Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.1UNLIKELY
Fear
0.1UNLIKELY
Joy
0.12UNLIKELY
Sadness
0.67LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0.01UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.12UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.1UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Die Goeie Rede
Inleiding:
Net voor Jesus Sy dissipels verlaat gee Hy ‘n laaste instruksie.
Die dissipels wil weet wanneer die Koninkryk van Israel herstel gaan word.
Miskien nou?
Jesus sê dat net die Vader weet wanneer dit gaan gebeur.
Verder belowe Jesus dat hulle, die dissipels, krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom.
En daar gaan Hy - in ‘n wolk, op en op en weg.
Ek hou baie van vlieg.
‘n Dag by ‘n lugskou laat my vir ure lank in die lug inkyk.
Ek raak nie verveeld nie.
Ek raak nie verveeld nie.
Ek verwonder my aan die vliegtuie.
Ek verwonder my aan die vermoëns van die vlieëniers.
Die dissipels se verwondering was effe anders.
Hulle is gewoond aan wonderwerke.
Hulle het verskeie kere in die vorige drie jaar in verwondering gestaan.
Hoe meer ek die Bybel lees en van Jesus leer, hoe meer glo ek dat Hy seker maak dat jy rede het om te wonder.
“Wat maak Jesus nou?”
“Wat gaan Hy volgende doen?”
Glo jy dit?
Jy sien, daar was deur die geskiedenis van die mensdom verskeie mense wat die verwondering-dinge ervaar en wat sê: “Daar moet ‘n menslike logiese verklaring wees”.
Die Verbasing van die Dissipels
Die Aanmoediging van die Engele
Ons Goeie Rede om die werk van die Kerk van Jesus Christus voort te sit totdat Hy terugkom is:
“Niks wonderliks nie”.
Ek hoop jy lewe in afwagting:
“Wat maak Jesus nou?”
“Wat gaan Hy volgende doen?”
Ons is besig met so ‘n mini-reeks oor die “Goeie Kerk”.
Die Goeie Kerk bestaan uit:
Die “Goeie nuus” - Heilige Plan
Die “Goeie Gees” - Heilige Krag
Die “Goeie Geheim” - Wanneer kom Jesus terug?
Die “Goeie Opdrag” - Maak dissipels
Vandag - “Die Goeie Rede”.
Ons Goeie Rede om die werk van die Kerk van Jesus Christus voort te sit totdat Hy terugkom is - “Omdat Jesus terugkom”.
Hoekom moet jy wil aanhou werk aan die kerk?:
Jesus het weggegaan
Die Dissipels is in verwondering
Die Engele bemoedig
1. Jesus het weggegaan
Mense praat van, en sommige teoloë leer dat die hemel “daar bo” is.
Mense sal na die Vader verwys as “The Man upstairs”.
Jesus is “opgeneem” suiwer omdat dit die beste pad was na die Vader toe.
Dit sou bietjie snaaks en onverklaarbaar wees as Hy “afgeneem” was.
Vyf keer word in hierdie verse verwys na Jesus se “hemelvaart”.
9 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10 Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan.
11 Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk?
Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”
Die Griekse woord in vers 9 help ons verstaan;
“Opgeneem” is:
ἐπαίρω [epairo /ep·ahee·ro/] v. From 1909 and 142; TDNT 1:186; TDNTA 28; GK 2048; 19 occurrences; AV translates as “lift up” 15 times, “exalt (one’s) self” twice, “take up” once, and “hoisted up” once. 1 to lift up, raise up, raise on high. 2 metaph.
to be lifted up with pride, to exalt one’s self.
[
Die mees accurate interpretasie van hierdie woord - “opgeneem” - is eerder: “homself opgelig”.
Die vervoer - “opgelig” het ‘n dubbele betekenis wat versterk word deur die voertuig.
Die wolk wat Jesus omvou en wegneem is terselfdertyd Sy voertuig en ook ‘n teken van hemelse glorie.
Ek glo hierdie wolk was spesiaal.
Nie sommer enige wolk nie.
Deur die Bybel is wolke integraal teenwoordig waar God se glorie verskyn;
Matt 26:34
“Die wolke van die hemel” het Jesus kom haal.
“Die wolke van die hemel” gaan Jesus terugbring.
“Die glorie van God” het Jesus kom haal.
“Die glorie van God” gaan Jesus terugbring.
Dit is vir en met die glorie (waarde) van God, dat Jesus gegaan het, en weer gaan terugkom.
Wat is jou voertuig?
Wat laat jou beweeg vir die goeie nuus?
Miskien is jy moedeloos want jy sien nie ware bekerings nie.
Jy is nie oortuig van jou eie vermoë om die goeie nuus te deel nie.
ἐπαίρω [epairo /ep·ahee·ro/] v. From 1909 and 142; TDNT 1:186; TDNTA 28; GK 2048; 19 occurrences; AV translates as “lift up” 15 times, “exalt (one’s) self” twice, “take up” once, and “hoisted up” once. 1 to lift up, raise up, raise on high. 2 metaph.
to be lifted up with pride, to exalt one’s self.
Strong, J. (1995).
Enhanced Strong’s Lexicon.
Woodside Bible Fellowship.
Hier is motivering: Jesus gaan in geweldige glorie terugkom.
Almal gaan Hom sien.
Jou buurman, jou kind, jou skoonma, jou beste vriend, jou grootste vyand.
Die staatspresident, die skoonmaker en tuinier.
Die belastinggaarder, die taxi-bestuurder.
Die dwelmhandelaar en sekswerker.
Die baas en sy vrou.
Die stout kind in die winkel en die enkelma.
[trop leeus wat jag - vasbyt tot die ander opdaag]
Die Leeu van Juda is oppad.
Praat oor Hom - leef vir Hom
2. Die Dissipels is in verwondering
As mens by die lughawe rondkyk na mense, dan sien jy in die vertreksaal mense wat so stip staar soos wat Lukas hier bedoel.
Deel van die dissipels se verwondering was wel die manier wat Jesus gegaan het.
Maar, die woord wat vertaal word “stip na die hemel kyk” beteken kyk soos iemand wat ‘n geliefde verloor.
Miskien het hulle gedink aan die keer toe die glorie van God die tempel verlaat het soos in Esegiël 10 beskryf word.
Miskien het hulle gedink Jesus gaan net so ‘n entjie op om sommer dadelik weer te verskyn - miskien met meer heerlikheid soos wat Petrus, Johannes en Jakobus gesien het.
()
Jesus se weggaan moes vir hulle asemrowend gewees het.
Ek en jy sou ook oopmond gestaan en staar het.
Wat in jou lewe, bring jou tot ‘n staat van verwondering?
Is dit Jesus?
Al gaan Hy weg?
Of is daar iemand anders - of iets anders - wat jou met meer verwondering vul?
Miskien is jy nie meer so gemotiveerd om vir die kerk te werk as voorheen nie.
Miskien het jy jou motivering verloor, want jy het jou verwondering van Jesus verloor.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9