Jesus Christus teenoor valse Godsdiens

Dagbreek 2019   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 13 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Religion can put new clothes on the man, but Christ puts a new man in the clothes.
Die vyandskap tussen godsdiens en geloofslewe bestaan vanaf die eerste mens. Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. “Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom hang jou gesig? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.” (; ) NLV Later wys Paulus dit vyandskap duidelik uit tussen die seun van die belofte deur die gees, en die seun van die vlees. Destyds het Ismael, die kind wat op die gewone manier gebore is, vir Isak, die kind wat deur die Gees van God gebore is, vervolg. Net so gebeur dit vandag nog (). DLB
Dit is uiteindelik die godsdiens sisteem en regering van die dag, wat Jesus gekruisig het. Hierdie duiwelse drie-eenheid is sigbaar deur die skrif. Die anti-chris en die suurdeeg van Herodus: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.” ()
LET WEL BEIDE HIERDIE LERING SE EINDDOEL IS VERVOLGING EN UITWISSING: Herodus het Johannes laat dood maak. En die Fariseërs het Jesus laat dood maak. Die gees van valse godsdiens en die gees van nasionalisme regverdig dat onskuldige mense tot die dood veroordeel word, om hulle misleiding te handhaaf en te volvoer. Hulle word die messias wat red, en alles regmaak. Deur die geskiedenis is die mense verpletter deur die magsug van hierdie diktators en regeerders wat hulleself aanstel as die verlosser van die mens.
Wêreld Regering: Kus het ook ’n seun gehad met die naam Nimrod. Hy was die eerste mens wat met geweld oor ander geregeer het () Mens-aanbidding: “Kom ons bou vir ons ’n stad met ’n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons ’n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.” ()
Die dier met die 10 Horings: met die gesig van die Luiperd, Beer en die Leeu:
Die see is dikwels ’n simbool van die nasies van die aarde. Die kerk as nasie van God () staan teenoor die nasies van die aarde. In die nasie van God werk die Gees van God, maar in die nasies van die aarde werk die gees van die draak. Die regerings van die nasies staan teenoor die regering van God. “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (). Tien horings –tien krone (13:1) Die dier het volledige mag (tien horings en tien krone). Dit verteenwoordig die regerings van die aarde. Dit strek van Nimrod in tot by die regerings van vandag. In sê God vir Samuel: “Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”
In Daniël 7 sien Daniël ’n soortgelyke gesig. Hy sien die see in beroering en vier groot diere daaruit opklim (). Die een soos ’n leeu, die ander soos ’n beer, die derde soos ’n luiperd en die vierde dier “vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad” (v. 7).
Enige vorm van Nasionalisme en selfbeskikking van een nasie, ten koste van ‘n ander, is geweldpleging, en ‘n onreg teen God se skepping.
Die dier uit die AARDE:
Twee horings soos ’n lam () Net soos die eerste dier eerder ’n sisteem is as ’n individu, so is die dier uit die aarde ook eerder ’n sisteem en nie ’n individu nie. Hy het slegs twee horings en nie tien soos die dier uit die see nie. Dit is ’n aanduiding van sy ondergeskiktheid aan die dier uit die see. Hierdie dier het beperkte magte. Hy lyk soos ’n lam, maar as hy praat, praat hy met die stem van die draak.
Die draak-lam se modus operandi en doel word duidelik uitgespel: “En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid,
Die draak-lam het hoofsaaklik ’n godsdienstige rol om te vervul. Hy maak daarop aanspraak dat hy die waarheid verteenwoordig en onskadelik is, maar sy spraak gee hom weg as gesant van die Satan. In sekere sin is die draak-lam ’n antichris of pseudo-christus. Hy doen hom voor as ’n alternatiewe of “ander” Christus.
In 95 n.C. het vals godsdienste die mense bedwelm in samewerking met die keiserlike beamptes. Die keiser is aanbid met groot seremonie onder toesig van die regeringsbeamptes. Die draak-lam rokkel die mense se fokus van God af en plaas dit op die wêreldstelsel van die dag. Dit is nie ongewoon om die vergodsdiensing van regerings te sien nie. Die Britte sing: “God save our gracious Queen / Long live our noble Queen / God save the Queen / Send her victorious / Happy and glorious / Long to reign over us / God save the Queen.” Die Russe verwys na “Holy Mother Russia”. Om ’n Slawiër te wees, is om Russies-Ortodoks te wees. Om ’n Slawiër te wees en nie Ortodoks nie word gesien as verraad teenoor die Slawiese kultuur. In die ou Suid-Afrika het ons gesing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika.” In Ierland is die oorlog tussen die Protestante en Katolieke ’n diepgewortelde bitterheid. Die draak-lam het rooi kruise geverf op die skilde van soldate in die Middeleeue en die regerings ondersteun terwyl hulle die verskriklikste wreedhede gepleeg het. [1]

WAARSKUWING TEEN DIE GEES VAN DIE WÊRELD

Jesus se lewe en bediening is lynreg gerig teen die Wêreld en Godsdiens Regering van die dag:
Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? ()
Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is ()
“Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.” ()
Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie ()
Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is. ()
Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou ()
Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie ()
Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie ()
As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. ()
In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” ()
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. ()
Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. (, )
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug ()

WAARSKUWING TEEN GODSDIENS

Die Gees van die Wêreld is makliker onderskeidbaar, want dit staan lynreg teen die waardes, en metodiek en werkwyse van die Koninkryk. Om valse godsdiens te onderskei is baie moeiliker want dit teer op die begeerte en behoefte wat mense het om God te behaag, en te verheerlik. Dit is werklik hartseer om pragtige gelowige mense te ontmoet, wat prooi geval het van ‘n sekte, ‘n godsdiens groepering wat fokus op metodes, rites, en reëls gegrond op die Woord, maar sonder die gees van Christus.
Feitlik die hele NT apostoliese briewe is geskryf om te waarsku teen misleiding, valse christusse (), valse lering (), valse profete (, ; ); valse apostels (); valse tekens en wonders ()

HOE HOU ONS KOERS IN WAARHEID?

Fondasie van Christus: Waarheid is ‘n persoon! Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is. () Die doel van alle bediening is om Christus verwesenlik in elke lewe te sien (, ; ; ; ; )
Volhard in die leer van die apostels: (Acts 4:42) om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. () aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het. () staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur ’n woord òf deur ’n brief van ons. () goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het. () een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê () MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas ()
Vrug van Geregtigheid en Heilige Gees: As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. () Dra dan vrugte wat by die bekering pas () So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. () So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. () Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. () vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God. ()
Die anatomie van ʼn akkurate geloofslewe dit is - dade van geregtigheid: Ons is gewikkel in ‘n stryd om ons geloof te behou. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. () Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. () Die fokus van satan en die wêreld is om jou te laat twyfel. Van die begin af vra satan; “het God waarlik gesê?” en toe hy Jesus versoek; “as jy die seun van God is”. Daarom moet ons ook onsself gedurig toets, of ons in geloof praat en optree of nie. () Want net geloof kan God behaag. () Dit wat nie uit geloof is nie is sonde! ()

JESUS ONTBLOOT DIE VALSHEID EN SKEINHEILIGHEID VAN GODSDIENS:

Jesus toon en bewys Sy liefde aan die mensdom, die siekes, die verlorenes, die wat deur hulle gemeenskap verstoot is, die vrouens, melaatses, die sondaars en tollenaars. Maar Hy toon geen genade vir die godsdienstiges nie: ; ; ; ; ,; ; ;
Daar is wel goeie tradisies en leerstellige waarhede (; ; ) Maar die oorleweringe van ‘n mens, dus die kultuur en wêreld en lewensbeskouing van die mens is gevaarlik (, , ; ; ; , )
1. Godsdiens leef vanuit die raamwerk van ’n fotobeeld van God. Terwyl in term van verhouding leef ek ’n rolprent.
2. Godsdiens probeer dinge doen om by God uit te kom, terwyl verhouding leef vanuit die realiteit dat jy alreeds by Hom is, en Hy in my.
3. Godsdiens is mensgerig, verhouding is Godgerig.
4. Godsdiens hou die reëls uit skuldgevoelens en vrees, verhouding hou die reëls spontaan en natuurlik uit liefde. In godsdiens dryf die reëls jou, in verhouding dryf liefde jou.
5. Kragteloos teen die vlees: mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. () Hierdie leerstellings het wel 'n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie ()
6. Fokus op klein opdragte, om die doen van die groot opdragte te vermy: Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas. Hy het verder vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuiwe en julle oorgelewerde gebruike in stand te hou. Moses het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’ Maar julle sê: ‘Iemand kan vir sy pa of sy ma sê: Enige gawe wat u van my sou kon kry, is korban,’ dit wil sê: 'n offergawe vir God. En so laat julle hom toe om hoegenaamd niks vir sy pa of sy ma te doen nie. So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het. Daar is ook nog baie ander sulke dinge wat julle doen. ()
7. Argumenteer, strydvrae mors tyd, en hou mense besig, sonder dat hulle enigiets godvrugtig doen. as op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. ()
8. Fokus op die magiese krag van voorwerpe: Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. ()
9. Hulle is altyd gekant teen enige vorm van emosie, en godsdiens wat nie volgens hulle eie reëls en metodes plaasvind nie - Maria ; ; ;
10. Lees
a. v13 Hulle het self nie verhouding met die Here nie maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God.
b. v16 Dubbelstandaarde
c. v23-24 Fokus op klein geskilpunte oor metodes, rituele maar leef nie in gehoorsaamheid, en gepaardgaande vrug nie.
d. v25-26 Fokus op uitwaardse dinge, maar kan niks aan die hart doen nie.
e. v28 Huigelaar, vals, skeinheilig Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is hulle huigelary.
f. v28 Minag die wet… die Hart en die diepte van die Wet… soos Jesus wat die eintlike betekenis vd wet verstaan en preek.
g. v43 Hou vd aansien van mense
h. v46 Plaas onhoudbare laste op die mense maar kom dit self nie na nie.
i. v52 want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en dié wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.”
j. Eksklusief, elitisme: ; ; ;
11. In wese is valse godsdiens mens-gerig, en daarom is daar altyd kompetisie, vergelykings, wedywerings, vleeslike vertoon, en vrees vir mense. As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, (). Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God. (,) Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word. ()
12. Fokus op die uiterlike vertoon as bewys van goddelike krag: Religion can put new clothes on the man, but Christ puts a new man in the clothes. Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid () Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie. () Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik (,)
13. Metodes, metodes, en nog metodus: Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei. Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte soos: “Hieraan mag jy nie vat nie!” “Daaraan mag jy jou mond nie sit nie!” “Daaraan mag jy nie raak nie!”? Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is om gebruik te word en te vergaan, en dit is maar net gebooie en leerstellings van mense. Hierdie leerstellings het wel 'n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie
14. Hulle is meer besorg oor die hou van die reëls as om werklik die mens te help. Hulle toon meer liefde vir hulle reëls as vir die toestand van die mens. Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla. .
15. Hoogmoed en trots: Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: () Hierdie self-geregtigheid lei uiteindelik tot trots, en isolasie.

AANBIDDING WAT GOD VERAG

Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. “Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom hang jou gesig? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.” (; )
“Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers! Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen!” ()
“Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien,’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie” ()
“You sing trivial songs to the sound of the harp and fancy yourselves to be great musicians like David.” ()
Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie. As julle kom om voor My te verskyn, wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het ’n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My ’n las, Ek is moeg daarvoor. As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek. ()
“Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie.” ()
So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies (; )

AANBIDDING WAT GOD BEHAAG

“But there is something I’m looking for: a person simple and plain, reverently responsive to what I say. Your acts of worship are acts of sin: Your sacrificial slaughter of the ox is no different from murdering the neighbor; Your offerings for worship, no different from dumping pig’s blood on the altar; your presentation of memorial gifts, no different from honoring a no-god idol. You choose self-serving worship, you delight in self-centered worship—disgusting! Well, I choose to expose your nonsense and let you realize your worst fears, Because when I invited you, you ignored me; when I spoke to you, you brushed me off. You did the very things I exposed as evil, you chose what I hate.” ( en , ) Message
“Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat, om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie? Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arme en swerwer kos en blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van medemense wat jou hulp nodig het nie?” Jesaja 58:6-7 NLV
“For I desire and delight in dutiful steadfast love and goodness, not sacrifice, and the knowledge of and acquaintance with God more than burnt offerings.” (; ; ) Amplified
“God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom in ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid.” (Johannes 4:24)
For it is we who are the circumcision, we who worship by the Spirit of God, who glory in Christ Jesus, and who put no confidence in the flesh ()

HOE HANTEER ONS DIE GEES VAN GODSDIENS?

Aan hulle eise het ons egter nie 'n enkele oomblik toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie vir julle gehandhaaf sou word.
Die eeu-oue strategie van die vyand is, om die kerk te infiltreer met die valshede, mensgerigte wysheid, wat reg klink... maar nie die gees, bedryfstelsel en werkswyse van die koninkryk-regering stelsel van God verstaan nie of respekteer nie. Inteendeel hulle hoon en maak ‘n bespotting van dit wat heilig is.
Net die Heilige Gees kan die Ware Jesus openbaar en ons lei, om Hom te volg, op ‘n daaglikse reis van self-verloëning, self-kruisiging, en opstanding in Christus Jesus ons Here en verlosser!
[1] Openbaring ontsluit (eBoek): n Verrassende perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans Edition) Riekert Botha
Related Media
See more
Related Sermons
See more