Handelinge

Acts  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 28 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Die Goeie Nuus Begin

Acts 1:1–2 AFR1983
1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2 tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.
Acts 1:1–3 AFR1983
1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2 tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. 3 Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.
Acts 1:

Inleiding:

Hierdie drie verse is die kortste volledige opsomming van die Goeie Nuus oor Jesus Christus.
Vers 1 en die eerste deel van vers 2 is die hele evangelie in ‘n sin.
Acts 1:1–2 AFR1983
1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2 tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.
Lukas skryf: “..oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af - tot op die dag van sy hemelvaart.”
Jy sien, die evengelie - Goeie Nuus oor Jesus - is nie slegs inligting oor hoe mens uit die hel kan uitbly nie.
Dis nie eers slegs oor hoe mens by God uitkom nie.
Die evangelie is “alles wat Jesus gedoen en geleer het”.
Ons het die voorreg om hierdie “alles wat Jesus gedoen en geleer het” in ‘n verstaanbare taal beskikbaar te hê.
ê
Christene het ‘n getuienis.
Ons is “getuies” van alles wat Jesus vir doen en alles wat Jesus ons leer.
Daarom is kerk so belangrik.
Daarom is self-studie van die Bybel so belangrik.
Daarom is ‘n lewende, gedissiplineerde persoonlike verhouding met Jesus so belangrik.
Jy kan nie terugsit in jou redding nie.
Jy het ‘n verantwoordelikheid om ‘n getuie te wees.
Soos Lukas - sal die Here gereeld vir jou ‘n Teofilus gee - aan wie jy ‘n verduidelikking moet gee vir die hoop wat in jou is.
1 John 2:10 ESV
10 Whoever loves his brother abides in the light, and in him there is no cause for stumbling.
1 John 3:10 ESV
10 By this it is evident who are the children of God, and who are the children of the devil: whoever does not practice righteousness is not of God, nor is the one who does not love his brother.
1 Peter 3:15 AFR1983
15 In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
‘n Goeie getuie is iemand wat die hele storie ken en akkuraat kan oorvertel.
Wat Lukas baie goed doen, is om die storie van Jesus, in Lukas se evangelie, te verbind met die Storie van Jesus se kerk - in Handelinge.
Luke 24:51–53 AFR1983
51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. 52 Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. 53 Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
Die apostels was deur Jesus self voorberei vir die werk van die bediening.
Hulle is deur Jesus opgelei om Sy dissipelmakende dissipels te wees.
Die eerste vier verse van Handelinge is fundamenteel oor ons geloof.
Dit onderskei ons geloof van alle ander gelowe.
Ons Here, Jesus Christus het Sy eie werk begin en klaar gemaak, en gaan steeds aan met Sy werk in ons deur Sy Gees (Die Heilige Gees).
Ons gee vandag aandag aan die fondasie van voorbereiding wat ‘n opsomming is van die Goeie nuus van Christenskap.
Osn almal kan weer luister na hoe goed die Here se plan vir Sy kerk opgestel is,
Maar, hierdie eerste 5 verse van Handelinge gaan eerder meer spesifiek oor die aanstel en voorbereiding van die Apostels, sodat hulle die findasie van die Kerk van Jesus Christus kan vestig.
Jesus het die kerk begin - deur die Apostels.
Jesus het die kerk gevestig - deur die Apsostels.
Jesus het die kerk bemagtig - deur die Apostels
Die begin van die Kerk(v1-2a)
Die vestiging vand die Kerk(v2b)
Die bemagtiging van die Kerk(v3)

1. Die begin van die Kerk

Acts 1:1–2 AFR1983
1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2 tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.
Die belangrike woorde: “Jesus het gedoen en geleer” - “van die begin af tot op die dag van sy hemelvaart”.
Jesus - Seun van God - God self - word mens en wandel tussen mense.
Hoekom, sodat Hy ‘n
- organisme
- organisasie
- gemeenskap
- ‘n beweging
begin wat deur die eue tot aan die einde van die eindtye - dissipels kan maak.
Jesus het begin om Sy dissipels te leer - alles wat Hy wil hê hulle moet weet.
Lukas se stelling bevestig dat Jesus nie “klaargemaak” het met alles wat Hy wou hê dat Sy dissipels weet nie.
Terwyl Jesus op aarde gelewe het, het Hy “begin” om die Apostels te leer.
In hierdie eerste sin van Lukas se boek is daar twee interessante Griekse woorde.
Lukas se stelling van “In my eerste boek..” en “.. wat Jesus gedoen ...“ bevat ‘n interessante Griekse byvoeging.
Dit kan beteken: “Aan die een kant...”
Maar dan gee Lukas nie vir ons ‘n “aan die ander kant nie”.
Ek stem saam met die Bybelse Theoloë wat glo dat Lukas beslis en aspris is met hierdie woordkeuse.
Aan die een kant (on the one hand) het Jesus begin...
Aan die ander kant - het Jesus aangehou en nognie opgehou nie.
Wat volg na hierdie “aan die een kant” byvoeging is die eerste deel van die storie van wat Jesus deur die Heilige Gees met en vir die kerk doen - tot vandag nog.
2. Jesus het begin - Hy het Sy kerk begin.
[“kerk” = church = kirche = circe = circle = songodin se naam
“Ekklesia” = “die uitgeroeptes”
Beter vertaal as “gemeente” of “gemeenskap van gelowiges”]
Die tweede interesstante invoegsel wat Lukas gebruik is die woord “begin”.
Soos reeds verduidelik - Jesus het Begin met Sy kerk.
Jesus is ‘n beginner.
Hy het die heelal begin.
Hy het ook Sy kerk begin.
Jesus het “tot op die dag van Sy hemelvaart” die kerk begin.
Lukas beklemtoon die belangrikheid van die leering voor die hemelvaart deur dit drie keer te noem.
In Lukas 24 veral verse 44-49;
In hierdie inleiding tot Handelinge
En weer in Handelinge 1:6-11.
Lukas bevestig dat Jesus lewe (1:3)
En dat Hy vir Sy Apostels (die begin van die kerkwerkers) opdragte gee totdat die Heilige Gees krag gee.
Dit bring ons by:

2. Die Vestiging van die Kerk

Acts 1:
Acts 1:2 AFR1983
2 tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.
Die vestiging van die kerk van Jesus Christus is deur Apostels gedoen.
Apostels wat deur die Heilige Gees bemagtig is (meer hieroor later).
Wat en wie was die “Apostels” en hoekom is hulle belangrik?
In die evangelies (Matheus, Markus, Lukas, Johannes) word na hulle verwys.
Soms word hulle “die twaalf” genoem.
Luke 6:13 AFR1983
13 Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het.
Hulle is spesifiek deur Jesus gekies.
‘n “Apostel” is iemand wat van die begin van Jesus se aardse bediening tot by Sy opvaring, ‘n ooggetuie was van “alles wat Jesus gedoen en geleer het”.
Acts 1:21 AFR1983
21 “Daar moet dus nog ’n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.”
Jesus vestig Sy kerk deur die Apostels te leer.
Wat Jesus die Apostels leer kan saamgevat word met die woorde:
saamgevat word:
“Die Soewereine optrede van God in redding”.
Dit was Jesus se werk om die Apostels alles te leer van hoe God se soewereine optrede in redding werk.
Dit word die kerk se werk - begin by die Apostels - om almal te leer oor alles wat te doen het met hoe God se soewereine optrede in redding werk.
Waar Jesus die kerk begin het en Hy alles gesê het wat die Vader Hom beveel het om te sê, word Jesus nou deel van die storie na Sy hemelvaart.
ê
BV.
Acts 8:12 AFR1983
12 Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop.
En ook:
Acts 19:8–9 ESV
8 And he entered the synagogue and for three months spoke boldly, reasoning and persuading them about the kingdom of God. 9 But when some became stubborn and continued in unbelief, speaking evil of the Way before the congregation, he withdrew from them and took the disciples with him, reasoning daily in the hall of Tyrannus.
Acts 28:23 AFR1983
23 Hulle het toe ’n datum met hom afgespreek, en op daardie dag het daar nog meer mense na die plek toe gekom waar hy gebly het. Van vroeg die môre tot laat die aand het Paulus die koninkryk van God vir hulle verduidelik en hulle uit die wet van Moses en uit die profete probeer oortuig van Jesus.
Acts 28:31 AFR1983
31 Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering.
Die kerk het net een mandaat:
Leer almal alles wat daar te leer is oor die dade van God se redding, deur Jesus Christus.

3. Die Bemagtiging van die Kerk

Acts 1:3 AFR1983
3 Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.
Onbetwisbare bewyse dat Jesus leef.
Die vertaling wat lees:
“..aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon..”
Word in die ESV so vertaal:
“He presented Himself alive to them..”
Die Griekse woord is [synalizomai]
Dit dui op ‘n baie spesiale samekoms (fellowship).
Die NIV-vertaling - bring die betekenis mooi uit:
“..while He was eating with them..”
Dit is so ‘n mooi prentjie van dissipelskap.
Ook soos Jesus om deur voorbeeld te leer.
Sy opdrag was mos:
Matthew 28:19 DIEBYBEL:A19331953
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die “Gaan dan heen..” beteken letterlik: “soos wat jy heengaan”.
Of in meer moderne taal.
“Lewe jou lewe en terwyl jy jou lewe lewe - maak ewige lewe bekend aan alke mens met wie jy te doen kry - want Jesus leef”.
1 Petrus 3:15 som hierdie lewensstyl mooi op:
1 Peter 3:15 AFR1983
15 In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
1 Peter 3:10 ESV
10 For “Whoever desires to love life and see good days, let him keep his tongue from evil and his lips from speaking deceit;
Handelinge 1:3 beskryf dat Jesus met Sy dissipels gepraat het oor die “Koninkryk van God”.
God is Koning.
Jesus word genoem “Koning van konings”
1 Timothy 6:14–15 AFR1983
14 “Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom.” 15 Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.
Jesus het self hierdie opdrag gegee:
Matthew 6:33 AFR1983
33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Lukas beskrywe Jesus se bediening en in 31 verse verwys hy na die Koninkryk:
Hier is drie voorbeelde:
Luke 4:43 AFR1983
43 Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”
Luke
Luke 6:20 AFR1983
20 Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.
Luke 7:28 ESV
28 I tell you, among those born of women none is greater than John. Yet the one who is least in the kingdom of God is greater than he.”
Luke 7:
Luke 18:17 AFR1983
17 Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”
Die bemagtiging van die kerk - die Christes-kerk is in die feit dat Jesus leef en dat God regeer.

Opsomming:

Jesus se kerk word begin deur Jesus self.
Hy oorhandig die verantwoordelikheid vir die vestiging van die kerk aan die Apostels.
Die Apostels oorhandig die werk van die kerk aan alle Christene na hulle.
Jou en my verantwoordelikheid is om te werk vir die uitbreiding van die Koninkryk van Jesus Christus.
Jou en my verantwoordelikheid is om in en vir die plaaslike kerk te werk.
Elke tydperk en vasset van die kerk (koninkryk van Jesus) word beheer en bestuur deur die Heilige Gees.
Acts 1:4 ESV
4 And while staying with them he ordered them not to depart from Jerusalem, but to wait for the promise of the Father, which, he said, “you heard from me;
Acts 1:4–5 AFR1983
4 Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5 Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
Meer hieroor volgende keer.
Is jy een van Jesus se dissipels?
Maak jy dissipels?
Word jy goed opgelei om dissipels te maak?
Indien nie, hoekom nie?
Is jy klaar met Handelinge?
Of is jy deel van Handelinge?
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more