Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.11UNLIKELY
Disgust
0.1UNLIKELY
Fear
0.11UNLIKELY
Joy
0.46UNLIKELY
Sadness
0.68LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.12UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.08UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Religion can put new clothes on the man, but Christ puts a new man in the clothes.
Die vyandskap tussen godsdiens en geloofslewe bestaan vanaf die eerste mens.
Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie.
Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig.
“Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom.
“Hoekom hang jou gesig?
Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie?
Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas!
Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.”
(; ) NLV Later wys Paulus dit vyandskap duidelik uit tussen die seun van die belofte deur die gees, en die seun van die vlees.
Destyds het Ismael, die kind wat op die gewone manier gebore is, vir Isak, die kind wat deur die Gees van God gebore is, vervolg.
Net so gebeur dit vandag nog ().
DLB
Dit is uiteindelik die godsdiens sisteem en regering van die dag, wat Jesus gekruisig het.
Hierdie duiwelse drie-eenheid is sigbaar deur die skrif.
Die anti-chris en die suurdeeg van Herodus: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.”
()
LET WEL BEIDE HIERDIE LERING SE EINDDOEL IS VERVOLGING EN UITWISSING: Herodus het Johannes laat dood maak.
En die Fariseërs het Jesus laat dood maak.
Die gees van valse godsdiens en die gees van nasionalisme regverdig dat onskuldige mense tot die dood veroordeel word, om hulle misleiding te handhaaf en te volvoer.
Hulle word die messias wat red, en alles regmaak.
Deur die geskiedenis is die mense verpletter deur die magsug van hierdie diktators en regeerders wat hulleself aanstel as die verlosser van die mens.
Wêreld Regering: Kus het ook ’n seun gehad met die naam Nimrod.
Hy was die eerste mens wat met geweld oor ander geregeer het () Mens-aanbidding: “Kom ons bou vir ons ’n stad met ’n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons ’n naam.
Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.” ()
Die dier met die 10 Horings: met die gesig van die Luiperd, Beer en die Leeu:
Die see is dikwels ’n simbool van die nasies van die aarde.
Die kerk as nasie van God () staan teenoor die nasies van die aarde.
In die nasie van God werk die Gees van God, maar in die nasies van die aarde werk die gees van die draak.
Die regerings van die nasies staan teenoor die regering van God.
“Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” ().
Tien horings –tien krone (13:1) Die dier het volledige mag (tien horings en tien krone).
Dit verteenwoordig die regerings van die aarde.
Dit strek van Nimrod in tot by die regerings van vandag.
In sê God vir Samuel: “Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”
In Daniël 7 sien Daniël ’n soortgelyke gesig.
Hy sien die see in beroering en vier groot diere daaruit opklim ().
Die een soos ’n leeu, die ander soos ’n beer, die derde soos ’n luiperd en die vierde dier “vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad” (v. 7).
Enige vorm van Nasionalisme en selfbeskikking van een nasie, ten koste van ‘n ander, is geweldpleging, en ‘n onreg teen God se skepping.
Die dier uit die AARDE:
Twee horings soos ’n lam () Net soos die eerste dier eerder ’n sisteem is as ’n individu, so is die dier uit die aarde ook eerder ’n sisteem en nie ’n individu nie.
Hy het slegs twee horings en nie tien soos die dier uit die see nie.
Dit is ’n aanduiding van sy ondergeskiktheid aan die dier uit die see.
Hierdie dier het beperkte magte.
Hy lyk soos ’n lam, maar as hy praat, praat hy met die stem van die draak.
Die draak-lam se modus operandi en doel word duidelik uitgespel: “En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid,
Die draak-lam het hoofsaaklik ’n godsdienstige rol om te vervul.
Hy maak daarop aanspraak dat hy die waarheid verteenwoordig en onskadelik is, maar sy spraak gee hom weg as gesant van die Satan.
In sekere sin is die draak-lam ’n antichris of pseudo-christus.
Hy doen hom voor as ’n alternatiewe of “ander” Christus.
In 95 n.C. het vals godsdienste die mense bedwelm in samewerking met die keiserlike beamptes.
Die keiser is aanbid met groot seremonie onder toesig van die regeringsbeamptes.
Die draak-lam rokkel die mense se fokus van God af en plaas dit op die wêreldstelsel van die dag.
Dit is nie ongewoon om die vergodsdiensing van regerings te sien nie.
Die Britte sing: “God save our gracious Queen / Long live our noble Queen / God save the Queen / Send her victorious / Happy and glorious / Long to reign over us / God save the Queen.”
Die Russe verwys na “Holy Mother Russia”.
Om ’n Slawiër te wees, is om Russies-Ortodoks te wees.
Om ’n Slawiër te wees en nie Ortodoks nie word gesien as verraad teenoor die Slawiese kultuur.
In die ou Suid-Afrika het ons gesing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika.”
In Ierland is die oorlog tussen die Protestante en Katolieke ’n diepgewortelde bitterheid.
Die draak-lam het rooi kruise geverf op die skilde van soldate in die Middeleeue en die regerings ondersteun terwyl hulle die verskriklikste wreedhede gepleeg het.
[1]
WAARSKUWING TEEN DIE GEES VAN DIE WÊRELD
Jesus se lewe en bediening is lynreg gerig teen die Wêreld en Godsdiens Regering van die dag:
Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?
()
Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is ()
“Moenie in my pad staan nie, Satan!
Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.” ()
Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie ()
Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is.
()
Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou ()
Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie ()
Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom.
Hy het geen mag oor My nie ()
As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat.
()
In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
()
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
()
Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie?
Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie.
Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.
(, )
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug ()
WAARSKUWING TEEN GODSDIENS
Die Gees van die Wêreld is makliker onderskeidbaar, want dit staan lynreg teen die waardes, en metodiek en werkwyse van die Koninkryk.
Om valse godsdiens te onderskei is baie moeiliker want dit teer op die begeerte en behoefte wat mense het om God te behaag, en te verheerlik.
Dit is werklik hartseer om pragtige gelowige mense te ontmoet, wat prooi geval het van ‘n sekte, ‘n godsdiens groepering wat fokus op metodes, rites, en reëls gegrond op die Woord, maar sonder die gees van Christus.
Feitlik die hele NT apostoliese briewe is geskryf om te waarsku teen misleiding, valse christusse (), valse lering (), valse profete (, ; ); valse apostels (); valse tekens en wonders ()
HOE HOU ONS KOERS IN WAARHEID?
Fondasie van Christus: Waarheid is ‘n persoon!
Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
() Die doel van alle bediening is om Christus verwesenlik in elke lewe te sien (, ; ; ; ; )
Volhard in die leer van die apostels: (Acts 4:42) om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.
() aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
() staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur ’n woord òf deur ’n brief van ons.
() goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het.
() een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê () MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas ()
Vrug van Geregtigheid en Heilige Gees: As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
() Dra dan vrugte wat by die bekering pas () So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte.
() So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
() Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
() vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9