Hulp vir Hulpelose

Micah  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 36 views

God gee hulp aan die hulpelose deur mekaar en deur Homself

Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Miga 4:6-9

Hulp vir die Hulpelose

sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak,
sal Ek dié wat verstrooi is, vergader,
en ook dié wat Ek
met rampe getref het.
7Ek sal die kreupeles
die oorblyfsel maak,
die siekes ’n sterk nasie.
Ek, die Here, sal op Sionsberg
oor hulle heers,
Miga 4:6-9
nou en vir altyd.
Hulle ken nie die plan van die Here nie
8Verlate vesting, Sionsheuwel,

6Daardie dag, sê die Here,

sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak,

sal Ek dié wat verstrooi is, vergader,

en ook dié wat Ek

met rampe getref het.

7Ek sal die kreupeles

die oorblyfsel maak,

die siekes ’n sterk nasie.

Ek, die Here, sal op Sionsberg

oor hulle heers,

nou en vir altyd.

Hulle ken nie die plan van die Here nie

8Verlate vesting, Sionsheuwel,

die beloftes aan jou sal vervul word:

jy sal weer heers soos voorheen,

Jerusalem sal weer die hoofstad wees.

9Waarom skreeu jy so hard?

Het jy nie ’n koning nie?

Het jou raadgewer omgekom

dat kraampyne jou oorval het?

die beloftes aan jou sal vervul word:
jy sal weer heers soos voorheen,
Jerusalem sal weer die hoofstad wees.
9Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie ’n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?”
Inleiding
Vers 6 begin met: “Daardie dag…”
Daardie dag verwys terug na vers 1: “Daar kom ’n tyd dat die berg
waarop die huis van die Here is,
’n blywende plek sal hê
bokant die bergtoppe….”
Miga is besig met dieselfde gesprek.
Die Here se huis, Die Here se berg, is aanbidding beter as alle ander tipes aanbidding.
Miga praat geestelik nie prakties nie.
Maar, soos ons almal weet, affekteer prakties en geestelik mekaar in hierdie lewe.
Voorbeeld: Jy is gelukkig in jou werk en alles gaan goed.
Jy is gelukkig met God en jy geniet Bybellees en bid.
Jy is selfs getrou met kerkbywoning en jy gee met ’n blye hart.
Dan gaan iets verkeerd - prakties.
Vir watter rede ookal, verloor jy jou werk.
Wat gebeur met jou geestelike lewe?
Bly dit dieselfde?
Nee, dit verander, jy bid anders, lees anders, dink anders, praat anders.
Enige Christen wat lank genoeg tussen goeie Christene lewe weet dat ons hoop en vertroue in God alleen is.
Maar wanneer lewe gebeur, staan ons ’n kans om moedeloos te raak.
En, wanneer ons om ons kyk na die toestand van die kerk;
Dan het ons rede om moedeloos te raak.
As ons kyk na die swak morele waardes wat om ons gebeur;
Dan het ons rede om moedeloos te raak.
As ons luister na gesprekke by die werk, op nuuskanaal-panele,
Wanneer ons die rakke in die Christen-boekwinkel bekyk, en ons sien die pot gemors wat gewild is;
Dan het ons rede om moedeloos te raak.
Die Psalmskrywer sien dat God se volk geestelik onder verdrukking is.
Hulle het rede om moedeloos te wees.
Hy skryf ’n liedjie:
“3Hoe lank, Here,
hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustig in die leed van ander mense?
4Hulle kook oor van vermetelheid; almal wat onreg doen, spog daarmee.
5Hulle vertrap u volk, Here, hulle verdruk die volk wat aan U behoort; ?”
Dit is die vraag wat ’n Christen vra, wanneer jy hulpeloos is.
En hulpeloos voel - al dink ander jy het geen rede om hulpeloos te voel nie - is hulpeloos.
Miga sien die handjievol mense in Jerusalem wat nog vashou aan die waarheid, maar wat sien hoe dinge om hulle al hoe slegter gaan,
Miga verstaan dat hulle hulp nodig het.
[Het jy vandag hulp nodig?]Die Here - Jesus Christus verstaan dat daar sommige van ons, vandag hier by SDG, rede het om hulpeloos te voel.
[Miga se woorde gee hulp]
En die Here van die heelal, bepaal in Sy Koninklike plan, om vir jou en my vandag te bemoedig met Miga se woorde wat meer as 2,700 jaar gelede geskryf is.
1. Die Here gee hulp aan hulpeloses deur ander mense (v6,7a)
2. Die Here gee hulp aan hulpeloses deur die Here self (v7b-9)

1. Die Here se hulp aan hulpeloses is mekaar

Miga 4:6-7
6Daardie dag, sê die Here,
sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak,
sal Ek dié wat verstrooi is, vergader,
en ook dié wat Ek
met rampe getref het.
7Ek sal die kreupeles
die oorblyfsel maak,
die siekes ’n sterk nasie….”
Daar is ’n Engelse gesegde wat lui: “There is safety in numbers”.
[Jy is nie alleen nie]
Wanneer ’n getroude paartjie sukkel, is daar vir hulle vertroosting om te weet dat waarmee hulle sukkel nie uniek is nie.
Hulle is nie alleen nie.
Hulle moeilikheid is nie die eerste keer wat dit met getroudes gebeur nie.
Hulle is nie die enigste paartjie in die wêreld wat hiermee sukkel nie.
Wanneer iemand se geld opraak en daar geen hoop op inkomste of aftrede is nie - dan is daar vertroosting in die wete dat - ander Christene nogal - deur dieselfde gaan en in die verlede gegaan het.
[Mense se raad help nie
Al is dit goed bedoel
Al is dit goed bedoel]
Al is dit goeie raad]
[Al is dit goeie raad]
Maar, dit verlig nie altyd die stres nie.
Die raad aan die getroude paartjie, en die “toemaar, my moeilikheid is groter as jou moeilikheid” raadsman - verlig nie die stres nie.
Nie waar nie?
Die moontlikheid dat die besigheid waaraan ek jare lank gebou moontlik binnekort nie meer gaan bestaan nie;
Laat my worry,
My eetlus - weg,
Ek skeep my vrou af.
As jy nou vir my kom vertel dat jy deur dieselfde of erger uitdagings gegaan het en die Here was getrou - help dit my nie regtig - op daardie oomblik nie.
Selfs al herinner ek myself aan die vorige kere waar die Here op selfs wonderbaarlike maniere gesorg het - voel ek nie beter nie.
Maar dit is my eie skuld.
Want op daardie oomblik is ek in die verkeerde plek van aanbidding.
Want ek is kruppel.
Die waarheid in die raad help my nie in my paniek nie want
Ek wankel (Is kruppel)
In my wandel met die Here
In my moeilikheid
In my hulpeloosheid.
Die Hebreeuse woord vir “bymekaarmaak” is [asath]
Om saam te bring - soos skape in ’n kraal.
Dit is ’n “happy” woord.
Soos byvoorbeeld: “Op 26 Mei 2018 word ek 60 jaar oud en ek sien uit daarna om mense bymekaar te maak - saam te bring - te [asath] by my “surprise party”.
“Hulpelose!”
Sê die Here deur Miga;
[Hulpelose:
“God maak julle bymekaar”.]
Kyk die waarde van die kerk, gelowige!
Bymekaar gemaak.
Daarom is dit belangrik dat ons saamkom.
Dit is belangrik dat ons:
Saam kuier - buite kerkvergaderings.
Eenheid en eensgesindheid behou.
Jou nonsens uitsorteer
Dit is belangrik dat jy jou voorkeure oor die een en daardie een en ditjies en datjies laat gaan.
Wie word bymekaar gemaak?
Die super heiliges?
Die geestelike reuse?
Die “het alles in die lewe agtermekaar” mense?
Miskien;
Maar waarskynlik nie.
[Die Here maak die “kreupeles” bymekaar.
Nie die super heiliges nie]
Miga sê dat die Here die “kreupeles” bymekaarmaak.
Die Hebreeuse woord is [tsalah]
Wie is ons? - veral wanneer jy moedeloos is?
Jy is kruppel.
Jy loop moeilik.
Kom ek laat dit meer geestelik klink:
Jou wandel met die Here word belemmer.
Maar, ek kies om langer as nodig kruppel te bly - in my wandel met die Here - omdat ek nie die “bymekaar gemaaktes” wil vertel van my geswikte gebeds-enkel nie.
Ek dra swaarder as wat nodig is aan my las want ek wil nie dat die ander weet van my “swak knie in verhoudings” nie.
Niemand moet weet dat my “bo-been van finansies” gebreek is nie.
Laat niemand tog uitvind dat my “dyspier van verhouding met my kind” gekneus is nie.
Wat keer jou en my?
Is dit nie ons eie trots nie?
“Ja maar hulle sal skinder!” se jy.
En van wanneer af is iemand anders se geskinder jou probleem?
Daarom, moet jy die “bymekaar gemaaktes” laat weet wanneer jy moedeloos en hulpeloos is.
Die “bymekaar gemaaktes” moet saam kan staan:
In gebed
In praktiese hulp
Want die Here maak ons bymekaar.
Paulus skryf aan die kerk in Galasië.
Hulle is hulpeloos - kruppel in hulle wandel.
Hulle kry swaar.
Jy ook, né?
Jy is nie happy met wat die Here nou, hier, met jou doen nie.
Ongelukkig is jy.
Glad nie happy nie.
“Dra jou eie laste en moet nie ander mense daarmee bemoei nie?”
Nee:
“2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
In die konteks van hierdie verse sal julle later gaan lees is die laste geestelik.
As iemand sondig, en jy dink jy is geestelik - tel daardie sondaar op uit sy sonde.
Miga 4: het woorde wat moeilik sit aan iemand wat moedeloos is:
“ook dié wat Ek met rampe getref het”
[Sal die Here bymekaarmaak]
Aardbewing, kanker, droogte, swak ekonomie, haelskade
Die Here sal selfs rampe gebruik om Sy skape bymekaar te maak.
Hoekom is die Here so ernstig oor bymekaarmaak?
Want Die Here se hulp aan die hulpelose is in mekaar.
Moet nie die uitsonderlike bemoediging van die eerste deel van vers 7 van Miga 4 vergeet nie:
Miga 4:7
“7Ek sal die kreupeles
die oorblyfsel maak,
die siekes ’n sterk nasie..”
Die “bymekaarmaak gaan nie net oor “survival” nie.
Kerkwees se doel is nie net dat ons mekaar sal help om deur die moeilikheid te kom nie.
Kerkwees - om “bymekaargemaak” te wees gaan verder.
Dit gaan oor om as ’n kruppel geestelik en emosioneel en prakties nog steeds en miskien veral - ’n “oorblyfsel” te wees.
Die Engels vir “oorblyfsel” is “remnant”.
Dwarsdeur die hele Bybel word daar na die “oorblyfsel” verwys as die mense wat getrou bly aan die Here.
[Wees deur jou moeilikheid getrou aan die Here]
“Hallo julle kruppel geestelikes.”
Julle is ’n voorbeeld van getrouheid aan God.
Julle is nie perfek nie,
En, julle maak nie of julle perfek is nie.
En daarom kan ons in ons bymekaarwees, mekaar help om minder hulpeloos en moedeloos te wees.
Die “siekes word ’n sterk nasie”.
Lees vers 7 verder.
God bou Sy nasie nie soos mense ’n sterk nasie wil bou nie.
Die mens bou a nasie met die beste:
Die beste
Die gesondste;
Die mooiste,
Die sterkste,
Die suiwerste,
Gebruik die beste om ’n goeie nasie te bou.
God bou Sy span, deur die siekes sterk te maak.
Wat ons by ons tweede rede bring.
En die tweede rede vir Christene om moed te skep wanneer jy moedeloos en hulpeloos is is die beste rede:

2. Die Here se hulp aan hulpeloses is die Here self

Miga 4:7b-9
“...Ek, die Here, sal op Sionsberg
oor hulle heers,
nou en vir altyd.
Hulle ken nie die plan van die Here nie
8Verlate vesting, Sionsheuwel,
die beloftes aan jou sal vervul word:
jy sal weer heers soos voorheen,
Jerusalem sal weer die hoofstad wees.
9Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie ’n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?”
Die tweede, en belangrikste rede waarom Christene nie nodig het om in hulle moeilikheid moedeloos te bly nie, is die belangrikste.
Let op ‘n paar woorde:
Sionsberg;
Sionsheuwel;
Hoofstad;
Kraampyne;
Koning;
Kraampyne;
“Sionsberg en Sionsheuwel verwys bloot na die regte plek van aanbidding.
Miga sien in sy profetiese oog, die nuwe plek van aanbidding.
Slegs “Sion” sal daar aanbid.
Die tyd gaan kom wanneer verskillende nasies die Here sal aanbid - in gees en waarheid.
(Johannes 4:23)
Sionsberg = Jode wat Jesus ken en aanbid.
Sionsheuwel = Ander nasies se mense wat Jesus ken en aanbid.
Het jy die invoegsel gesien?
“oor hulle heers,
nou en vir altyd.”
Hierdie aanbidding is nie gereserveer vir eendag nie.
Dit is vir Nou - en vir altyd.
Miga vra soos voorheen ‘n retoriese vraag:
Miga 4:9
“9Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie ’n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?”
Die antwoord wat elke Christen behoort te gee op hierdie vraag is:
“Ja, ek het ‘n Koning en ‘n Raadgewer”.
My Koning is die Koning van alle konings - Jesus.”
En:
“Nee, my raadgewer is nie dood nie.
Hy lewe, en Hy is:
alwys en
getrou en
goed vir my
Al sien ek dit nie altyd raak nie.”
Kyk weer na
Miga 4:9
“9Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie ’n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?”
Dit klink of Miga beweer - op ‘n omgekeerde sielkunde manier - dat indien jy die Koning het, en indien jy die Raadgewer het, dan sal jy nie “kraampyne” kry nie.
Maar dit is nie wat hy sê nie.
ê nie.
Miga kies sy woorde versigting en sê so:
ê so:
Miga 4:9
“9Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie ’n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?”
Kom ons probeer die vers in ‘n positiewe lig stel:
Hou die vers oop asb.
“Jy sal nie so hard skree oor jou probleem;
As jy ‘n Koning het nie;
En as jy ‘n Raadgewer het wat lewe nie;
Want dan sal die moeilikheid wat gaan gebeur - jou nie onderkry nie.
God gee hulp aan die hulpelose deur Homself te gee.
Hy gee as geskenk aan almal wat Hom aanbid:
Die Here gee Homself as Koning.
Die Here gee Homself as Lewende Raadgewer.
In elke en enige moeilikheid wat jou hulpeloos kan maak.

Opsomming

Ons gaan nou saam nagmaal gebruik.
Ons gaan die liggaam en die bloed van Jesus gedenk.
Hy is Koning!
Is Hy jou Koning?
Hy is die opgestane lewende Raadgewer.
Is Hy jou lewende Raadgewer?
Dan kan jy sonder kommer, en met baie moed - nie moedeloos nie - nader staan aan Hom.
som op wat ons vandag by Miga hoor en dit dien as uitnodiging om saam die brood en wyn te geniet.
Matthew 11:28–29 ESV
28 Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will give you rest. 29 Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and lowly in heart, and you will find rest for your souls.
Matteus 11:28-30

28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”

Related Media
See more
Related Sermons
See more