God se Oordeel oor Sonde

Micah  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 31 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Miga 6:9-16

Micah 6:9–16 AFR1983
9 Om die Here te dien, dit is wysheid. Die Here roep die stad; luister, leier en julle almal wat aanhou roof: 10 Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? 11 Moet Ek die eienaar van ’n onbetroubare weegskaal vryspreek, een met ’n sak vol vals gewigte? 12 Die stad se ryk mense pleeg geweld, sy inwoners lieg en hulle bedrieg. 13 Daarom het Ek jou begin straf; Ek het jou begin verwoes oor jou sondes. 14 Jy sal eet en nie genoeg kry nie; jy sal honger bly. Jy sal geboortepyne hê, maar nie ’n kind in die wêreld bring nie. En wanneer jy ’n kind in die wêreld bring, gee Ek hom vir die swaard. 15 Jy sal saai, maar nie oes nie, jy sal olywe pars, maar jou nie met olie insmeer nie, jy sal druiwe pars, maar nie wyn drink nie. 16 Jy het Omri se reëlings nagekom, gedoen wat Agab gedoen het, hulle raad gevolg. Daarom sal Ek jou verwoes, Ek sal jou inwoners ’n bespotting maak. Jy sal my volk se vernedering moet dra.

Inleiding

Wanneer iemand met sonde gekonfronteer word is die reaksie gewoonlik:
Matthew 7:1 AFR1983
1 “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie;
Sien mens jou eie foute?
“Nie ek nie
Sien jy jou eie foute?
Of het jy iemand nodig om soms vir jou te wys waar jy verkeerd maak?
Ek het - iemand nodig.
Ek is geneig om te dink ek is fine.
Ek het gedink ek is ‘n goeie pa.
Ek het gedink ek is ‘n goeie man vir my vrou.
Ek het gedink ek is ‘n goeie predikant, radio kommentator, lektor by die Bybelskool.
Tot iemand, na aan my hart, met baie liefde maar baie direk vir my moes vertel dat dit eintlik nie so is nie.
Al hierdie “goeie” eienskappe was nie goed volgens God nie.
Want my motiveering was verkeerd.
Wanneer iemand die moed bymekaarskraap en jou konfronteer, is jou reaksie moontlik:
“Ja, maar jy verstaan nie my situasie nie,
jy verstaan nie my behoeftes nie,
jy verstaan nie my verlede nie,
jy verstaan nie my emosies nie,
jy verstaan nie my nasionaliteit nie.”
“Ek sal ophou as ek iets kry.
Ek sal gelukkig wees en minder moan as my vrou my meer respek wys.
Ek sal ophou rondkyk vir ander vroue as my vrou my meer aandag gee.
Ek sal ophou steel as ek ‘n beter salaris kry.
Ek sal ophou skinder as daai een ophou met wat ookal.
Dis nie my fout nie.
Dis nie my verantwoordelikheid nie.
Dis nie my skuld nie.
Iemand anders moet iets verander, dan sal ek oukay wees.
Moet my nie oordeel nie.
Wie is jy in elk geval want jy lieg soos ‘n vlieg.
So, dit is waar dat ons waarsku om nie te oordeel nie en ons moet oppas want verduidelik dat ons onsself eers moet oordeel voordat ons na ‘n ander mens se foute kyk.
Maar, dan skryf Paulus vir die Galasiërs dat Christene mekaar moet help wanneer ons sondig.
ë
Luister:
Galatians 6:1–3 AFR1983
1 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. 2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. 3 As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.
‘n Baie bekende Amerikaanse predikant se vrou plaas hierdie verduideliking op hulle webwerf:
Met verwysing na die vrou wat in owerspel betrap is in Johannes 8:
“"Neither do I condemn you. Go and sin no more." God was in essence saying, "I don't put My stamp of approval on condemnation. That's not what I'm about. I came to set you free."
Maybe you've encountered people who want to accuse you and "throw rocks" at you, but that's not God. He's never going to throw rocks at you or try to push you down. He loves you and wants to empower you to live in freedom.
Maybe you've made some mistakes, maybe you've done some things you're not proud of, or maybe you've been hurt by someone who threw rocks at you. Today is your day to let go of that hurt and open your heart to God's love and forgiveness. In Him, there is no condemnation. Receive His love, receive His grace, and be empowered to live the life of victory He has prepared for you.
"Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus."(, NIV)”
Jesus het nie die vrou veroordeel nie - dit is waar.
Maar; Jesus het die vrou ge-oordeel.
Gaan - en sondig nie meer nie.
Jesus het nie gesê dat wat sy gedoen het aanvaarbaar is nie.
Hy, wat Jesus is, het die mag om te vergewe en om nie te veroordeel nie.
Maar Jesus se oordeel was - “Jy het gesondig - hou op!”
Miga gee vir ons ‘n voorbeeld van hoe God sonde oordeel hier in Miga 6:9-16.
Die arrogante mense van Jerusalem en SDG in Pretoria het gehoor wat God verwag:
Nie offerhandes nie maar:
[Wat verwag God van jou?
Geregtigheid
Genade
Nederigheid
Nou, verduidelik Miga, wat Here sal doen as mens nie vir Hom luister nie.
Hy begin om ons aandag te vestig op waar die waarskuwing vandaan kom.
Dan waarsku hy ons oor volhoubare sondes
Daarna wys Miga vir ons wat ons kan verwag as straf indien ons nie sonde beveg nie.
Verdere gevolge van ongehoorsaamheid is ‘n toenemende nutteloosheid.
Die finale oordeel van sonde is vernedering.
Ons punte vir vandag:
Wie oordeel?(v9)
Wat van volhoubare sondes?(v10-12)
Wat se straf kan ons verwag?(v13)
Nutteloosheid vermeerder (v14-15)
Uiteindelike vernedering (v16)

1.Wie oordeel?(v9)

Micah 6:9 AFR1983
9 Om die Here te dien, dit is wysheid. Die Here roep die stad; luister, leier en julle almal wat aanhou roof:
Die woord “wysheid” is God se openbaring deur die skepping.
Romans 1:18–21 AFR1983
18 God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. 19 Wat ’n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. 20 Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, 21 omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister.
Romans
Die woord “luister” beteken letterlik - [voel die staf van dissipline].
As Christene - die Here se familie - nie gaan luister na wat Hy sê nie, gaan hulle moet voel wat Hy sê.
Wat van volhoubare sondes?(v10-12)
Wat se straf kan ons verwag?(v13)
Dit is so - dit werk so.
Nutteloosheid vermeerder.(v14-15)
Uiteindelike vernedering. (v16)
Die Here is ernstig oor gehoorsaamheid.

2.Wat van volhoubare sondes?(v10-12)

Micah 6:10–12 AFR1983
10 Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? 11 Moet Ek die eienaar van ’n onbetroubare weegskaal vryspreek, een met ’n sak vol vals gewigte? 12 Die stad se ryk mense pleeg geweld, sy inwoners lieg en hulle bedrieg.
Net om ons te help in ons self-ondersoek gee die Here deur Miga vir ons ‘n lys van algemene Volhoubare sondes.
Korrupsie in die huis: v10
Proverbs 20:10 AFR1983
10 Die Here het ’n afsku van mate en gewigte wat nou sus en dan so is.
Bedrog in die werkplek: v11
Onderdrukking: v12a
Lieg en bedrieg: v12b

3.Wat se straf kan ons verwag?(v13)

Micah 6:13 AFR1983
13 Daarom het Ek jou begin straf; Ek het jou begin verwoes oor jou sondes.
God sal jou verwoes oor jou sonde.
Proverbs 20:10 AFR1983
10 Die Here het ’n afsku van mate en gewigte wat nou sus en dan so is.
Die Here se liefde vir jou - Christen - is so groot dat Hy jou liggaam sal verwoes sodat jou gees perfek uitdraai.
Bedrog in die werkplek: v11
Bekende vers:
Philippians 1:6 AFR1983
6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

4.Nutteloosheid vermeerder.(v14-15)

Micah 6:14–15 AFR1983
14 Jy sal eet en nie genoeg kry nie; jy sal honger bly. Jy sal geboortepyne hê, maar nie ’n kind in die wêreld bring nie. En wanneer jy ’n kind in die wêreld bring, gee Ek hom vir die swaard. 15 Jy sal saai, maar nie oes nie, jy sal olywe pars, maar jou nie met olie insmeer nie, jy sal druiwe pars, maar nie wyn drink nie.
Leviticus 26:26 AFR1983
26 Ek sal julle meel so min laat word dat tien vrouens saam net genoeg sal hê vir een baksel. Die stukkie wat vir elkeen afgeweeg word, sal nie julle honger kan stil nie.
Geestelike toepassing.
Geen antwoorde goed genoeg.
Wanneer jy self-ingestel is.
Korrup.
Lieg om jou eie sin te kry.
Manipuleer om vir jouself die beste “deal”te beding.
Dan sal niks jou honger na mag, rykdom, erkenning - stil nie.
En, is dit “karma”?
Is dit die skepping wat teen jou draai?
As dit maar was.
Maar dit is die Here self wat teen jou draai.
Luister weer na die eerste woorde van Miga 6:13: “Daarom het Ek...”
[God sal wegvat waarop jy staatmaak]
Verder sal God veroorsaak dat dit waarop jy staatmaak by jou weggevat word.
As jy vertrou op iets anders as die Here, sal die Here dit verwyder.
Of uit jou balansstaat - of fisies.
Jy gaan leer om nie op dinge staat te maak nie.
Al beteken dit dat die Here dit moet verwyder sodat jy leer.
Nie eers jou harde werk sal resultate lewer nie.
As jy korrup optree, dan kan jy verwag dat die Here dit wat jy op korrupte maniere gekry het, sal wegvat.
Die gemak waarin jy lewe sal verdwyn.
Psalm 104:14–15 AFR1983
14 U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy sy kos uit die aarde kan kry: 15 wyn om mense se harte bly te maak, olie om die gesig te versorg, kos om die mens nuwe krag te gee.
Psalm 104:
Selfs die vreugdes van die lewe sal weggeneem word.
Jy sal die wyn maak, maar dit nie drink nie. (v15)

5.Uiteindelike vernedering. (v16)

Micah 6:16 AFR1983
16 Jy het Omri se reëlings nagekom, gedoen wat Agab gedoen het, hulle raad gevolg. Daarom sal Ek jou verwoes, Ek sal jou inwoners ’n bespotting maak. Jy sal my volk se vernedering moet dra.
Omri en Agab behoort aan die Noordelike Koninkryk.
Hoekom het die Here besluit om Juda te dissiplineer?
Hoekom dreig Hy om Jerusalem te verwoes?
Omdat Jerusalem die Noorde se voorbeeld gevolg het.
So ietsie oor Omri:
1 Kings 16:25 AFR1983
25 Omri het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy was slegter as al sy voorgangers.
En Agab? Wat van hom?
1 Kings 18:4 AFR1983
4 Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja honderd geneem en hulle vyftig-vyftig in grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien.
1 Kings 22:27 ESV
27 and say, ‘Thus says the king, “Put this fellow in prison and feed him meager rations of bread and water, until I come in peace.” ’ ”
Agab se “claim to fame” was dat hy die Here se profete mishandel en vervolg het.
Die profetiese waarskuwing word baie persoonlik met die laaste woorde van Miga 6:16:
“Jy sal my volk se vernedering moet dra.”
Die woorde “bespotting” en “vernedering” beteken letterik “gesis”.
Die geluid wat gemaak is in die tyd van Miga wanneer iemand in die openbaar verneder word.
“My volk” - hoekom hierdie woorde?
Twee verwysings in die Nuwe Testament:
John 15:22 AFR1983
22 “As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie.
Romans 2:1 AFR1983
1 Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ’n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ’n ander ’n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge.

Opsomming

Die Bybel is baie duidelik oor wat die mens mag en nie mag doen nie - volgens die Here se wil.
Mense redeneer en manipuleer en regverdig hulle eie optrede en sê: “Dit kan nie sonde wees nie”.
Want:
Nie regverdig nie
Nie liefdevol nie
Beperk my regte
Klink nie goed nie
Is te moeilik
Is nie lus nie
Is te lus.
Maar, die Here is ernstig oor Sy eie eer en oor jou karakter sodat Hy met jou ‘n lewende verhouding kan hê.
Hoe gaan jy reageer?
Gaan jy Hom glo en volg?
Of gaan jy op die harde manier leer.
Romans 8:1 AFR1983
1 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
“Daarom” -
Nie omdat God teen oordeel is nie, maar omdat God se Seun reeds die oordeel op Hom geneem het.
Het God se Seun jou oordeel op Hom geneem?
As jy jouself werklik een van die Here se mense kan noem - is jy nie onder die Here se oordeel nie.
Maar, as jy nie seker is nie - staan jy moontlik onder God se oordeel.
En jy wil nie daar staan nie.
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more