Die Gevaarlike God

Micah  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 17 views

God instructs Micah to announce His judgement against the unfaithful

Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Die Gevaarlike God

Micah 6:1–5 DIEBYBEL:A19331953
1 HOOR tog wat die Here sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister! 2 Hoor, berge, die twis van die Here! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die Here het ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou. 3 My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My! 4 Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam. 5 My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die Here.

Inleiding:

Miskien was jy nog nooit in ‘n hofsaak betrokke nie.
Ek was.
Die regter, afhangend van of jy aankla, of aangekla word, kan vreesaanjaend wees.
Die regter is die persoon in die hof wat die finale sê het.
Die regter se uitspraak is finaal in die saak.
ê
Die regter kan of vriendelik, of skrikwekkend wees.
As die regter vir jou is, is hy vriendelik;
Maar, as die uitspraak van die regter nie vir jou is nie, dan kan die regter vir jou gevaarlik wees.
Die Here van Miga, die Here van die Bybel - is ‘n regverdige Regter.
Wat beteken dat as jy niks verkeerd doen nie, gaan jy Hom as vriendelik ervaar.
Maar, nou weet ons ook dat die enigste mens wat niks verkeerd gedoen het nie, Jesus is.
Geen ander mens doen niks verkeerd nie.
Romans 3:23 AFR1983
23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,
Het ek en jy dan rede om ons Here te vrees?
Moet ons vir Hom bang wees?
Die woorde wat Miga uitspreek namens God, en wat in Miga 6:1-5 opgeteken staan, is woorde wat vrees opwek.
Is die woorde op my en jou van toepassing?
Soos enige hofsaak, sal ons moet wag vir die uitspraak.
So kom ons begin:
Die hof is in sitting:
1. Ons het ‘n Regter - Dis die Here self soos aangekondig deur Miga. (v1-2)
2. Ons het die Aanklaer se vraag(v3)
3. Ons het die Aanklaer se saak (v4-5)
Volgende keer:
- Die verdediging (v6-7)
- Die Uitspraak (v8)

1. Die Regter voorgestel

Micah 6:1–2 DIEBYBEL:A19331953
1 HOOR tog wat die Here sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister! 2 Hoor, berge, die twis van die Here! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die Here het ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.
Micah 6:1-2
“Hoor tog wat die Here sê.”
ê
Dit is asof Miga die mense in Jerusalem smeek.
Hy dreig nie.
Hy is nie kwaad nie.
Hy smeek.
Ag, luister asseblief na die Here.
Ek voel baie keer soos Miga.
Ag, as jy maar net sal luister - sê ek baie keer vir myself.
Maar hier is belangrike woorde wat volg:
ê
Miga se rede, sy motivering vir die mense om te luister is nie slegs in wat gesê gaan word nie, maar veral oor wie gaan praat.
Dit is die Here wat gaan praat.
Wanneer die Here praat, dan luister mens.
Hoe weet ons wanneer die Here praat?
Want Hy praat duidelik.
Ek wonder hoeveel mense vandag rondloop en beweer dat hulle die Here hoor praat, maar dit is eintlik maar net hulle eie hartsbegeertes.
Hoeveel keer moet sulke “hoorders” later omdraai en sê: “Miskien het ek verkeerd gehoor”.
Wanneer jy, soos Miga sê: “Hoor tog wat die Here sê.”
Dan beter jy baie seker wees dat wat jy sê, is wat die Here sê.
Ander is jy wat?
‘n Onskuldige kindjie wat verkeerd gehoor het?
ês
‘n Opregte gelowige wat wil help?
‘n Goed bedoelende Christen wat wil getuig?
Miskien is jy eerder iemand wat jou eie eer soek.
Jy wil dalk dat almal dink jy is ‘n super-Christen met ‘n meer spesiale verhouding met die Here.
Hoor hier almal: wanneer jy iets van die Here sê wat Hy nie sê nie;
Dan lieg jy - jy is ‘n vals getuie - jy is ‘n vals profeet.
Miga maak dit duidelik dat die waarheid belangrik is deur die res van vers 2:
Micah 6:2 DIEBYBEL:A19331953
2 Hoor, berge, die twis van die Here! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die Here het ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.
Die berge staan vas van die skepping af.
Die berge rondom Jerusalem staan as getuies oor die afgodsdiens en valsheid en selfsug en gierigheid en selfstandigheid van die Jode.
Die berge was getuie by die oorspronklike verbond tussen die Here en Sy mense.
Die berge staan as getuie vir die Here se getrouheid.
Sou die berge kon getuig, sou dit die einde van die saak wees teen Juda.
Die berge - onwankelbaar - staan as getuie teenoor die mense - wankelbaar.
Die woord “twis” is afgelei van die woord wat beteken om te argumenteer.
Ironies - soos Miga soms oorkom - is dit sinneloos om met ‘n berg te argumenteer.
Net so sinneloos om te probeer om met die Here te argumeteer.
Maar Here, ek het mos nie geweet nie.
“Maar hoekom het jy nie geweet nie?
Het jy nie jou Bybel gelees nie?
Nee. Jammer.
“Maar dan het jy nie geluister nie”.
“Ek het mos gesê jy moet alles doen wat Ek sê”.
“Alles wat jy moet weet, is in die Bybel”.
2 Timothy 3:16 AFR1983
16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek,
1 Timothy 3:16 ESV
Great indeed, we confess, is the mystery of godliness: He was manifested in the flesh, vindicated by the Spirit, seen by angels, proclaimed among the nations, believed on in the world, taken up in glory.
Elke Christen wil hoor wat die Here sê.
Maar jy wil seker wees dat dit die Here is wat praat.
Van die begin af was dit die duiwel se misleiding.
“Maar God sal mos nie...”
‘n Bekende teoloog het gesê dat om oordeelkundig te kan optree beteken nie dat jy waarheid van valsheid kan onderskei nie;
Maar dat jy waarheid van amper-waarheid kan onderskei.
Die hoofrede waarom ek nie glo dat die Here met ‘n hoorbare stem praat soos met Miga nie, is omdat daar nie ‘n hoorbare stem is nie.
Dis hierdie stil gedagte van ‘n stem - en niemand behalwe jy hoor dit nie.
Die Heilige Gees sal wel gedagtes by jou los.
“Ek wonder hoe gaan dit met Brahm?”
Moet dan nie wonder nie - vra.
Die Here verwag opregtheid.
Daarom is Sy regsgeding met Sy eie mense.
En die waarheid moet uit.
Hoor nou mooi wat die Here sê.
Jy en ek staan aangekla voor die Here - die Regter.
Waarvan word ons aangekla?

2. Die Aanklaer se Vraag

Micah 6:3 DIEBYBEL:A19331953
3 My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My!
Micah 6:
Nou praat die Here self.
Die woorde van verse 3-5 is die Here se woorde.
Hy stel die aanklag in die vorm van ‘n vraag:
“Wat het Ek aan jou gedoen?”
“Waarmee het Ek jou moeg gemaak?”
As ons in ag neem wat Miga al vir Juda gesê het dan kan ons die Here se vraag so saamvat:
“Wat het Ek gedoen dat jy my afskeep?”
Die gemoed van die vraag is nie een wat kla nie en ook nie agressief nie.
Dit is eerder die gevoel van ‘n afgeskeepte, liefdevolle eggenoot.
Baie jare later vra Jesus hierdie vraag:
John 8:46 AFR1983
46 Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie?
John 8:46
Die woord “vermoei” in Miga 6:3 is (la’ah).
Dit beskryf ‘n persoon wie se geduld getoets word deur iemand wat te veel verwag.
Wat gevra word, kan nie gedoen word nie.
Vermoeid - (la’ah).
Isaiah 43:23 AFR1983
Jy het nie vir My kleinvee as brandoffers gebring, My nie met offers vereer nie; Ek het jou nie belas met graanoffers nie, jou nie die moeite aangedoen om vir My wierookoffers te bring nie.
Isaiah 43
Die woord beskryf iemand wat deur swaarkry en onderdrukking gaan.
Omstandighede kan mens laat voel dat jy verlate en alleen is in jou stryd.
Swaarkry kan jou laat moed opgee.
Toe Miga hooftuk 6 geskryf het, was Israel weggevoer deur Assirië en die gebiede rondom Jerusalem was verwoes.
ë
Die hoofstad was nog staande maar die mense was sonder hoop.
En hulle het die Here kwalik geneem.
Hulle was van God verlate.
Of was dit eerder dat hulle God verlaat het?
Miskien het dit al vir jou so gevoel.
Miskien was jy al daar waar dit vir jou voel of God nie luister nie.
Of jou gebede teen die plafon vasslaan.
Miskien kan jy jouself ondersoek.
Miskien is dit jy wat wegbeweeg het van God af.
Hoe gaan dit met jou verhouding met Jesus?
Lees jy Sy woorde?
Lewe jy Sy woorde?
Wat is jou antwoord op die Here se vraag: “Hoe het ek jou moeggemaak?”
As jy kan sê dat jy nie moeg is vir die Here nie en jy voel naby Hom dan is die aanklag wat volg nie vir jou nie.
Luister in elk geval vir ingeval jy die raad later in jou lewe gaan nodig kry.
ë
Of, miskien weet jy van iemand wat nou moeg is vir God, dan kan jy die mens moed inpraat;

3. Die Aanklaer se Saak

Micah 6:4–5 DIEBYBEL:A19331953
4 Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam. 5 My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die Here.
Die Here - die Regter - lewer ‘n verweer.
Die Here, wat sonder skuld en perfek is, verduidelik aan skuldige mense hoekom hulle vals aanklag teen Hom nie in die hof kan bly staan nie.
“.. dink tog aan..”.
Nog ‘n Hebreeuse les:
Die woord (zachar) word vertaal “dink tog aan”.
Of “onthou”.
Dit Hebreeuse woord word baie keer gebruik om God se reddende dade te onthou.
Daarom sien ons ook dat die Here hier praat van Sy reddende dade.
Uit Egipte..
Uit slawerny..
Die Here se optrede deur die geskiedenis behoort ‘n bron van dankbaarheid te wees - nie verwyt nie.
“Hoe kan die Here?” word geantwoord met “wat het die Here…?”
Dink maar aan wat die Here al vir jou gedoen het.
As jy nie eintlik enigiets kan noem wat die Here vir jou gedoen het nie, is jy waarskynlik in groot moeilikheid.
Dan wil jy vra of jy aan die Here behoort.
Want, soos die Jode, is jy of verwyder van die Here, of jy het nog nooit aan Hom behoort nie.
Maak seker.
Psalm 77:11 AFR1983
12 Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.
Die Here se mense lewe nie in die verlede nie want ons hoop is in die toekoms.
Psalm 119:52 AFR1983
Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue.
Ons hoop is in die 2de koms van Jesus en wat daarna gaan gebeur.
Terwyl ons hierdie lewe belewe, kan ons terugdink aan die Here se goeie dade vir ons.
Miga wys ons op 4 van die Here se dade aan Sy mense wat ons vandag herinner aan Sy goeie dade.
Ons sien 4 dade deur die Here in Miga 6:4-5.
Die Here gee uitkoms uit slawerny.
“Ek het jou uit Egipteland laat uittrek..”
Die Here vat verantwoordelikheid vir die uittrek uit Egipte en ook vir die vry-koop.
“en jou uit die slawehuis vrygekoop”.
Dwarsdeur die Ou Testament word die Exodus gebruik om die vestiging - die begin - van Israel se geloof in die Here te beskryf.
Die Here het die Egiptenare oortuig om Israel te laat trek, en die Here het die losprys betaal.
Die losprys is ‘n prys wat betaal word om ‘n slaaf af te koop.
Die losprys was die Here se bewys van Sy genade en mag.
Die kruis van Jesus, is die volmaak maak van die voorbeeld van die Here se redding soos deur die Exodus voorgestel.
Jesus het, met Sy dood, ons uit die sonde se mag vrygekoop.
Jesus, wat self God is, het Sy genade en mag tentoon gestel deur die dood te oorwin.
Staan jy onder daardie genade?
Ek hoop so.
Die Here gee Leiers in die wildernis
Moses, Aaron en Mirjam; leiers wat die Here se mense bymekaar gehou het.
Moses het die mense geleer van die Here se wet.
Aaron het die mense gewys wat dit beteken om onder die Here se genade te lewe.
En Mirjam het seker gemaak dat vroue regte beskerm word.
Exodus 15:20 AFR1983
20 Mirjam die profetes, suster van Aäron, het ’n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.
Exodus 15:20–21 AFR1983
20 Mirjam die profetes, suster van Aäron, het ’n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans. 21 Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing tot eer van die Here omdat Hy hoog verhewe is. Perd en ruiter het Hy in die see geslinger.”
Exo
God gee uitkoms - redding uit slawerny;
God gee leiers wat goeie raad ge;
Die Here vat struikelblokke weg
Miga 6:5 verwys na Numerie 22-24.
Die verwysing na Balak en Balaam is ‘n verwysing na die laaste poging om te verhoed dat Israel die beloofde land intrek.
Gaan lees maar in Numerie 22-24.
Balak het probeer om met toordery die Israeliete se weermag swak te maak.
Deur Balaam het die Here die vloeke omskep in seëninge vir Sy mense.
Die oorwinning van die Here oor die mag van toordery is in die Ou Testament een van die groot reddingsaksies van die Here.
Die Here is genadig tot die einde
“wat gebeur het van Sittim tot by Gilgal...”
Wat het gebeur van Sittim tot by Gilgal?
Sittim was die laaste dorp voor Kanaän en Gilgal was die eerste dorp in Kanaän.
By Sittim het die Here die volk gestraf vir afgodsdiens maar Hy het hulle nie verlaat nie.
Hy was dus so Sy genade aan sondige mense.
Ten spyte van hulle verwerping van ‘n goeie God, neem God hulle in die beloofde land in.
So, terwyl jy hier, tans swaarkry;
Of, sodra jy weer gaan swaarkry;
Dink aan wat die Here vir Sy mense gedoen het - dink aan wat die Here al alles vir jou gedoen het.
En weet dat Hy jou tot by die einde - deur die einde - tot by die beloofde land sal neem.
Al val jy, al verdwaal jy, al wonder jy.
Solank jy vashou, terugdraai, opkyk na waar jou hulp vandaan kom, deurdruk tot by die eindstreep;
Sal jy soos wat jy lewe, al hoe meer herinner word van waar en hoe en hoeveel die Here jou bystaan.

Opsomming:

Hierdie lewe voel soms soos ‘n onregverdige hofsaak.
Jy word beskuldig, gestraf, aangekla, en verraai.
Dit voel so.
Maar as jy een van die Here se mense is, dan vra Hy vandag vir jou; “waar en hoe het Ek jou ingedoen en vir jou rede gegee om moed te verloor?”
Onthou...
Miskien wil jy oorweeg om ‘n joernaal te maak van wat die Here met jou en vir jou doen.
Het Hy jou al uit jou sonde-slawerny gered?
Jy sal weet. As jy wonder, is jy waarskynlik nog ‘n slaaf.
As die regter aan jou kant is, sal Hy jou vryspreek.
Maar - as die Regter teen jou is dan moet jy baie bang wees.
Paulus skryf aan die nuwe Christene in Rome.
Hulle wonder hoekom hulle sukkel met lewe en sonde;
Romans 8:11–17 AFR1983
11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 12 Daarom dan, broers, staan ons onder ’n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. 13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ’n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. 14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. 15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. 17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
Mag hierdie elkeen van ons se ervaring van die Here wees.
Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more