Die Ewige Jesus

Dagbreek 2019  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 7 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
You must live in the present, launch yourself on every wave, find your eternity in each moment. Henry David Thoreau
Mens kan nie die ewigheid verstaan, vanuit ‘n liniêre tydsbegrip nie. Die storie van die voëltjie wat elke dag sy bekkie slyp op die diamant so groot soos die aarde, is ‘n liniêre storie met ‘n begin en ‘n einde. Die ewigheid het nie ‘n begin of einde nie. Alhoewel daar ‘n tydsverloop is, is tyd ook soos dimensies bo op die ander. Verlede, hede en toekoms te selfde tyd. Die skepping is volgens Einstein se relatiwiteit teorie ‘n onlosmakende verhouding tussen ruimte en tyd.
Die Bybel praat telkemale van ‘n realiteit ‘voor die skepping’. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe.
EWIGHEID IN SY NAAM:
Die werkwoord in die naam van God kan op verskeie manier interpreteer word. "Ek is wat ek sal wees," "Ek is wat ek was," "Ek is wat ek is." ; . Jesus beklemtoon die woordspeling: , , ; “Dít verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.”
Daar is twee sienings onder Christene oor tyd en ewigheid. Augustinus sien die ewigheid as ‘n tydlose en Nie-lineêre realiteit. Newton sien die ewigheid as lineêre tyd met geen begin en geen einde nie. CS Lewis verduidelik ewigheid pragtig deur ‘n lyn op ‘n stuk papier te trek. Die papier is God, net soos die lyn in die papier ook in God is. Dus is beide perspektiewe waar.
Let op die werkwoord in die sinnetjie waar Jesus oor Homself praat: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie. Jesus leef dus alreeds in ‘n ewige realiteit, terwyl Hy ook op aarde in ons tydvlak ruimtelik geleef het. Die gebed: “Laat u koninkryk kom en U wil geskied, hier op aarde soos wat die in die hemel is” is ‘n gebed dat die ewigheid realiteit van God ons aardse
JESUS IS EWIGE GESONDHEID:
Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. en wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. Soek die gesondmaker, nie die gesondmaking. Om by Jesus te wees, en Hom te ontvang, is om gesondheid te ontvang. Ons is die meeste gesond, wanneer ons die meeste soos Jesus leef. Van die mees gesondste mense wat ek ken, het ‘n fisiese gebrek.
JESUS IS DIE EWIGE LAM GESLAG:
Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.
‘The Lamb slain from the foundation of the World’. ( )
omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.
DIE EWIGE KARAKTER VAN GOD
Ek het jou ’n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
EWIGE WYSHEID
“Die Here het my geskep, Hy het met my begin;
ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede.
Ek is lankal daar, van die begin af,
voor die aarde daar was.
Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie,
toe daar nog nie fonteine vol water was nie.
Voor die berge hulle plek gekry het,
voor die rante het ek al gekom,
voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het,
voor Hy selfs die eerste grond gemaak het.
Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het,
toe Hy die horison oor die see afgemerk het,
toe Hy die wolke daarbo gesit het,
die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.
Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het,
die waters aan sy wil onderwerp het,
toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het.
Ek het my kennis by Hom gekry,
ek was elke dag sy vreugde;
die hele tyd het ek dit by Hom geniet.
Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het,
die mense was vir my 'n vreugde.
Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,
DIE EWIGE NOU:
Hy is aan die begin en die einde op dieselfde tyd. Soos een teoloog dit stel "God is onmiddellik en terselfdertyd bewus van alle gebeure. God beleef die ‘verlede', die 'teenwoordige', en 'toekoms,' as een.' " Dit gooi vars lig op die verklarings in Openbaring dat Jesus Christus die begin en die einde, die Alpha en die Omega, en Eerste en die laaste is. ; ; , . Dit is nie dat Christus eerste is die Alpha en dan later die Omega. Dit is dat Christus die alfa en Omega, die begin en die einde, alles op dieselfde oomblik is. Hoe? Want die lyn van tyd bestaan binne hom.
DIE EWIGE KERK:
die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is
‘N EWIGE EVANGELIE:
’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
SY EWIGE WERKE:
alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
EWIGE KONINKRYK:
beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur.
EWIGE BESTEMMING EN SKEPPINGSDOEL:
soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, We are His workmanship, created in Christ Jesus for good works, which God prepared from the beginning of the World, that we should walk in them’. ()
Afleidings en gevolgtrekkings:
- Jesus is nie ’n reddingsboei wat einde ten laaste in die water gegooi is nie.
- Jesus se boodskap en lewe is ewig… deurstaan die tyd toets.
- Onveranderlike Karakter van God. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”

Hierdie Ewigheid is ook in ons:

Wanneer Jesus die ewige in ons woon, maak Hy ons lewe, tydloos, onverganklik, en gee ons ewige lewe. ‘maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.’
want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,
maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
Met wedergeboorte begin ons ewige lewe, en is sterwe vir ons wins. Dood het sy angel verloor. Mense is behep om hulle verganklikheid te probeer regmaak met plastiese chirurgie, laser behandeling en wat nog meer. Tog is daar geen middel wat jou ewige lewe gee nie. Onverganklikheid is in Christus alleen!
WAT MOET EK DOEN OM DIE EWIGE LEWE TE BEËRWE?
Die ryk jongman:
EN daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê? (; ; .) En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort — gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.
Die Wetsgeleerde:
EN daar het ’n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? Jesus vertel aan beide die persone die groot gebod: Jy moet die Here liefhê met jou hele hart siel krag en verstand, en jou naaste soos jouself. Daarna toets die Here hulle liefde, deur te verwys na hulle dade. Jesus antwoord die wetgeleerde met die storie van die barmhartige samaritaan.
DUS: Die Here soek ewigheid in ons harte. Soos wat hy Homself gee as die EWIGE GEWER, wil Hy hê ons moet ook soos Hy liefhê en onsself gee. Die EWIGE LEWE is meer as ‘n destinasie, dis ook ‘n leefwyse, van lewe gee. Die ryk jongman moes alles verkoop en sy lewe gee. Die wetsgeleerde, fariseër, en Leviet loop by die man verby, en regverdig hulle distansie agv die feit dat die man ‘n samaritaan is. Hy is soos wat Christene vandag teenoor Moslems voel. Jesus wil vir ons die EWIGE LEWE GEE.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
JESUS IS DIE EWIGE LEWE – HY IS LEWE.
Johannes se Evangelie beklemtoon 21 keer Jesus as die Ewige Lewe. En in feitlik al die verwysings, word geloof gehoorsaamheid as voorwaarde voorgehou. AS jy Jesus leef raak jou lewe onverganklik.
So word Maria onthou vir haar liefde aan die Here, toe sy, Sy voete salf met olie.
(; ; ) Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar. Die Bybel is ‘n versameling verhale van mense wat hulle lewe in gehoorsaamheid aan die Here oorgegee het, en wie se stories ons vandag nog onthou en bespreek.
Deur Jesus te gehoorsaam, en presies te doen wat Hy sê, raak ons aan onverganklikheid. so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
Related Media
See more
Related Sermons
See more