ONS” het – gaan konfronteer die probleem en praat dit uit.
( en )
6) Wanneer jy agterkom jou broer het iets teen jou, los jou offer en gaan maak eers reg.
– ()
Wanneer ons as mens begin fokus op ons verskille, verdeel ons die mensdom in groeperinge ons bou grense en mure, ons verloor ons volwassenheid om goddelik en objektief na die mensdom te kyk ons raak (KLEINLIK) en (ONVOLWASSE) en verloor outoriteit om inspraak te hê tot die mensdom.
Ons verloor (TOEGANG) en ons (ISOLEER) onsself.
Hy was onpartydig
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9